Die NG gemeente Greykerk was die 86ste oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en het die dorpies Seymour (jare lank deel van die voormalige tuisland Ciskei) en Balfour, 14km daarvandaan in die Oos-Kaap, omsluit.
Die Greykerk wat in 1941 opgerig is. Die argitekte was Siemerink en Brinkman.[1] Ds. S.S. Weyers het die hoeksteen op 21 Oktober1941 gelê. In dieselfde omgewing staan die verwaarloosde ou kerkie en pastorie.
Die ou Greykerk, ingewy in 1862.
Die Greykerk was naby die dorpie Balfour, Oos-Kaap, maar het ook die hele destydse distrik Stockenström ingesluit, waarvan 'n groot gedeelte later deel van die voormalige tuisland Ciskei geword het. Greykerk is in 1983 by Fort Beaufort se NG gemeente ingelyf.