Timor

From Wikipedia, the free encyclopedia

Timormap
Remove ads

Timor (Indonesies: Pulau Timor) is die grootste en mees oostelike van die Klein-Soenda-eilande. Dié eiland word begrens deur die oop Indiese Oseaan in die suidweste, die Savusee in die weste, die Floressee in die noordweste, die Bandasee in die noordooste en die Timorsee in die suidooste. Dit is sedert 2002 tussen die Indonesiese provinsie Oos-Nusa Tenggara in die weste met die hoofstad Koepang en die onafhanklike republiek Oos-Timor met die hoofstad Dili opgedeel. In die noorde van die Indonesiese Wes-Timor is die eksklawe Oecusse van Oos-Timor geleë.[1]

Thumb
Nasa-Satellietbeeld van Timor
Thumb
Politiese kaart van Timor
Kitsfeite Timor Inheemse naam: Pulau Timor, Geografie ...
Remove ads

Timor is in die noordweste van Australië, in die suidweste van Nieu-Guinee, in die suide van die Molukke, in die suidooste van Sulawesi en in die ooste van Java geleë. Timor het 'n bevolking van 3 182 693 in 2014 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 33 777 km².

Timor se naam is afgelei van die Maleise woord timur vir "ooste", aangesien dié eiland aan die oostelike einde van die Maleise argipel geleë is. In teenstelling met die voormalige Nederlandse kolonie Indonesië (sien Nederlands-Indië) was die oostelike deel van Timor tussen 1586 en 1975 'n Portugese kolonie. Ná die uitbreek van die rewolusie in Portugal sou Oos-Timor van Portugal onafhanklik word, maar is deur sy buurland Indonesië beset. Ná die Verenigde Nasies se intervensie en bemiddeling kon Oos-Timor op 20 Mei 2002 onafhanklik word.

Timor se geologie is gekenmerk deur baie aktiewe vulkane wat dié eiland van suidwes na noordoos gevorm het. Timor se vulkane behoort tot die Ring van Vuur wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland tot Chili omsirkel.

Remove ads

Verwysings

Loading content...

Eksterne skakls

Loading content...
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads