From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Krieketwêreldbeker 1983 (Engels: 1983 Cricket World Cup) is van 9 tot 25 Junie 1983 in Engeland en Wallis beslis. Dit was die derde krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) aangebied word en die derde in Engeland. Dié land het voorheen die toernooie van 1975 en 1979 gehuisves.[3] Die Krieketwêreldbeker 1983 is deur die Britse finansiële en versekeringsmaatskappy Prudential plc geborg en staan dus amptelik bekend as die Prudentialbeker 1983.
Kenteken van die Krieketwêreldbeker 1983 | |
Datums | 9 Junie – 25 Junie |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketkonferensie (IKK) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Engeland Wallis |
Kampioen | Indië (1ste titel) |
Naaswenner | Wes-Indië |
Deelnemers | 8 (24 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 27 |
Bywoning | 231 081 (8 559 per wedstryd) |
Meeste lopies | David Gower (384)[1] |
Meeste paaltjies | Roger Binny (18)[2] |
← 1979 1987 → |
Agt nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1983 deelgeneem: Die destydse sewe toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Wes-Indië), saam met die IKK-trofee 1982-wenner Zimbabwe. Tydens die Krieketwêreldbeker 1983 is 27 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span twee keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 60 boulbeurte per span bestaan en is in tradisionele wit klere en met rooi balle gespeel; almal is bedags gespeel en het dus vroeg in die oggend begin.[4]
Engeland, Indië, Pakistan en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Engeland en Wes-Indië het Pakistan geklop, voordat Indië die eindstryd op Lord’s in Londen teen die verdedigende kampioen Wes-Indië met 43 lopies gewen en sodoende sy eerste titel ingepalm het. Suid-Afrika kon nie aan die krieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid. Zimbabwe het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n derde keer verskyn het.
Volgens die IKK het net Engeland aan die nodige vereistes voldoen om die eerste drie krieketwêreldbekertoernooie van 1975, 1979 en 1983 te huisves, vervolgens is Engeland as gasheer vir dié toernooie aangewys.[5][6] Indië het egter voorgestel dat hulle die derde Krieketwêreldbeker moet aanbied, maar die meeste IKK-lede het gemeen dat Engeland ’n meer geskikte plek was weens die langer dagligtydperk in Junie. Dit het beteken dat ’n wedstryd binne een dag voltooi kon word.[7]
Die volgende agt spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1983 gekwalifiseer: Australië, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketkonferensie met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1983 gekwalifiseer. Zimbabwe was die enigste span sonder toetsstatus en het gekwalifiseer deur die IKK-trofee 1982 te wen.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Groep |
---|---|---|---|---|---|
Engeland | Gasheer | Derde | 1979 | Naaswenner (1979) | A |
Australië | Volle lede | Derde | 1979 | Naaswenner (1975) | B |
Indië | Derde | 1979 | Groepfase (1975, 1979) | B | |
Nieu-Seeland | Derde | 1979 | Halfeindrondte (1975, 1979) | A | |
Pakistan | Derde | 1979 | Halfeindrondte (1979) | A | |
Sri Lanka | Derde | 1979 | Groepfase (1975, 1979) | A | |
Wes-Indië | Derde | 1979 | Kampioen (1975, 1979) | B | |
Zimbabwe | IKK-trofee 1982-wenner | Eerste | — | Debuut | B |
Engeland het 26 wedstryde op 14 verskeie plekke in 13 stede gehuisves, terwyl Wallis een wedstryd op een plek aangebied het.
Die Krieketwêreldbeker 1983 is oor 17 dae tussen agt verskillende spanne oor 27 wedstryde beslis. Dit het op 9 Junie 1983 met vier gelyktydige wedstryde begin. Die toernooi het geëindig op Lord’s in Londen op 25 Junie met die eindstryd tussen Indië en Wes-Indië, waartydens Indië die Prudentialbeker ingepalm het.
Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1983 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Die Krieketwêreldbeker 1983 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het twee wedstryde teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span ses wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
’n Paneel van elf skeidsregters is vir die toernooi ingespan.
