woorde in twee tale wat soortgelyk klink maar baie verskillende betekenisse het From Wikipedia, the free encyclopedia
Valse vriende is die benaming wat gebruik word om te verwys na woorde van twee tale waarvan die vorm byna of geheel en al dieselfde is, maar waarvan die betekenis grootliks of soms net subtiel verskil. Daar kan dus maklik 'n verwarring ontstaan wanneer 'n taalgebruiker 'n anderstalige woord van dieselfde vorm teëkom en dus dieselfde betekenis verwag, terwyl die woord in der waarheid 'n ander betekenis het.
Hierdie verwarring kan dan manifesteer in weersprekings, vertaalfoute of in 'n verkeerde begrip. Dit kan aanleiding gee tot verwarring of verleentheid weens die onbedoelde betekenis, en kan 'n onverwagte uitwerking ten gevolg hê.[1] Dit kan ook gebruik word om 'n humoristiese effek te verkry.
Die verskynsel kan nie net tussen twee verskillende tale voorkom nie, maar ook tussen variante van dieselfde taal. Die term valse vriende is vir die eerste keer in 1928 in Frans gebruik (faux amis), in die boek Les faux amis ou les trahisons du vocabulaire anglais deur Maxime Koessler en Jules Derocquigny.[2]
Valse vriende kan op verskeie maniere ontstaan.
Baie tale deel 'n historiese verwantskap. So behoort onder meer die Skandinawiese tale, Afrikaans, Duits, Nederlands, Fries en Engels almal tot die Germaanse tak van die Indo-Europese taalfamilie. Die verwantskap kom neer op 'n aantal aspekte, onder andere die woordeskat. 'n Groot deel van die Afrikaanse (en daardeur Nederlandse) woordeskat bestaan uit kognate met die nou verwante Germaanse tale, terwyl ander dele weer 'n ander (byvoorbeeld Latynse) oorsprong het, en dus direk of indirek met woorde van ander tale verwant is. Woorde kan egter met verloop van tyd onherkenbaar verander, sowel in vorm as in betekenis.
Hierdie uiteengroeiing is nie noodwendig 'n verskynsel uit die verre verlede nie. Die verskille in betekenis tussen Britse en Amerikaanse Engels, of tussen Spaans uit Spanje en Spaans uit Suid-Amerika dui daarop aan dat die betekenis van woorde voortdurend verander.
Tale neem ook woorde oor uit ander soms onverwante tale. Afrikaans het 'n hele aantal woorde uit byvoorbeeld Maleis, Khoisan tale, Bantoe tale en Engels oorgeneem. Die oorspronklike betekenis van die leenwoorde word nie altyd goed begryp nie, en kry dan 'n ander betekenis in die lenende taal, of hul betekenis verskuif nadat die woord oorgeneem is. So beteken conducteur in Frans byvoorbeeld "bestuurder", maar in Nederlands het dit die gangbare term vir 'n kaartjie-kontroleerder geword. Dit is nie altyd duidelik of 'n bepaalde geval die oorsaak van 'n misverstand of van 'n gewone betekenisverskuiwing is nie.
Woord kan ook deur blote toeval sterk na mekaar lyk, terwyl die betekenis verskillend (en soms selfs teenoorgesteld) is.
