Aangesien 'n geskatte 90 tot 95% van Afrikaans se woordeskat van Nederlandse oorsprong is, is daar weinig leksikale verskille tussen die twee tale. Afrikaans het egter 'n aansienlik meer eenvoudige morfologie, grammatika en stel spelreëls. Daar is 'n graad van onderlinge verstaanbaarheid tussen die twee tale, veral in die geskrewe vorm.
Afrikaans het sekere leksikale en sintaktiese verlenings van ander tale soos Maleis, Khoisan-tale, Portugees, Ngunitale en tot 'n mindere mate, Frans bekom. Afrikaans is ook beduidend deur Suid-Afrikaanse Engels beïnvloed. Nietemin het Nederlandse sprekers met minder nie-kognate te doen wanneer hulle na Afrikaans luister. Wedersydse verstaanbaarheid is dus redelik asimmetries, aangesien dit makliker vir Nederlandstaliges is om Afrikaans te verstaan as anders om. Navorsing suggereer dat wedersydse verstaanbaarheid tussen Nederlands en Afrikaans beter is as tussen Nederlands en Wes-Fries,[4] of tussen Deens en Sweeds.
Ortografiese verskille tussen Nederlands en Afrikaans is meestal weens die fonetiese ontwikkelings en spelreëlvereenvoudigings van Afrikaans, en die meer konserwatiewe karakter van die moderne Nederlandse ortografie.
Die spellingsverskille tussen Afrikaans en Nederlands is hoofsaaklik die gevolg van evolusies in die fonetiese spelling en die doelbewuste vereenvoudiging van spelreëls in Afrikaans. Daarenteen was die onlangse verandering in die moderne Nederlandse spelreëls meer konserwatief van aard.
Die eerste spellingsverskille ontstaan in 1905 met die invoering van die Vereenvoudigde Nederlandse Spelling in Suid-Afrika. Hierdie spelling is grotendeels op die voorstelle van die taalkundige R.A. Kollewijn gebaseer. Hy het in 1891 in sy artikel Onze lastige spelling, met verskeie voorgestelde spelreël-vereenvoudigings vorendag gekom.
In 1917 word die eerste grondbeginsels vir Afrikaans deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap, Lettere en Kuns vasgelê. Hierdie grondbeginsels is vasgestel om 'n leidraad te vorm vir die verdere ontwikkeling van 'n Afrikaanse spelwyse:
"Die Grondbeginsels van die Afrikaanse spelling word soos volg uiteengesit:
Elke klank word deur 'n aparte letter voorgestel en geen onnodige letters word gebruik nie.
Dieselfde woord, voor- of agtervoegsel word so ver moontlik dieselfde gespel.
Die geskiedenis word net in ag geneem waar dit prakties moontlik is.
Daar moet so weinig moontlik van die Vereenvoudigde Nederlandse Spelling afgewyk word.
Die gebruiklikste uitspraak word as norm aanvaar."
— Afrikaanse Woordelys en Spelreëls, 1917
Vereenvoudigings in die Afrikaanse spelwyse
Die Nederlandse digraaf <ij> is in Afrikaans na <y> verander, alhoewel die uitspraak steeds [ɛi] is. 'n Voorbeeld is "prijs", wat "prys" in Afrikaans gespel word.
Nederlandse woorde wat in <lijk> eindig, eindig in <lik> in Afrikaans, en nie <lyk> nie. Ter voorbeeld, "lelijk" in Nederlands word "lelik" in Afrikaans. In beide tale word hierdie agtervoegsel as [lək] uitgespreek, met 'n schwa.
Afrikaans gebruik <k> vir die harde <c> in Nederlands, in albei gevalle as [k] uitgespreek. Vergelyk die Nederlandse spelling "cultuur" met die Afrikaans, "kultuur".
Voor die groot Nederlandse spellinghervorming in die 1990's, was laasgenoemde spelling ook in Nederlands aanvaarbaar.
Afrikaans het die Nederlandse trigrawe <tie> en <cie> na 'n enkele spelling van <sie> saamgesmelt. Behalwe vir <tie>, wat [tsi] in Nederlands uitgespreek word, is daar geen verskille in uitspraak nie. Vergelyk die Nederlandse woorde "provincie" en "politie" met "provinsie" en "polisie" in Afrikaans.
