Floressee

From Wikipedia, the free encyclopedia

Floresseemap

Die Floressee (Indonesies: Laut Flores) is 'n see aan die weste van die Stille Oseaan in Suidoos-Asië. Dit lê tussen Sulawesi in die noorde en die Klein-Soenda-eilande in die suide net suid van die ewenaar. Die Floressee grens aan die Indiese Oseaan in die suidweste, die Javasee in die weste, die Bandasee in die ooste en die Timorsee in die suidooste.

Thumb
Ligging van die Floressee
Floressee
Thumb
Sononder oor die Floressee in Indonesië
Koördinate:7°S 120°O
Ligging:Indonesië
Soort:See van die Stille Oseaan
Oppervlakte:240 000 km² (93 000 myl²)
Gemiddelde diepte:500 m (1 650 vt)
Maksimum diepte:5 140 m (16 860 vt)
Eiland/e:Sulawesi, Klein-Soenda-eilande

Die see het 'n oppervlakte van sowat 240 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 500 m.[1] Die Balisee behoort volgens algemene siening tot die Floressee.

Die hele kus van die Floressee behoort aan die eilandnasie Indonesië.

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.