From Wikipedia, the free encyclopedia
Ѥ (kleinletter: ѥ) is ’n letter van die Ou Cyrilliese alfabet wat nie meer gebruik word nie. Dit word "Je" of "gejotifiseerde E" genoem.
Dit het geen ekwivalent in die Glagolitiese alfabet nie en is waarskynlik uit ’n "I" en "E" gevorm om die klank /je/ voor te stel. Dit is dikwels in Middeleeuse geskrifte gevind saam met die letter Є, wat dieselfde klank voorgestel het. Dit het egter gewissel; sommige tekste het al drie variasies (Ѥ, Е en Є) gebruik en sommige net Е.
In Suid-Slawiese tale is dit aan die einde van die 14de eeu nie meer gebruik nie, maar in byvoorbeeld Serwies tot in die 17de eeu in in Bulgaars tot in die 19de eeu.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.