Die Nederlandse greep <tion> word <sion> in Afrikaans. Vergelyk "nationaal" met "nasionaal". Die uitspraak verskil van plek tot plek, en sluit [tsiɔn], [siɔn], en [ʃon] in.
Afrikaans het die Nederlandse trigrawe <ou>, <ouw>, <au> en <auw> – wat almal dieselfde uitspraak in Nederlands het – na 'n enkele spelling <ou> saamgesmelt. Vergelyk Nederlands se "vrouw" en "dauw" met "vrou" en "dou" in Afrikaans.
Aan die einde van woorde het Afrikaans gereeld die <n> in die Nederlandse greep <en> verwyder, wat veral in enkel- en meervoudige saamgestelde naamwoorde voorkom, om slegs <e> daar te laat. Vergelyk Nederlands se "leven" en "mensen" met "lewe" en "mense" in Afrikaans.
Foneties geïnduseerde spellingsverskille
Afrikaans maak gereeld gebruik van vereenvoudigde medeklinkers, terwyl in Nederlands nog die oorspronklike vorme aanwesig is.
Afrikaans het die Nederlandse medeklinkers<z> en <s> saamgevoeg tot een klank: [s], gespel as <s>. Nederlandse "zorg" word op hierdie manier "sorg" in Afrikaans.
Indien die Nederlandse letters <v> en<w> in die middel van woorde geplaas word, word hierdie letters saamgevoeg as die klank [v] en konsekwent omgeskakel na die spelling <w>. Vergelyk die Nederlandse "haven" met Afrikaans se "hawe", alhoewel beide woorde as [ɦaːvə] uitgespreek word.
Afrikaans voeg die Nederlandse frikatief<ch> en <g> saam tot die klank [χ], gespel as <g>, behalwe as dit voorafgegaan word deur die letter <s>. In daardie geval word <sk> gebruik. 'n Vergelykbare fonetiese evolusie is te vinde in Noord-Nederland, waar die klanke ook saamgevoeg word tot [χ] of [x], hoewel die spellingsverskil daar behou is. In Vlaandere and Suriname het die fonetiese onderskeid tussen <ch> en <g> egter bewaar gebly.[5]
Die eerste lettergreep spel mens in Afrikaans <sk> (uitgespreek as [sk]), terwyl Nederlands <sch> (uitgespreek as [sx] of [sç]) gebruik: vergelyk die Nederlandse "school" met het Afrikaans se "skool". In sommige Nederlandse dialekte, veral in Wes-Vlaams, word wel dieselfde <sk>-klank ook gebruik.
Aan die einde van die woorde word die Nederlandse lettergroepe <cht> en <st> in Afrikaans vereenvoudig tot <g> en <s> respektiewelik. Vergelyk Nederlands se "lucht" (uitgespreek as [lʏxt]) en "dienst" (uitgespreek as [dinst]) met "lug" (uitgespreek as [ləχ]) en "diens" (uitgespreek as [dins]) in Afrikaans.
Tussen twee klinkers word in Afrikaans die Nederlandse letters <g> en <v> weggelaat. Vergelyk Nederlands se "hoger" en "regen" met Afrikaans se "hoër" en "reën", waar die tweede klinker 'n deelteken ontvang om aan te dui dat die twee naasstaande klinkers afsonderlik uitgespreek moet word, en nie met die digrawe <oe> en <ee> verwar moet word nie.
Soms word ook die Nederlandse medeklinker <g> aan die einde van Afrikaanse woorde weggelaat, waardeur die voorgaande klinker aan die einde van die woord staan. In so 'n geval word hierdie laaste klinker met 'n kappie geskryf. Byvoorbeeld, die Nederlandse woord "zeg" (uitgespreek as [zɛɣ]) word in Afrikaans verander na "sê" (uitgespreek as [seː]).