Hier volg 'n paar Nederlandse voorbeelde, met die Afrikaanse betekenis langsaan:[7]
Valse vriend | Nederlandse betekenis |
---|---|
aanranden | onsedelik aanrand |
aardig | vriendelik |
agent | polisieman |
amper | net-net |
beest | gedierte/dier |
bekaf | uitgeput |
braaf | goed, gaaf, deugsaam |
bloot | naak |
dadelijk | oor 'n rukkie |
dam | damwal |
deken | kombers |
drift, dreef | pad vir aanjaag van grootvee |
flikker | homoseksueel (kwetsend) |
geil | bronstig, jags |
gemeente | munisipaliteit |
inpakken | toedraai |
kattenkop | nie "katkop" (brood met slaptjips gevul) nie, maar belediging vir katterige jongmeisies. |
kies | kiestand |
hou je kop! | hou jou bek! |
hou van jou | lief vir jou |
kombuis | skeepskombuis |
kop | dierekop; hoofd vir 'n mens |
limoen | suurlemoen |
motor | motorfiets / enjin |
neuk | soortgelyk aan "fok" |
onnozel | onskuldig, naïef |
opgave | taak, vraagstuk, voorstelling |
opgefokt | op sy perdjie, opgewerk, gelaai, gespanne, aangehits, siedend |
paardenfokker | perdeteler |
pijnappel | dennebol |
poot (slêng) | nie "polisieman" nie, maar "homoseksueel" |
raam | venster |
rad – raderen | rat – ratte |
rat – ratten | rot – rotte |
rot | vrot |
schop | graaf |
simpel | ongekompliseerd |
sluiten | toemaak |
scharminkel | 'n lang, skraal persoon |
stoep | sypaadjie |
taart | koek |
trappen | om te skop |
vaak | dikwels |
vervelend | irriterend, lastig |
vies | vuil |
vinnig | bitsig |
voetbal | sokker |
wonderlijk | vreemd, verrassend |
zelfbewust | selfversekerd, selfingenome |
Valse vriend | Duitse betekenis |
---|---|
abdanken | nie "afdank" nie, maar "bedank" uit 'n posisie. |
abfällig | nie "afvallig" nie, maar "neerhalend" of "kwetsend". |
Abhandlung | nie "afhandeling" nie, maar "verhandeling". |
abrichten | nie "afrig" van atlete (wel diere) nie, maar "afwerk", ens. |
absagen | nie "afsê" nie, maar "kanselleer" of "aanbod weier". |
Absprache | nie "afspraak" nie, maar "ooreenkoms", "konvensie" of "konsultasie". Vgl. afspraak in Nederlands |
ächten | nie "(hoog)ag" nie, maar "ostraseer", "voëlvry verklaar", "proskribeer", ens. |
Aktie | nie "aksie" nie, maar "aandeel". |
aktualisieren | nie "aktualiseer" nie, maar "bywerk" of "op datum bring". |
Ambulanz | eerstens 'n "kliniek" of "buitepasiënt-afdeling" van 'n hospitaal. |
Andacht | nie "aandag" nie, maar "oordenking" of "dagstukkie". |
andächtig | nie "aandagtig" nie, maar "geweid", "eerbiedig" of "godsdienstig". |
Andrang | nie "aandrang" nie, maar "toeloop", "toestroming", "kongestie" of "indringing". |
anfällig | nie "aanvallig" nie, maar "vatbaar". |
anhalten | wel "voortduur" of "volhou", maar ook "iets ophou", "aftrek", "stilhou", "verpoos" of "behou". |
anranzen | nie "aanrand" nie, maar "uitraas" of "uittrap". Kyk ook aanranden in Nederlands |
anschaffen | nie "aanskaf" nie, maar "prostitueer". Vgl. wel "sich etw. anschaffen" |
Ansprache | nie "aanspraak" nie, maar "toespraak" of "voordrag". |
artig | nie "aardig" nie, maar "beleefd" of "goedgemanierd". Vgl. aardig in Nederlands |
Aufenthalt | nie "oponthoud" nie, maar "verblyf". |
Aufgabe | nie "opgawe" nie, maar "taak", "plig", "missie", ens. Vgl. opgave in Nederlands |
Auflage | benewens "oplaag" ook 'n "verpligting", "vereiste", "spesifikasie" of "voorbehoud". |
auflesen | nie "oplees" nie, maar "optel". |
Augenmerk | nie "oogmerk" nie, maar "aandag". |
Ausbildung | nie "uitbeelding" nie, maar "opvoeding". |
