Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Java (Balinees en Indonesies: Jawa; Javaans: ꦗꦮ, Soendanees: ᮏᮝ), die wêreld se 13de grootste eiland, beslaan 'n oppervlakte van 138 793,6 km² en word begrens deur die oop Indiese Oseaan in die suide en die Javasee in die noorde. Java is die kleinste, maar mees bevolkte en mees suidelike van die vier Groot Soenda-eilande asook die vyfde grootste eiland van die eilandstaat Indonesië. Dit is in die ooste van Soematra, in die suide van Borneo en in die weste van die Klein-Soenda-eilande geleë. Die Javasee word in die weste deur die Soendastraat en in die ooste deur die Balistraat met die Indiese Oseaan verbind.
Java Inheemse naam: Jawa / ꦗꦮ / ᮏᮝ | |
---|---|
Topografiese kaart van Java | |
Geografie | |
Ligging | Suidoos-Asië |
Koördinate | 7°29′S 110°00′O |
Argipel | Groot Soenda-eilande |
Oppervlakte | 138 793,6 vk km |
Hoogste punt | Berg Semeru 3 676 m |
Administrasie | |
Indonesië | |
Provinsies | Bantam, Djakarta Spesiale hoofstadstreek, Wes-Java, Sentraal-Java, Oos-Java, Jogjakarta Spesiale streek |
Hoofstad | Djakarta |
Grootste stad | Djakarta (8 962 000) |
Demografie | |
Bevolking | 147 795 000 |
Bevolkingsgroepe | Han-Chinese, Javane, Madoerese, Maleiers, Soendanese |
Die wêreld se 13de grootste eiland |
Java is met 'n bevolking van meer as 145 miljoen die mees bevolkte eiland en ook een van die digs bevolkte gebiede ter wêreld. Dit is die kleinste van die vier Groot Soenda-eilande, maar ook die belangrikste een. In Java se noordweste is Djakarta, Indonesië se hoofstad en grootste stad. In Augustus 2019 het die Indonesiese president Joko Widodo die plan aangekondig om die hoofstad van die "sinkende" Djakarta na 'n nuwe stad in die provinsie Oos-Kalimantan op Borneo te verskuif.[1]
Java se naam is moontlik afgelei van die Sanskrit-woord yava vir "gierst", 'n groep soortgelyke, dog verskillende grane wat 'n belangrike stapelvoedsel in Asië vorm.[2]
Java het 'n bevolking van sowat 145 miljoen, van wie die meeste Javane is, gevolg deur verwante etniese groepe soos Maleiers en Soendanese. Java se inheemse en mees gebruikte taal is Javaans,
hoewel dit in Indonesië nie 'n amptelike taal is nie; dit is Indonesies wat veral rondom die hoofstad Djakarta gebesig word. In die weste word veral Soendanees gepraat en in die ooste Madoerees en Balinees. Al dié tale behoort tot die Maleis-Polinesiese tale. Chinees is die moedertaal van die Han-Chinese wat hulle veral in onlangse dekades op Java kom vestig het. Java beskik oor 'n uiters diverse godsdienstige tradisie met Islam, Christendom, Hindoeïsme en Boeddhisme wat al sedert eeue beoefen word, die meerderheid inwoners is egter Moslems.
Java se geologie is gekenmerk deur baie aktiewe vulkane wat dié eiland van wes na oos gevorm het. Net wes van Java is Krakatoa geleë, veral bekend vir sy enorme uitbarsting in 1883. Java se vulkane behoort tot die Ring van Vuur wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland tot Chili omsirkel.
Die Javaanse kat is nie van Java of Indonesië afkomstig nie. Die naam is egter van die feit ontleen, dat dié kat van die Balinese kat (wat ook niks met Bali te doen het nie) afkomstig is en dus is 'n soortgelyke naam aan dié katras gegee. As gevolg van die voortgesette verstedeliking en ontbossing word Java se inheemse dierelewe ernstig bedreig; die Javaanse tier is al uitgestorwe en die Javaanse renoster is ernstig bedreig.
Naam | Gebied | Stad |
---|---|---|
Djakarta (Jabotabek) | 18 924 470 | 8 579 263 |
Bandoeng | 6 492 753 | 1 601 767 |
Surabaya | 4 112 098 | 2 336 843 |
Cirebon | 1 738 348 | 253 986 |
Jogjakarta | 1 611 752 | 703 753 |
Semarang | 1 583 573 | 1 283 279 |
Tegal | 1 263 997 | 237 415 |
Soerakarta | 1 240 955 | 563 208 |
Malang | 1 038 247 | 755 371 |
Provinsie of besondere streek | Hoofstad | Oppervlakte (km²) |
Oppervlakte (%) |
Bevolking (2000-sensus)[3] |
Bevolking (2010-sensus)[3] |
Bevolking (2015-sensus, voorlopig)[3] |
Bevolkings- digtheid (2015) |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Banten | Serang | 9 662,92 | 7,1 | 8 098 277 | 10 632 166 | 11 934 373 | 1 235 |
Djakarta | – | 664,01 | 0,5 | 8 361 079 | 9 607 787 | 10 154 134 | 15 292 |
Wes-Java | Bandoeng | 35 377,76 | 27,1 | 35 724 093 | 43 053 732 | 46 668 224 | 1 319 |
Westelike Java-streek (drie gebiede bo) |
45 704,69 | 34,7 | 52 183 449 | 63 293 685 | 68 756 731 | 1 504 | |
Sentraal-Java | Semarang | 32 800,69 | 25,3 | 31 223 258 | 32 382 657 | 33 753 023 | 1 029 |
Jogjakarta | Jogjakarta | 3 133,15 | 2,4 | 3 121 045 | 3 457 491 | 3 675 768 | 1 173 |
Sentrale Java-streek (twee gebiede bo) |
35 933,84 | 27,7 | 34 344 303 | 35 840 148 | 37 428 791 | 1 041 | |
Oos-Java | Surabaya | 47 799,75 | 37,3 | 34 765 993 | 37 476 757 | 38 828 061 | 812 |
Java-streek | Djakarta | 129 438,28 | 100% | 121 293 745 | 136 610 590 | 145 013 583 | 1 120 |
|
– | 5 025,30 | 3,3 | 3 230 300 | 3 622 763 | 3 724 545 | 741 |
|
– | 124 412,98 | 96,7 | 118 063 445 | 132 987 827 | 141 300 000 | 1 136 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.