Afrikaans maak veel gebruik van die kappie op klinkers: <ê>, <ô>, <û>. Dit in teenstelling tot Nederlands, waar die gebruik daarvan veral beperk word tot Franse leenwoorde. 'n Kappie word in Afrikaans bo 'n klinker in 'n oop lettergreep gebruik. Die klank word vervolgens uitgespreek gebruikmakend van 'n lang monotone uitspraak, soos /eː/ of /ɛː/, /ɔː/ en /œː/, terwyl die klinkers sonder 'n kappie respektiewelik as /eə/, /oə/ en /y/ uitgespreek word. Voorbeelde is die Afrikaanse "wêreld" (Nederlands "wereld"), "môre" (Nederlands "morgen"), en "brûe" (Nederlands "bruggen").
By verkleinwoorde gebruik Afrikaans <tjie> (uitgespreek as [ki]), terwyl Standaardnederlands gebruik maak van <tje> (uitgespreek as [cə]). In België en Suid-Nederland word die verkleinwoord wel ook as [kə] uitgespreek.
Fonetiese verskille
Die uitspraak van Afrikaans stem die meeste ooreen met dialekte uit die Nederlandse provinsie Zuid-Holland, in besondere die dialek wat rondom die Zoetermeer gepraat word.[6]
Aan die begin van Afrikaanse woorde, is die in Nederlands uitgesproke [v] saamgevoeg met die skaars uitgesproke [f], soos in "ver", wat in Afrikaans as [fɛr] en in Standaardnederlands as [vɛr] uitgespreek word.
Ook het Afrikaans die in Nederlands uitgesproke [w] met die uitgesproke [v] saamgevoeg, soos in "werk". Dit word in Afrikaans uitgespreek as [vɛrk]; in België en Suriname as [wɛrk] en in Nederland as [ʋɛrk].
Grammatikale verskille tussen Afrikaans en Nederlands vorm waarskynlik die
grootste verskille tussen die twee tale.
Geslag
Afrikaans ken, in teenstelling tot Nederlands, geen grammatikale geslag nie. As gevolg daarvan het Afrikaans slegs een bepaalde lidwoord, "die", terwyl Nederlands twee bepaalde lidwoorde het ("de" vir manlike en vroulike woorde, en "het" vir onsydige woorde). Die manlike en die vroulike geslag word in die geskrewe Nederlands nie meer onderskei nie, maar die gesproke Vlaams ken nog altyd drie bepaalde lidwoorde: "den" vir manlike, "de" vir vroulike, en "het" vir onsydige woorde.
Werkwoorde
By Afrikaanse werkwoorde word dikwels dieselfde vorm gebruik vir die infinitief sowel as die teenwoordige tyd en werkwoorde word in Afrikaans nie verbuig nie.
Van alle werkwoorde het slegs "wees" en "hê" 'n persoonsvorm in die teenwoordige tyd wat anders as die infinitief is, naamlik "is" en "het".[7]
Meer inligting Afrikaans, Nederlands ...
Werkwoordverbuigings
Afrikaans
Nederlands
ek is
ik ben
jy/u is
jij/u bent
hy/sy/dit is
hij/zij/het is
ons/julle/hulle is
wij/jullie/zij zijn
ek loop
ik loop
jy/hy loop
jij/hij loopt
ons/julle/hulle loop
wij/jullie/zij lopen
Sluit
Die verlede tyd
Afrikaans maak geen gebruik van die onvoltooide verlede tyd nie (behalwe vir 'n aantal uitsonderings) en gebruik hiervoor afhangende van die konteks, die teenwoordige tyd of die voltooide verlede tyd.
Die gevolg is dat Nederlandse literatuur moeiliker verstaanbaar vir Afrikaanse lesers is, aangesien hulle selde die Nederlandse onvoltooide verlede tyd (die sogenaamde imperfek) herken. En die imperfek is die tyd waarin die meeste Nederlandse literêre tekste geskryf word. In Afrikaans is die normale verteltyd die historiese presens, omdat die "het ge-" van die voltooide verlede tyd so lomp is.[8]
Meer inligting Afrikaans, Nederlands ...
