From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Sosatie of kabab is 'n eg Suid-Afrikaanse gereg wat van blokkies skaap-, vark- of hoendervleis gemaak word. Die vleis word in kleinerige blokkies opgesny en in 'n vleis- of sosatiepen ingeryg, soms met ander lekkernye soos sampioene of gedroogde vrugte. Dit kan ook met marinade of kerrie gegeur word. Sosaties word verkieslik op 'n rooster oor 'n houtvuur gebraai, maar kan ook in 'n oond gaargemaak word.[1]
Sosaties is oorspronklik van Kaap-Maleisiese afkoms. Die naam is van die Maleise woord soesatoe afgelei, wat mengelmoes beteken. Sosatie is moontlik deur Maleise kokke in Suid-Afrika in gebruik gebring.[2]
Gebruik speserye na smaak, maar ons hou van skerper kos en neem vir die sosatieresep hierbo 2 teelepels brejani en 1 teelepel kerrie. Indien brejani gebruik word, gooi dit by die uie wat braai na ongeveer een minuut en meng goed (sauté).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.