auskennen | nie "uitken" nie, maar "ingelig", "belese" of "bedrewe", d.w.s. "jou storie ken". |
Auskunft | nie "uitkoms" nie, maar "inligting" of "openbaarmaking". |
ausrasten | 'n "ruskans neem" eerder as "uitrus", maar tipies "oorboord gaan" of "bohaai maak". |
ausreichen | nie "uitryk" nie, maar "voldoen" of "toereikend wees". |
ausspannen | nie "uitspan" nie, maar "aftakel", "stroop", "sloop" of "oopknip". |
ausstrahlen | wel "uitstraal", maar veral "uitsaai" of "beeldsend". |
Beere | nie "bier" nie, maar "bessie" (vrug). |
befestigen | nie "bevestig" nie, maar "vasmaak" of "konnekteer". |
begnadet | nie "begenadigd" nie, maar "buitengewoon begaafd". |
Bekenntnis | nie "bekentenis" nie, maar "beleidenis"; ook "toeweiding" tot ..., of "handhawing" van ... |
belangen | nie "belange" nie, maar "vervolg" of "bestraf". |
belasten | wel "belas", maar ook "beskuldig" of "inkrimineer". |
Beleg | nie "beleg" nie, maar "bewys", "stawing", "dokument", "kwitansie", ens. |
belegen | nie "belê" nie, maar "bewys", "staaf", "bedwing" of etlike ander. |
Beschilderung | nie "beskildering" nie, maar "wegwysering" of "padaanduiding", ens. |
bestellen | wel "bestel", maar ook "ontbied", 'n plek "bespreek", "aanstel" of ander. |
bequem | nie "bekwaam" nie, maar "gemaklik" of "gerieflik". |
bereit | benewens "bereid", ook "gereed". |
beschwerlich | nie "beswaarlik" nie, maar "moeitevol" of "uitputtend". |
besichtigen | ook "besigtig", maar eerstens "besoek aflê" of "deurwandel". Vgl. bezichtigen |
Besteck | nie "bestek" nie, maar "eetgerei". |
Bewehrung | nie "bewering" nie, maar "bewapening" of "pantsering". Vgl. Bewährung, d.i. "parool" |
Bogen | wel "boog" of "strikkie", maar ook "blad" of "vel papier". |
Borste | nie "bors" of "borste" nie, maar "borselhaar" of "stoppel". Vgl. bristle in Engels |
Botschafter | nie "boodskapper" nie, maar "ambassadeur". |
darstellen | meestal nie "daarstel" ('n germanisme vir skep of teweegbring)[8] nie, maar "verteenwoordig". |
deftig | nie "deftig" nie, maar "stewig" (in konteks van 'n maaltyd of voedsel). |
Depot | benewens "depot" of "opslagplek", ook 'n "portefeulje". |
doof | nie "doof" nie, maar "dom" of "onnosel". |
Einhalt (gebieten) | nie "inhoud" nie, maar "bedwing", "stuit" of "ten einde bring". |
einstellen | wel "instel", maar ook "mik", "aanstel", "plaas", "afsit", "staak", "opskort" of "ontstaan". |
eintragen | nie "indra" nie, maar "inskryf" of "registreer". |
Enkel | nie "enkel" (gewrig of eenmalig) nie, maar "kleinkind". |
Enkelkind | nie "enkelkind" nie, maar "kleinkind". |
entbieten | nie "ontbied" nie, maar "toewens", "oordra", ensomeer. |
Entbindung | nie "ontbinding" nie, maar "bevalling" of "verlos-" / "kraam-". |
erkennen | nie "erken" nie, maar "sien", "bemerk", "herken" of "uitken". Vgl. verkennen |
falsch | nie "vals" nie, maar "verkeerd". |
Fliege | benewens 'n "vlieg" ook 'n "strikdas". |
Flur (der) | nie "vloer" nie, maar "gang" of "deurgang". Vgl. wel die Flur in landbou of geologie. |
Forderung | nie "vordering" nie, maar 'n "eis". |
fördern | nie "vorder" nie, maar "bevorder", "promoveer", "hupstoot gee" of "borg". |
Gegenstand | nie "teenstand" nie, maar "objek", "item", "artikel", "tema" of "artefak". |
Gehalt | nie "gehalte" nie, maar "inhoud", "opbrengs", "salaris", ens. |
Gelage | nie "gelag" nie, maar "fees" of "gefuif". Vgl. "die gelag betaal"[9] |
geschickt | nie "geskik" nie, maar "behendig", "vaardig" of "vindingryk". |