Die verlede tyd in Afrikaans en Nederlands
Afrikaans
Nederlands
Verlede tyd
Verlede tyd
Onvoltooide verlede tyd
Ek / Jy /Hy het geslaap
Ik heb / Jij hebt / Hij heeft geslapen
Ik /Jij /Hij sliep
Ons / Julle / Hulle het geslaap
Wij /Jullie / Zij hebben geslapen
Wij /Jullie / Zij sliepen
Sluit
Hier volg die uitsonderings van onvoltooide verlede tyd in Afrikaans, en in die tabel daaronder 'n paar verklarende voorbeelde:
is word was
wil word wou
het word had
sal word sou
kan word kon
moet word moes
mag word mog
dink word dag of dog
weet word wis (aan die uitsterf; gelyk aan 'het geweet', byvoorbeeld "As jy wis hoeveel geld hy het, sou jy hom nie jammer kry nie") [7]
Meer inligting Afrikaans, Nederlands ...
Afrikaans
Nederlands
Onvoltooide Verlede tyd
Verlede tyd
Onvoltooide verlede tyd
Verlede tyd
Ek / Jy /Hy wou
Ek / Jy /Hy het gewil
Ik / Jij / Hij wou / wilde
Ik heb / Jij hebt / Hij heeft gewild
Ons / Julle / Hulle wou
Ons / Julle / Hulle het gewil
Wij /Jullie / Zij wouden / wilden
Wij /Jullie / Zij hebben gewild
Sluit
In die voltooide verlede tyd word in Afrikaans slegs 'het' (Nederlands: 'hebben') as hulpwerkwoord gebruik, behalwe in die geval van 'wees' (Nederlands: 'zijn'), waar die hulpwerkwoord 'is' gebruik word. In teenstelling word in Nederlands 'zijn', en sy verbuigings, meermale as hulpwerkwoord benut. Dit is die geval vir Nederlandse werkwoorde wat 'n proses (en nie 'n aksie nie) uitdruk, soos "het ijs smelt -> het ijs is gesmolten" en ook vir werkwoorde wat 'n gerigte beweging uitdruk: "ik loop naar huis -> ik ben naar huis gelopen" [7]Wees word in Afrikaans basies net vir die lydende vorm gebruik. Zijn as werkwoord het basies in Afrikaans uitgesterf, behalwe in "samesyn" (saamwees), soos in geselskap tussen vriende en die deelwoord "synde".
Meer inligting Afrikaans, Nederlands ...
Verskille t.o.v hulpwerkwoorde
Afrikaans
Nederlands
Hy het gedoen.
Hij heeft gedaan.
Hy het gekom.
Hij is gekomen.
Hy is gewees.
Hij is geweest.
Sluit
Die verlede tyd van die lydende vorm gebruik in Afrikaans "is" in plaas van "werd".
(af) "Hy is geroep" <> (nl) "Hij werd geroepen" (onvoltooide tyd) "Hij is geroepen" (voltooide tyd)
(af) "Die geskenk is gegee" <> (nl) "Het geschenk werd gegeven" (onvoltooide tyd) "Het geschenk is gegeven" (voltooide tyd)
Voornaamwoorde
Afrikaans maak by die meervoudsvorme van die persoonlike voornaamwoord geen verskil tussen die onderwerp en voorwerp (in beide akkusatief en datief) nie.
Dus is die Nederlandse persoonlike voornaamwoorde "wij" en "ons" in Afrikaans slegs "ons".
Die Nederlandse refleksiewe (of wederkerende) voornaamwoord zich, wat volgens Afrikaanse spelreëls sig gespel word, kom bykans glad nie meer in Afrikaans voor nie.
Dit word normaalweg vervang deur hom, haar, of jou.
Byvoorbeeld:
(nl) Hij warmt zich bij het vuur <> (af) Hy warm sig by die vuur (verouderd) <> (af) Hy warm hom by die vuur
(nl) Donna schaamt zich dood <> (af) Donna skaam sig dood (verouder) <> (af) Donna skaam haar dood
Voorbeeld in die poësie: Kerm / om die dood sig nie oor mens óf lig ontferm (Lucas Malan)
In Middelnederlands is sig egter eintlik net in die oostelike dialekte gebruik en het laat (in die 17e eeu) in die westelike gebiede van Holland deurgedring.