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Span | Wed | Wen | Ver | Onb | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 6 | 5 | 1 | 0 | +4.671 | 20 |
Pakistan | 6 | 3 | 3 | 0 | +4.014 | 12 |
Nieu-Seeland | 6 | 3 | 3 | 0 | +3.927 | 12 |
Sri Lanka | 6 | 1 | 5 | 0 | +3.752 | 4 |
t |
||
Allan Lamb 102 (105) Martin Snedden 2/105 (12 boulbeurte) |
t |
||
Zaheer Abbas 82 (81) Ashantha de Mel 2/69 (12 boulbeurte) |
Brendon Kuruppu 72 (101) Sarfraz Nawaz 3/40 (12 boulbeurte) |
t |
||
David Gower 130 (120) Ashantha de Mel 2/62 (12 boulbeurte) |
Guy de Alwis 58* (51) Vic Marks 5/39 (12 boulbeurte) |
t |
||
Bruce Edgar 44 (107) Abdul Qadir 4/21 (12 boulbeurte) |
Abdul Qadir 41* (68) Richard Hadlee 3/20 (9 boulbeurte) |
t |
||
Zaheer Abbas 83* (104) Bob Willis 2/24 (12 boulbeurte) |
Graeme Fowler 78* (151) Rashid Khan 1/19 (7 boulbeurte) |
t |
||
Ranjan Madugalle 60 (87) Richard Hadlee 5/25 (10.1 boulbeurte) |
Geoff Howarth 76 (79) Ashantha de Mel 2/30 (8 boulbeurte) |
t |
||
David Gower 92* (96) Richard Hadlee 3/32 (10 boulbeurte) |
Jeremy Coney 66* (97) Bob Willis 4/42 (12 boulbeurte) |
t |
||
Sidath Wettimuny 50 (127) Abdul Qadir 5/44 (12 boulbeurte) |
t |
||
Javed Miandad 67 (100) Vic Marks 2/45 (12 boulbeurte) |
Graeme Fowler 69 (96) Mudassar Nazar 2/34 (12 boulbeurte) |
t |
||
Martin Snedden 40 (55) Ashantha de Mel 5/32 (12 boulbeurte) |
Roy Dias 64* (101) Martin Snedden 2/58 (10.5 boulbeurte) |
t |
||
Sidath Wettimuny 22 (49) Paul Allott 3/41 (10.4 boulbeurte) |
Graeme Fowler 81 (77) Ashantha de Mel 1/33 (10 boulbeurte) |
t |
||
Zaheer Abbas 103* (121) Jeremy Coney 2/42 (12 boulbeurte) |
Jeremy Coney 51 (78) Mudassar Nazar 3/43 (12 boulbeurte) |
t |
||
Duncan Fletcher 69* (84) Graham Yallop 2/28 (9 boulbeurte) |
t |
||
Yashpal Sharma 89 (120) Michael Holding 2/32 (12 boulbeurte) |
Joel Garner 37 (29) Ravi Shastri 3/26 (5.1 boulbeurte) |
t |
||
Larry Gomes 78 (153) Geoff Lawson 3/29 (12 boulbeurte) |
David Hookes 45 (45) Winston Davis 7/51 (10.3 boulbeurte) |
t |
||
Iain Butchart 22* (35) Madan Lal 3/27 (10.4 boulbeurte) |
Sandeep Patil 50 (54) Peter Rawson 2/11 (5.1 boulbeurte) |
t |
||
Trevor Chappell 110 (131) Kapil Dev 5/43 (12 boulbeurte) |
Kapil Dev 40 (27) Ken MacLeay 6/39 (11.5 boulbeurte) |
t |
||
Duncan Fletcher 71* (88) Andy Roberts 3/36 (12 boulbeurte) |
Gordon Greenidge 105* (147) Peter Rawson 2/39 (12 boulbeurte) |
t |
||
Viv Richards 119 (146) Roger Binny 3/71 (12 boulbeurte) |
Mohinder Amarnath 80 (139) Michael Holding 3/40 (9.1 boulbeurte) |
t |
||
Graeme Wood 73 (121) John Traicos 2/28 (12 boulbeurte) |
David Houghton 84 (108) Rodney Hogg 3/40 (12 boulbeurte) |
t |
||
Kim Hughes 69 (124) Malcolm Marshall 2/36 (12 boulbeurte) |
Viv Richards 95* (117) Rodney Hogg 1/25 (12 boulbeurte) |
t |
||
Kapil Dev 175* (138) Peter Rawson 3/47 (12 boulbeurte) |
Kevin Curran 73 (93) Madan Lal 3/42 (11 boulbeurte) |
t |
||
Yashpal Sharma 40 (40) Rodney Hogg 3/40 (12 boulbeurte) |
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
22 Junie – Manchester | ||||||
Engeland | 213 | |||||
Indië | 217/4 | 25 Junie – Londen | ||||
Indië | 183 | |||||
22 Junie – Londen | Wes-Indië | 140 | ||||
Pakistan | 184/8 | |||||
Wes-Indië | 188/2 |
t |
||
Graeme Fowler 33 (59) Kapil Dev 3/35 (11 boulbeurte) |
Yashpal Sharma 61 (115) Paul Allott 1/40 (10 boulbeurte) |
t |
||
Kris Srikkanth 38 (57) Andy Roberts 3/32 (10 boulbeurte) |
Viv Richards 33 (28) Madan Lal 3/31 (12 boulbeurte) |
Krieketwêreldkampioen 1983 |
---|
Indië |
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1983.
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | LV | LT | +/– | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Indië | B | 8 | 6 | 0 | 2 | 1706 | 1702 | +4 | 24 | |
2 | Wes-Indië | B | 8 | 6 | 0 | 2 | 1756 | 1614 | +142 | 24 | |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Engeland | A | 7 | 5 | 0 | 2 | 1671 | 1518 | +153 | 20 | |
4 | Pakistan | A | 7 | 3 | 0 | 4 | 1629 | 1620 | +9 | 12 | |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
5 | Nieu-Seeland | A | 6 | 3 | 0 | 3 | 1332 | 1393 | –61 | +3.927 | 12 |
6 | Australië | B | 6 | 2 | 0 | 4 | 1371 | 1412 | –41 | +3.808 | 8 |
7 | Sri Lanka | A | 6 | 1 | 0 | 5 | 1324 | 1433 | –109 | +3.752 | 4 |
8 | Zimbabwe | B | 6 | 1 | 0 | 5 | 1257 | 1311 | –54 | +3.492 | 4 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.