gesellig | meestal nie "gesellig" nie, maar "sosiaal" of "in kudde lewe". |
Geschwätz | nie "geswets" nie, maar "geklets" of "gebabbel", ens. Vgl. gezwets in Nederlands |
Gewalt | wel "geweld", maar ook "heerskappy" of "mag". |
Gruß | wel 'n "groet", maar ook "eerbetoon", "saluut" of "kompliment". |
Hahn | wel 'n "haan", maar ook 'n "waterkraan". |
Handhabung | nie "handhawing" nie, maar "hantering", "manipulasie" of "bestuur". |
herstellen | nie "herstel" nie, maar "vervaardig", "tot stand bring", "(voor)berei", "saamstel", ens. |
Huld | nie "hulde" nie, maar "genade", "guns" of "geseëndheid". |
Kampf | nie "kamp" nie, maar "stryd". Vgl. "bekamp" |
Kapsel | nie "kapsel" (d.w.s. haarkapsel of -tooisel) nie, maar "kapsule". |
Karosse | nie "karos" nie, maar "bakwerk" of "karosserie". |
Karree | nie "karee" nie, maar 'n "blok" of "vierkant" as bouvorm, gevegsformasie, ens. |
klar | nie "klaar" of "gereed" nie, maar "helder" of "duidelik". Vgl. "klinkklaar" |
klauen | nie "klou" nie, maar "steel" of "vaslê". |
Kleinkind | nie "kleinkind" nie, maar "kleuter". |
Kommando | nie "kommando" in eerste instansie nie, maar "bevel" of "opdrag". |
Kopfbein | nie "kopbeen" (skedel) nie, maar die "os capitatum", deel van die handwortelbeentjies. |
Korn | nie "koring" nie, maar "graan" of "grein". |
Krach | nie "krag" nie, maar "geraas", "rumoer" of "ophef". |
Kratt | nie 'n "krat" nie, maar "struikbos" of "ruigte". |
Kreis | nie "kruis" nie, maar "sirkel", "kring", "kringloop" of "siklus". |
Kreuzfahrt | nie "kruisvaart" / "kruistog" nie, maar "plesierbootvaart". Vgl. cruise in Engels |
Lage | nie "lae" of "laagte" nie, maar "posisie", "situasie" of "omstandigheid". |
Lager | benewens 'n "laer" of "lager" ook 'n "stoorplek", of die "voorraad" daarvan. |
Laster (der) | nie "laster" nie, maar "vragmotor". |
Laster (das) | nie "laster" nie, maar "ondeug" of "bandeloosheid". |
lauschen | eerder "afluister" as "luister". |
lauter | wel "louter" of "suiwer", maar ook "eerlik" of "eerbaar". |
Lebensmittel | nie "lewensmiddel" in die breë (medisyne, klere of behuising) nie, maar "voedsel" of "proviand". |
ledig | nie "ledig" nie, maar "ongehuud" of "enkellopend". |
Lokal | nie 'n "lokaal" in die breë nie, maar 'n "taverne" of "kroeg". |
Lust | dikwels nie "(wel)lus" nie, maar "plesier". |
Mangel | nie "mangel" nie, maar "gebrek", "afwesigheid" of "tekortkoming". |
merkwürdig | nie "merkwaardig" nie, maar "eienaardig" of "raar". |
Moderator | wel "moderator", maar ook "gasheer". |
Meer | nie "meer" nie, maar "see". Vgl. See |
Mond | nie "mond" nie, maar "maan". |
Nachfolge | nie "nagevolg" nie, maar "op(een)volging", ens. |
Nachfrage | nie "navraag" nie, maar "aanvraag" of "behoefte". |
nachgehen | nie "nagaan" nie, maar "agter wees" of "agter raak", ens. |
nachlassen | nie "nalaat" nie, maar "kwyn", "afneem" of "slaplê". |
nachsehen | wel "nasien", maar ook "versien" of "bekyk". |
Neffe | nie "neef" nie, maar "manlike broers-/susterskind". |
Nichte | nie "niggie" nie, maar "vroulike broers-/susterskind". |
niedrig | nie "nederig" nie, maar "laag", "gemeen" of "onwaardig". (fig. neutraal tot negatief) |
offenbar | nie "openbaar" nie, maar "blykbaar" of "duidelik". |
Öffentlichkeit | nie "openlikheid" nie, maar "publiek", "samelewing" of "publisiteit". |
Otter | benewens 'n "otter" ook 'n "adder". |
Parole | nie "parool" nie, maar "slagspreuk" of "wekroep". |