Afrikaans maak gebruik van 'n dubbele negatief, wat nie in Nederlands gebruik word nie. Nederlandse Ik spreek geen Engels word byvoorbeeld Ek praat nie Engels nie of Ek praat geen Engels nie.
Vergelykbare konstruksies kan gevind word in Frans ("Je ne parle pas anglais"), maar ook in die Nederlandse dialek Wes-Vlaams ("Ek en praat geen Engels") en in andere dialekte in Suid-Nederland ("Ik praat geen Engels nie").
Ook tans nog word die dubbele negatief in Vlaamse dialekte gebruik byvoorbeeld in: "K'hem(ek het)dees ding nog nooit nie gezien." of "Is daar al iemand? Nieje, nog niemand nie" "Leid er hier ieverans een spons? Ik kan er nieverans geen vinden" (lê hier êrens 'n spons? Ek kan dit nêrens vind)
Byvoeglike naamwoorde
Net soos Nederlands verbuig Afrikaans byvoeglike naamwoorde in die attributiewe posisie (indien hulle 'n byvoeglike bepaling is). In beide tale gebeur dit nie in die predikatiewe posisie, oftewel by 'n dubbelverbonde bepaling nie. In teenstelling tot Nederlands is hierdie verbuiging in Afrikaans net afhanklik van die posisie en nie van ander parameters soos die grammatikale geslag nie. Aan die ander kant ken Afrikaans baie byvoeglike naamwoorde wat nooit verbuig word nie (′n swart skoen), terwyl in Nederlands byna alle byvoeglike naamwoorde verbuig kan word (een zwarte schoen).
Afrikaans het 'n aantal leksikale en sintaktiese eenhede vanuit ander tale oorgeneem. Onder hierdie tale tel Maleis, die Khoisan-tale, Portugees,[9] die Nguni-tale[10] en in mindere mate het Frans. Afrikaans is ook sterk beïnvloed deur Suid-Afrikaanse Engels.[11]
Duits
Aan die Kaap het Duitse huursoldate gereeld gekom en gegaan, maar ook Duitse koloniste het 'n geringe stempel afgedruk op die Afrikaanse taal.
Duitse ontlenings via Nederlands
Die meeste Duitse woorde en uitdrukkings het reeds voor 1800 via Nederlands in die Afrikaanse taal beland:
dan en wan word uitdruklik as 'n Germanisme geëien.
Baie van bogenoemde was reeds deel van die woordeskat wat na die Kaap toe gebring is. Deur verdere kontak met Europese Nederlands in die 1800's het hierdie woorde en uitdrukkings so deel van Afrikaans geword dat dit nie meer as Germanismes geëien word nie.[12] Vanweë die nou verwantskap van Duits met Nederlands en Afrikaans word Germanismes in hierdie tale dikwels nie as vreemd aangevoel nie.
Duitse ontlenings aan die Kaap
Party woorde is wel direk aan die Kaap ontlee:[13]
blas (blass) teenoor Nederlandse bleek
blits (Blitz) teenoor Nederlandse bliksem
bloot het dieselfde hulpwerkwoord-betekenis as bloß bv. ek het bloot 'n fotokopie gemaak. In Nederlands beteken bloot naak.
liederlik (slordig) -- Nederlands het dit ook ontleen maar met 'n anderse betekenis
oorwaks = oorvyg
peits (Peitsche) teenoor Nederlandse zweep
sak en pak teenoor Nederlandse pak en zak
(skoen)waks (Wachs) teenoor Nederlandse schoencrème
stewel (Stiefel) teenoor Nederlandse laars
swaap > Afgelei van Swaab, inwoner van Swabe, Duitsland, wat as dom gestereotipeer is.[14]
sweis (schweissen) teenoor Nederlandse lassen
swernoot
verfoes (verpfuschen) bederf, verknoei
vervlaks
vroegstuk (Frühstück) ontbyt
werskaf (wirtschaften) werk, jou besighou
Sommige woorde is moeilik om te bepaal of dit uit Duits of Nederlands ontleen is:
kopsku
misoes
niks
werda
Frans
Direkte Franse ontlenings aan die Kaap deur kontak met die Franse Hugenote was bitter skraal, moontlik weens die VOC se streng taalbeleid. Daar is slegs 'n paar vrugtename wat gewis Kaapse ontlenings is:[15]
Amper, vir "byna", of "omtrent", kom vanaf die Maleise woord Ampir. Die Nederlandse gebruik van die woord is basies die teenoorgestelde, dus hul gebruik beteken "amper glad nie", in plaas van "byna".
