Mes Aynak
antieke terrein in Afganistan / From Wikipedia, the free encyclopedia
Mes Aynak (Pasjtoe: مس عينک, "Klein Koperbron") is ’n terrein 40 km suidoos van Kaboel, Afganistan, in die dorre Logar-provinsie. Die terrein bevat die land se grootste koperneerslag, sowel as die oorblyfsels van ’n antieke nedersetting met meer as 400 Boeddha-standbeelde, stoepas en ’n kloosterkompleks van 40 ha. Dit is ook ’n groot deurgangsroete vir rebelle uit Pakistan. Argeoloë begin maar eers die oorblyfsels ontdek van ’n vorige, 5 000 jaar oue terrein uit die Bronstydperk onder die Boeddhistevlak, insluitende ’n antieke kopersmeltery.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Mes Aynak مس عینک | |
---|---|
Ruïnes | |
Ruïne van ’n Boeddhistetempel by Mes Aynak. | |
Koördinate: 34°24′N 69°22′O | |
Land | Afghanistan |
Provinsie | Logar |
Distrik | Mohammad Agha |
Hoogte | 2 120 m (6 960 ft) |
Die Mes Aynak-terrein bevat ’n groot kompleks van Boeddhistekloosters, huise en markte. Daar is artifakte uit die Bronstydperk, en sommige dateer van 3 000 jaar gelede. Die ligging daarvan aan die Syroete het meegebring dat ’n mengsel van elemente uit Iran, China en Indië daar aangetref word, en die rykdom van die antieke inwoners word duidelik weerspieël. Afganistan se gretigheid om die koper onder die terrein te ontgin lei tot die vernietiging eerder as die bewaring daarvan. Argeoloë neem foto's van die terrein en skatte wat opgegrawe word.[1]
Die Boeddhiste-ruïnes sou einde Julie 2012 vernietig word vir die mynbedrywighede, maar dit is uitgestel om verskeie redes, onder meer politieke onstabiliteit.