Die Kaapse Maleiers (Maleis: Melayu Cape) is 'n gemeenskap of etniese groepering van Oosterlinge in Suid-Afrika. Meeste van hulle is van Maleisië afkomstig. Hulle woon hoofsaaklik in en om Kaapstad, onder andere in die Bo-Kaap (vroeër die "Maleierbuurt") teen die hange van Seinheuwel. Saam met die Malgasse van Madagaskar vorm die Kaapse Maleiers die enigste inheemse Austronesiese volk in Afrika.
Kaapse Maleiers | |
---|---|
Abdullah Abdurrahman • Zackie Achmat • Ricky Fataar • Ebrahim Rasool | |
Totale bevolking: | 200 000 |
Belangrike bevolkings in: | Suid-Afrika (Kaapstad en Gauteng) |
Taal: | Vandag: Afrikaans, Engels Vroeër: Maleis, Javaans, Boeginees |
Geloofsoortuiging: | Meerderheid: Soennitiese Islam Minderheid: Ateïsme, Agnostisisme, Christendom |
Verwante etniese groepe: | Javane, Maleiers, Indiërs, Afrikaners, Malgasse, Kaaps-Hollandse, Nederlanders, Kleurlinge, Boegis, Bantoevolke |
Hulle voorvaders is as slawe deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie van Nederlands-Indië na die Nederlandse Kaapkolonie gebring. Die eerste groep het in 1667 aangekom. Later het 'n aantal politieke bannelinge van Maleisië, in besonder Sjeik Joseph, hier aangeland. Betreklik min vermenging het met ander rasse plaasgevind en hulle bly toegewyde Moslems. Hulle is bekend vir hulle wetsgehoorsame karakter en hoë morele standaard.
As vakmanne spesialiseer hulle meestal as perdeversorgers, koetsiers, vissers, kleremakers, meubelmakers en kuipers. Hulle behou nog baie van hulle ou tradisies, onder andere hulle melodieuse liedere, byna die enigste vorm waarin hulle oorspronklike taal behou gebly het.
Vandag praat meeste van hulle Afrikaans. Professor A. van Selms (1906–1984) van Pretoria het godsdienstige boeke ontdek wat reeds in die 18de eeu vir hulle in Konstantinopel in Arabiese skrif gedruk is.
Verskeie Suid-Afrikaanse geregte is van Maleisiese oorsprong, onder andere tamatiebredie, bobotie, sosaties en koeksisters.
Bron
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kaapse Maleiers.
Etniese groepe in Suid-Afrika | |||
---|---|---|---|
Afrikaners • Anglo-Afrikane • Asiate • Griekwas • Kaapse Maleiers • Khoisan • Kleurlinge • Ndebeles • Noord-Sotho's • Suid-Sotho's • Swazi's • Tsongas • Tswanas • Vendas • Xhosas • Zoeloes |
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.