Baar vanuit baharu of beharoe; onervare, dom ('n Baar werker); kontant (Met baar geld betaal) of tasbaar (Die bare duiwel > in lewende lywe)
Baie, wat "veel" beteken. Die woord word kom glad nie in Nederlands voor nie. Daar is altyd aanvaar dat dit van banja(k) kom en dit staan ná 1750 verskeie kere in briewe van veldwagmeesters en ander latere bronne. Baie is ook al geskryf as banje, baiing, banjang. Daar is egter wel die woord "bannig" in Nedersaksies of Platduits. Dit beteken baie, in al die betekenisse van die woord. Dit laat die vraag ontstaan of die ou aanname dat baie Afrikaans slegs uit Maleis binnegekom het nie herdink moet word nie. In watter mate het die menigte Duitsers uit die teenswoordige Noordwes-Duitsland wat vir die Kompanjie kom werk het (in werklikheid veel meer as die Nederlanders) meegewerk om dalk hul bannig saam met die Maleise banja tot die Afrikaanse baie te laat saamsmelt? Is twee eenders klinkende woorde met dieselfde betekenis uit verskillende wêrelddele hier tot een gereduseer? Daar is vandag kenners wat reken dat hierdie teorie beslis 'n indringende nuwe studie regverdig.[20]
Baadjie. Die Nederlandse woord baadje word as verouderd beskou en slegs nog in geskrewe vorm gebruik. Dit was reeds in 16de-eeuse Nederlands bekend, oorspronklik 'n benaming vir 'n Indiese kledingstuk. In 1720 word dit as badju neergepen.
Baklei, vir "veg" of "stry". Dit is afgelei van berkalahi – veg, veral met die hande.
Blatjang, die naam vir 'n oorspronklik Suid-Asiese toespys. Dit is ontleen uit b(e)lachan. In Nederlands word die Engelse woord Chutney gebruik.
Bobotie is weer uit Soendanees (Wes-Java) bobotoh
Doepa
Kabaai, vanuit cabaya; dit was eers 'n benaming vir 'n Oosterse rok- of hempagtige bokleed.
Piesang. Desondanks ken ook Nederlands die woord pisang wat eweneens uit Maleis kom.
Oorlams vanuit orang lama. In Jan van Riebeeck se dagboek word orang lammen geskryf; 'n Nederlander wat uit die Ooste terugkeer, na aanleiding van die Maleis orang "mens" + lama "lank gelede" - iemand wat dus lank terug na die Ooste gegaan het. So 'n persoon het gewoonlik baie ervaring gehad en was daarom baie slim.[21]
Paljas, vanuit peljas
Piering, vanuit piring (in Nederlands is 'n piering 'n schoteltje)
Sommige Afrikaanse woorde kom oorspronklik uit Portugees. Hul aanwesigheid is te danke aan die Portugese teenwoordigheid in Suider-Afrika. Hierdie woorde word dikwels in Suid-Afrika gebruik aangesien hulle ook in ander Suid-Afrikaanse tale aanwesig is.
aia, "naam en aanspreekvorm van 'n nie-blanke vrou" kom van Portugees aia wat kindermeisie of verpleegster beteken. Dit is ook in Indies-Engels bekend, en vroeër ook in die Indies-Nederlands. Tans kwetsend beskou.
kapater > capado, ontman. Bokkapater is dus 'n manlike gekastreerde bok.
kiepersol > quitasol, "boom met 'n sambreelagtige kruin". In die 17de eeu kry die woord in Nederland en die Kaap die betekenis sonskerm, sambreel soos dit o.a. uit Kaapse inventarisse van 1676 en 1691 blyk, waar dit kiepesol en kippesol gespel word. In 'n reisverhaal wat uit 1710 dateer en in 'n Kaapse argiefstuk uit 1730 staan die Afrikaanse vorm (r); cipersol en kupersol
kombers > coberta
koperkapel > cobra de capelo
kraal, vir 'n omheining om vee in te hou, kom van die Portugese curral.
tronk > tronco (gevangenis) Oorspronklik 'n blok waarin misdadigers gesluit word. Maar in verskeie 18de-eeuse Kaapse stukke word tronk alreeds in die betekenis gevangenis gebruik.
maai en paai vir ma en pa is omstrede, maar moontlik uit Portugees.
