From Wikipedia, the free encyclopedia
Я (kleinletter: я) is sedert die taalhervormings van Pieter die Grote van Rusland ’n letter van die Cyrilliese alfabet en word gebruik in Russies, Belarussies en Oekraïens. Dit word uitgespreek as /ja/.
In die ou Cyrilliese alfabet was /ja/ die letter Ѧ ѧ (ѧсъ малый, "klein joes") en het dit soms die syfer 900 voorgestel. Dit is aanvanklik as /ę/ getranslitereer. Die geskiedenis van die letter verskil van taal tot taal. In Serwies en Bulgaars het dit meestal /e/ geword. Onder die Oos-Slawiërs het dit waarskynlik ’n /æ/ geword wat die voorafgaande konsonant gepalataliseer het. Later het dit met /a/ verbind en ѧ het daarna /a/ aangedui ná ’n gepalataliseerde konsonant of /ja/ aan die begin van ’n woord. Daar het egter reeds ’n letter vir dié klank bestaan: .
Die twee letters was dus ekwivalente. In Russiese kursiewe skrif het die linkerkantse been van ѧ mettertyd korter geword en later heeltemal verdwyn en die middelste been het meer links geskuif. So het die letter sy я-vorm gekry.
In voorstelle vir ’n burgerlike skrif wat in 1708 aan Pieter die Grote voorgelê is, het al drie vorms verskyn. Pieter het net die vorm я behou en die ander twee doodgekrap, en so het laasgenoemde vorm deel van die nuwe Russiese alfabet geword. Dit is later ook vir Oekraïens en Belarussies aanvaar.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.