peinlich | nie "pynlik" nie, maar "as verleentheid ondervind" of "jou skaam vir". |
Pension | nie "pensioen" nie, maar "losieshuis" of "klein hotel". |
Perspektive | wel "perspektief", maar ook "vooruitsig" of "kans" op 'n uitkoms of situasie. |
Postbus | nie 'n "briewebus" nie, maar 'n vervoermiddel. |
probieren | nie "probeer" nie, maar "proe" of "uittoets". |
Rampe | nie "katastrofe" nie, maar "laaiplatvorm" of "helling" in tegniese konteks. |
Rente | nie "rente" nie, maar "pensioen". |
rüstig | nie "rustig" nie, maar "opgewek", "kranig", "energiek" of "lewenskragtig". Vgl. Rüstigkeit |
Schnörkel | nie "snorkel" nie, maar "krulletjie" of "versiering". Vgl. Schnorchel |
See | nie "see" nie, maar "meer". Vgl. Meer |
Seil | nie "seil" nie, maar "tou" of "koord". |
selbstbewusst | nie "selfbewus" nie, maar "selfversekerd". Vgl. zelfbewust in Nederlands |
seltsam | nie "seldsaam" nie, maar "sonderling" of "eienaardig". |
Span | nie 'n "span" nie, maar 'n "spaander", "splinter", "skerf" of "fynhout". |
spendabel | nie "spandabel" nie, maar "vrygewig". |
spontan | nie "spontaan" nie, maar "op ingewing van die oomblik" of "impulsief". |
stramm | nie "stram" of "styf" nie, maar "stewig". |
Strauß | wel "volstruis", maar ook 'n "ruiker". |
Tafel | nie "tafel" nie, maar "tabel", "tablet" of "skoolbord". |
Tapete | nie "tapyt" nie, maar "plakpapier". |
Tasche | nie "tas" nie, maar "hemp-/broeksak", "sak", "buidel", "briewetas", ens. |
Tasse | nie "tas" nie, maar "teekoppie". |
Teilnahme | wel "deelname", maar ook "belangstelling", "meegevoel", "leedwese" of "medelye". |
Teller | nie "telapparaat" nie, maar "bord" of "skaal". |
Termin | soms 'n "termyn", maar tipies 'n "afspraak" of "sperdatum". |
trotz | nie "trots" nie, maar "ondanks". |
trotzig | nie "trots" nie, maar "stuurs", "astrant" of "nors". |
überflügeln | nie "oorvleuel" nie, maar "verbysteek". |
überflüssig | nie "oorvloedig" nie, maar "oorbodig". |
übrigens | nie "origens" nie, maar "terloops". Vgl. overigens in Nederlands |
unberechenbar | "volatiel" of "onvoorspelbaar", eerder as "onberekenbaar". |
Unterhaltung | nie "onderhouding" nie, maar "vermaak". |
Unterlagen | nie "onderlae" nie, maar "dokumentasie", "datastel", ens. Vgl. Unterlage, d.i. "substraat" |
unterschreiben | nie "onderskryf" nie, maar "onderteken". |
Unterschrift | nie "onderskrif" nie, maar "handtekening". |
unwillig | nie "onwillig" nie, maar "beswaard wees" of "aanstoot neem". |
Verband | soms 'n "verband", maar tipies 'n "unie", "assosiasie" of "federasie". |
verfolgen | nie "vervolg" nie, maar "navolg", "naspoor", ens. |
verhandeln | nie "verhandel" nie, maar "onderhandel", "kibbel" of "disputeer". |
verkennen | nie "verken" nie, maar "vergis", "mistas" of "misken". Vgl. erkennen |
Verlies | nie "verlies" nie, maar "kerker" of "put". |
Verlosung | nie "verlossing" nie, maar "tombola" of "lotery". |
versagen | nie bloot "verseg" nie, maar eerder "misluk", "breek" of "meegee". |
versäumen | wel "versuim", maar ook "verpas", "misloop" en ander. |
Verschlag | nie 'n "verslag" nie, maar 'n "loods" of "krat". |
verschlagen | nie "verslaan" of "verslae" nie, maar "onderduims", "slu" of "agterbaks". |
Versorgung | nie "versorging" nie, maar "proviand", "voorraad" of "akkommodasie". |
versprechen | nie "verspreek" nie, maar "belowe". |
versuchen | nie "versoek" nie, maar "probeer" of "verlei". |