Plant- en dierename soos malgas, tjokka en tarentaal stam ook uit die tydperk van Portugese seevaarders.[24][25]
Khoisan-tale
Die volgende bekende Afrikaanse woorde, het hul oorsprong vanaf die Khoisan-tale.
Die volgende woorde dien as enkele voorbeelde van die vele Nguni-woorde wat in Afrikaans en dikwels ook in Suid-Afrikaanse Engels opgeneem is.
Donga, 'n droë spoelsloot.
Fundi, van die Zoeloe woord umfundisi.[27] Die woord word gebruik om 'n kenner op 'n bepaalde gebied mee aan te dui, soos in "Hy is 'n fundi in tale."
Tjaila / tjailatyd, 'n implementasie van die Zoeloe woord Chaila, wat "huis toe gaan" beteken.
(Suid-Afrikaanse) Engels
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Anglisisme.
In die omgangstaal sal vele Afrikaanse mense dikwels Engelse woorde of begrippe gebruik, alhoewel hierdie woorde nie in Standaardafrikaans opgeneem is nie, en ook gewoonlik hul Afrikaanse gelyke het.
Nietemin is daar ook heelwat woorde van Engelse afkoms wat uiteindelik in Standaardafrikaans opgeneem is. Enkele voorbeelde:
Tjip vanuit Chip, vir 'n aartappelskyfie.
Tjommie vanuit Chum, vir 'n maat of vriend.
Tjop vanuit Chop, die ribbetjie van 'n skaap, gewild as braaivleis.
Die Engelse invloed kan ook dikwels gesien word in die gebruik van woorde in Afrikaans. Soos byvoorbeeld:
braaf het 'n verskuiwing van goed en deugsaam na dapper ondergaan. Die oorspronklike betekenis kry 'n mens nog in die ou spottender uitdrukking 'n brawe Hendrikkie/Maria ('n seun of dogter wat (kastig) baie voorbeeldig is). Volgens Van Dale kan braaf in Nieu-Nederlands nog die betekenis dapper hê, maar daarnaas beteken dit tog hoofsaaklik regskape. (Engels noble). Hierteenoor word braafheid in Nieu-Nederlands slegs in die betekenis regskapenheid gebruik, en vir dapperheid nie. Dit hang nog saam met die betekenisontwikkeling van hierdie woord in Romaans: woes > dapper > bekwaam/regskape/deugsaam (< Frans brave< Italiaans bravo; laasgenoemde het ons nog in Afrikaans wanneer ons iemand toejuig: bravo! = mooi so!).
In Afrikaans het braaf in die betekenis dapper óf nooit bestaan nie (dis die waarskynlikste), óf heeltemal in die vergetelheid geraak totdat dit onder Engelse invloed na vore gekom het. In Engels is bogenoemde betekenisse vereng tot slegs dapper; terwyl dit in Afrikaans slegs die betekenis regskape tot onlangs behou het. Om dus in Afrikaans te praat van brawe (= dapper) man, sou, uit 'n eng oogpunt, beteken dat jy jou skuldig maak aan 'n Anglisisme, want die Afrikaans brawe man = regskape man (Eng. noble), en die Engelse brave man is in Afrikaans 'n dapper man.[28]
Meer inligting Afrikaans, Nederlands ...
Afrikaans
Nederlands
Verstaan jy my?
Versta je mij?
Ek verstaan dit
Ik begrijp het Minder algemeen: Ik versta het Vlaams: 'K verstaan'et
Wat is jou naam?
Hoe heet jij? Minder algemeen: Wat is jouw naam?
