5 Maart is die 64ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (65ste in skrikkeljare). Daar volg nog 301 dae in die res van die jaar.
- 1796 – Karel Landman, Voortrekkerleier en tweede-in-bevel tydens die Slag van Bloedrivier († 1875).
- 1908 – Rex Harrison, Britse verhoog- en rolprentakteur († 1990).
- 1931 – Leon Rousseau, Afrikaanse skrywer en stigterslid van Human & Rousseau († 2016).
- 1937 – Olusegun Obasanjo, oudpresident van Nigerië.
- 1946 – Charles Fryer, Suid-Afrikaanse digter en uitgewer († 2014).
- 1946 – Martin van Creveld, Israeliese militêre historikus en teoretikus.
- 1948 – Elaine Paige, Engelse sangeres en aktrise.
- 1953 – Tokyo Sexwale, Suid-Afrikaanse sakeman.
- 1956 – Anton Goosen, Suid-Afrikaanse musikant.
- 1968 – Ambrose Dlamini, tiende Eerste Minister van Eswatini († 2020).
- 1974 – Barbara Schöneberger, Duitse komediant en sangeres.
- 1982 – Nadia Valvekens, Suid-Afrikaanse sepie- en rolprentaktrise.
- 254 – Lucius I, biskop van Rome (* onbekend).
- 1778 – Thomas Arne, Engelse komponis (* 1710)
- 1827 – Pierre-Simon Laplace, Franse wiskundige, fisikus en sterrekundige (* 1749).
- 1827 – Alessandro Volta, Italiaanse fisikus, chemikus, en 'n pionier in die veld van elektrisiteit (* 1745).
- 1953 – Josef Stalin, sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie se sentrale komitee (* 1878).
- 1953 – Sergei Prokofiëf, Russiese komponis (* 1891).
- 1984 – William Powell, Amerikaanse akteur (* 1892).
- 2013 – Hugo Chávez, president van Venezuela (* 1954).
- 2023 – Pedro Filho, Brasiliaanse reeksmoordenaar (* 1954).
- 2023 – Mark Pilgrim, Suid-Afrikaanse mediapersoonlikheid (* 1969).
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 5 March. |