Unzen
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die berg Unzen (Japannees: 雲仙岳, Unzendake) is 'n aktiewe vulkaangroep van verskeie oorvleuelende stratovulkaan in die Nagasaki-prefektuur op die eiland Kyushu, Japan se suidelikste hoofeiland.
Unzen | |
---|---|
Unzen, met duidelike tekens van piroklastiese en modderstrome. | |
Ligging | Kyushu, Japan |
Hoogte | 1 486 meter bo seevlak |
Koördinate | 32°45′41″N 130°17′55″O |
Bergtipe | Komplekse stratovulkaan |
Laaste uitbarsting | Februarie tot Mei 1995 |
Ligging in Japan. |
In 1792 het die ineenstorting van een van sy verskeie lawakoepels 'n megatsoenami veroorsaak wat 14 524 mense gedood het in Japan se ergste vulkaanverwante ramp nog. Die vulkaan se mees onlange aktiwiteit was van 1990 tot 1995, en 'n groot uitbarsting in 1991 het 'n piroklastiese stroom tot gevolg gehad wat 43 mense gedood het, onder andere drie vulkanoloë.
Sy hoogste pieke is Heisei-shinzan (平成新山) op 1 486 m en Fugendake (普賢岳) op 1 359 m.
Die berg Unzen lê in die sentrale deel van die Shimabara-skiereiland in Nagasaki-prefektuur. Dit bestaan uit meer as 20 berge. Soms word net agt of selfs drie berge in die enger sin gebruik, maar histories word die naam gebruik vir die hele bergreeks wat oor die see uittroon.
Om die hoogste piek, Heisei Shinzan (1 483 m) lê Fugendake (1 359 m), Kunimidake (1 347 m), Myokendake (1 333 m), Nodake (1 142 m), Kusenbedake (1 062 m) en Yadake (943 m). Fugendake en Heisei Shinzan verky magma van die Chitose-kaldera. Dit word dus uit 'n magmakamer onder Tachibanabaai naby Obama Onsen gevoed. Die hoofpiek is Fugendake, maar die vulkaanaktiwiteit van 1990 tot 1995 het Heisei Shinzan gemaak, wat hoër is. Heisei Shinzan is ook die hoogste piek in Nagasaki-prefektuur.
Unzen is dalk die bekendste vir sy verwoestende uibarsting op 3 Junie 1991. Dit het die eerste grootskaalse piroklastiese stroom veroorsaak, wat in dié tyd sonder 'n presedent was. Altesaam 43 mense is in die ontruimingsone gedood. Onder hulle was die Franse vulkanoloë Maurice en Katia Krafft en die Amerikaanse geoloog Harry Glicken. Die 40 ander sterfgevalle was meestal mense betrokke in die massamedia, sowel as brandbestryders, polisieoffisiere, boere en taxidrywers.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.