Wat maak jy?
Wat ben je aan het doen?
Ek is lief vir jou (meer platonies) Ek het jou lief (meer romanties)
Ik hou van je/jou. Minder algemeen: Ik heb je lief.
Is jy honger?
Heb je honger?
Dié boek is vir jou
Dit boek is voor jou
Ek het al geëet
Ik heb al gegeten
Stem jy saam?
Ben je het daarmee eens? Minder algemeen: Stem jij daarmee in?
Stem jy [daartoe] in?
Ga je daarmee akkoord?
Oop vanaand
Open vanavond
Hulle woon hier
Ze wonen hier
Kan ons die middestad besoek?
Kunnen we de binnenstad bezoeken?
piesang
banaan Minder algemeen: pisang
baadjie
colbert, jasje, vest
Ek is halfpad daar
Ik ben halverwege
Hierdie vrug smaak sleg
Deze vrucht smaakt slecht
Het jy dit gesê?
Heb jij dat gezegd? Vlaams: Het gij da' gezei?
Hy het op die lughawe aangekom
Hij is op de luchthaven aangekomen
As dit reën, sal dié sambreel jou beskerm
Als het regent, zal deze paraplu je beschermen
'n Lemoen is 'n oranjekleurige vrug
Een sinaasappel is een oranjekleurige vrucht
'n Lemmetjie is 'n klein groen sitrusvrug
Een limoen is een kleine groene citrusvrucht
Ons hou daarvan om te braai
Wij houden ervan om te barbecueën
Sluit
Onder is 'n vergelyking van die Afrikaanse woorde van Die Stem van Suid-Afrika (die voormalige Volkslied van Suid-Afrika) met die Nederlandse weergawe.
Mennen, Ineke; Levelt, Clara; Gerrits, Ellen (2006). "Acquisition of Dutch phonology: an overview"(PDF). Speech Science Research Centre Working Paper WP10 (in Engels). Queen Margaret University College. p.1. Geargiveer vanaf die oorspronklike(PDF) op 10 Oktober 2017. Besoek op 19 Mei 2010.
(nl) (Woubrugge 1989) Colloquium Neerlandicum 10[dooie skakel]. Handelingen Tiende Colloquium Neerlandicum. Colloquium van docenten in de neerlandistiek aan buitenlandse universiteiten. Internationale Vereniging voor Neerlandistiek.
Raidt, Edith h. 1989. Ontwikkeling van vroeë Afrikaans, uit Inleiding tot die Afrikaanse Taalkunde, tweede hersiene uitgawe, pp.96-112, TJR Botha (redakteur). Van Schaik.
G. Olwagen, met verwysing na bevindings soos reeds in 1957 gemaak deur Eva-Margarete Jenny Siegling, in haar verhandeling Verwandtschaft zwischen Afrikaans und den niederdeutschen Dialekten Norddeutschlands (in Duits voorgelê ter vervulling van 'n deel van die vereistes vir die graad D. Litt. in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte Universiteit van Pretoria, Pretoria, 30 Januarie 1957). Siegling het o.m. op die volgende gewys:
Afrikaans: Al baie op sy kerfstok hê.
Plattdeutsch: All bannig up sin Kerfstock hebben.
Dit lyk egter nie of die werk destyds enige groot taalkundige rimpels veroorsaak het met die bevindings oor "baie" nie. Of omdat dit in Duits was, is dit bes moontlik net nie raakgelees nie, wie sou weet!
Verhandeling by: http://docplayer.org/42628000-Verwandtschaft-zwischen-afrikaans-und-den-niederdeutschen-dialekten-norddeutschlands-deur-eva-margarete-jenny-siegling.html
G.Olwagen se bespreking op Netwerk24 en in Die Volksbladː https://www.netwerk24.com/Stemme/MyStem/kom-die-woord-baie-al-die-tyd-uit-duitsland-20171003
Raidt, Edith H. 1989. Ontwikkeling van vroeë Afrikaans, uit Inleiding tot die Afrikaanse Taalkunde, tweede hersiene uitgawe, pp 96 -126. TJR Botha (redakteur). Van Schaik.