Oesbekistan of Oezbekistan, amptelik die Republiek van Oesbekistan (Oesbekies: Oʻzbekiston Respublikasi, Ўзбекистон Республикаси), is 'n landingeslote land in Sentraal-Asië, wat van 1924 tot 1991 by die armste republieke van die Sowjetunie gereken is. Sy hoofstad en grootste stad is Tasjkent (Oesbekies: Tosjkent) met 'n bevolking van 2 229 400 in 2005. Danksy 'n uitgestrekte besproeiingsstelsel waas die republiek die Sowjetunie se vernaamste verskaffer van katoen.

Thumb
Nasa-Satellietbeeld van Oesbekistan
Kitsfeite
Republiek Oesbekistan
  • Ўзбекистон Республикаси  (Oesbekies)
Thumb Thumb
Vlag Embleem
Volkslied:
O'zbekiston Respublikasining Davlat Madhiyasi
Thumb
Hoofstad Tasjkent

41°16′N 69°13′O

Grootste stad Tasjkent
Amptelike tale Oesbekies
Regering Unitêre presidensiële
republiek
Shawkat Mirziyoyef
Abdulla Oripof
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Vorming
Oesbekiese SSR
• Verklaar
• Erken
• Bereik

van die Sowjetunie
1747
27 Oktober 1924
1 September 1991
8 Desember 1991
25 Desember 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
448 978 km2  (56ste)
172 742 myl2
4,9
Bevolking
 - 2016-skatting
 - Digtheid
 
31 576 400[1][2] (41ste)
70,3 / km2 (136ste)
182,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$198,823 miljard[3] (62ste)
$6 343[3] (125ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$76,485 miljard[3] (70ste)
$2 440[3] (130ste)

MOI (2014) Steady 0,675[4] (114de)    medium
Gini (2003) 36,8(95ste)   medium
Geldeenheid Som (UZS)
Tydsone
 - Somertyd
UZT (UTC+5)
nie toegepas nie (UTC+5)
Internet-TLD .uz
Skakelkode +998
Sluit

In 1991 is die bevolking teensinnig om die onafhanklikheid van Rusland te aanvaar; lidmaatskap in 'n statebond met Rusland word veral om ekonomiese redes as voordelig beskou. Die ekonomiese agteruitgang skep 'n groot probleem vir die regering; tydens die Sowjetse heerskappy vind nog 'n grootskaalse industrialisering nog 'n russifisering plaas. Die regering tree gereeld met geweld teen die opposisie en Islamitiese fundamentaliste op. In Mei 2005 sterf meer as 1 000 betogers en soldate, nadat onluste in die stad Andisjan uitbreek.

Demografie

Thumb
Kaart van Oesbekistan

Sowat 75 persent van die bevolking is Oesbeke, ses persent is Russe, vyf persent Tadjiks en vier persent Kasakke. 74,3 persent van die bevolking praat Oesbekies ('n Turkse taal) en 14 persent Russies. 88 persent van die Oesbeke is aanhangers van die Islam, nege persent is Ortodokse Christene.

Protestantisme

Protestante maak minder as 1% van die bevolking van Oesbekistan uit. Die Evangelies-Lutherse Kerk in Oesbekistan is 'n kerk met sewe gemeentes. Die biskop se setel is in Tasjkent en die sinode se voorsitter is Gilda Raspopowa. Nuwe gemeentes mag nie gestig word nie, maar daar bestaan wel huiskerke van Oesbeke. Duisende Oesbeke het na 1991 die Christengeloof aangeneem. Christene word egter baie negatief voorgestel en word beskou as lede van 'n ekstreme kultus. In 2006 is 'n wet gepromulgeer wat 3 jaar gevangenestraf voorskryf vir die druk van godsdienstige boeke. Die regering vervolg Christene ekstensief, en in afgeleë streke word ook sterk druk op Christene geplaas uit Islamitiese oorde.

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.