vertagen | ook "verdaag", maar veral "uitstel". |
Vertonung | nie 'n "vertoning" nie, maar 'n "toonsetting". |
Volkslied | nie 'n "nasionale volkslied" nie, maar 'n "ou populêre lied". |
vollmundig | nie "volmondig" nie, maar "grootpraterig". |
vorgeben | wel "voorgee", maar ook "voorskryf". |
wacker | nie "wakker" nie, maar "onverskrokke" of "dapper". |
wandeln | nie "wandel" nie (wel poëties, "bewandel"), maar "verander". |
Werft | nie "werf" nie, maar "skeepswerf". Vgl. wharf in Engels |
Wette | nie "wet" of "wette" nie, maar "weddenskap". |
wie | nie "wie" nie, maar "hoe". |
Winkel | nie "winkel" nie, maar "hoek" (meetkunde). |
wirken | nie "werk" nie, maar "blyk", "lyk", "fungeer", "verrig" of "uitwerking hê". |
zierlich | wel "sierlik" of "grasieus", maar meer dikwels "tengerig", "broos" of "verpot". |
Zirkel | nie "sirkel" nie, maar "passer". |
Zuname | nie "toename" nie, maar 'n "van". Vgl. Zunahme |
Valse vriend | Engelse betekenis |
---|---|
billion | nie "biljoen" nie, maar miljard. |
brave | nie "braaf" nie, maar "dapper". |
brutal | nie "brutaal" (d.i. parmantig) nie, maar "onmenslik" of "afgryslik". |
compensation | wel "kompensasie" (d.i. aanvulling), maar ook "vergoeding". |
decadence | nie "dikkedensie" (d.i. verknorsing) nie, maar "degenerasie". |
eventual | nie "eventueel" (d.i. dalk, gebeurlik) nie, maar "uiteindelike". |
journal | nie 'n "joernaal" (d.i. dag- of logboek) nie, maar "vaktydskrif". |
royal | nie "rojaal" (d.i. kwistig of oordadig) nie, maar "koninklik". |
Valse vriend | Sweedse betekenis |
---|---|
by | nie "neffens" nie, maar "dorp" of "buurt". |
chef | nie "sjef" nie, maar "bestuurder" (van 'n besigheid). |
delikat | nie "delikaat" nie, maar "smaaklik". |
dig | nie "kompak" nie, maar "jou". |
dog | nie die verlede tyd van "dink" nie, maar die verlede tyd van "sterf". |
gift | wel "gif", maar ook "getroud". |
hot | nie "links" nie, maar bedreiging. |
kind | nie "kind" nie, maar "ken". |
kostym | nie "kostuum" nie, maar "pak" (wat 'n sakeman dra). |
öl | nie "olie" nie, maar "bier". |
olik | nie "siek" nie, maar "anders" (dit wil sê, nie dieselfde nie). |
puss | nie "poes" nie, maar "soen". |
semester | nie "semester" nie, maar "vakansie". |
sex | nie "seks" nie, maar "ses". |
Valse vriend | Duitse betekenis | Engelse betekenis |
---|---|---|
Ass / ass | aas-speelkaart / meester | esel |
Bad / bad | bad | sleg |
bekommen / become | verkry | word |
Bravo / bravo | sluipmoordenaar | welgedaan! |
Chef / chef | baas | kok |
eventuell / eventual | dalk | uiteindelike |
Gymnasium / gymnasium | hoërskool | gimnasium |
Handy / handy | selfoon | nuttig |
Kommando / kommando | bevel | gevegseenheid |
Korn / corn | graan | mielies (Amerikaans) |
Labor / labour | laboratorium | arbeid |
Obduktion / abduction | nadoodse ondersoek | ontvoering |
Präservativ / preservative | kondoom | preserveermiddel |
Ressort / resort | departement | toevlugsoord |
Sensibilität / sensibility | sensitiwiteit | ontvanklikheid |
winken / wink | wink | oogknip |
Valse vriend | Latynse betekenis | Italiaanse betekenis |
---|---|---|
lapis | steen, mylpaal grenssteen marmer (gal)steen domkop, lummel grafsteen standbeeld juweel/edelsteen (poëties) | potlood (ook matita) |
Valse vriend | Latynse betekenis | Spaanse / Portugese betekenis |
---|---|---|
proxeneta | (onder)handelaar, makelaar | hoerboer, hoer(e)waard (NL: pooier) |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.