Hoendervleis
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hoendervleis is die vleis afkomstig van 'n hoender. Dit is die vleissoort wat die meeste geëet word ter wêreld. Hoender word as deel van 'n maaltyd soos middagete of aandete geëet. Dikwels is dit ook 'n spesialiteit in 'n restaurant of tydens feesdae soos Paasfees en Kersfees. Hoendervleis word, net soos die vleis van ander pluimvee (voëls), witvleis genoem.[1] Dit is in teenstelling met die rooivleis van soogdiere.
Hoendervleis kan op baie maniere voorberei word as voedsel, byvoorbeeld gerooster, op 'n braaier, gebak of gekook met allerlei kruie en speserye, selfs gekook in sop.
Salmonella kom gereeld op rou hoender voor, daarom is dit baie belangrik dat hoender altyd goed gaargemaak word en beslis nie rooi dele toon nie.
As gevolg van hierdie risiko's staan daar op die etiket van pluimveevleis in Europa 'n waarskuwing met die volgende teks:
"Let op, moenie skadelike bakterieë 'n kans gun nie. Moenie dat hierdie bakterieë via die verpakking, jou hande of die kombuisware in jou kos beland nie. Maak die vleis deeglik gaar om hierdie bakterieë uit te skakel." |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.