From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Swartland is 'n graan- en wynstreek in die Suidwes-Kaap en ook die naam van 'n plaaslike munisipaliteit met die hoofdorp Malmesbury asook Moorreesburg, Darling en die Riebeek-Vallei. Die huidige bevolking is ongeveer 80 000. Dit is kort na sy aankoms aan die Kaap deur Jan van Riebeeck "Het Zwarte Land" genoem, 'n verwysing na die swarterige kleur van die plantegroei in die gebied.[1]
| |||
![]() | |||
Provinsie | Wes-Kaap | ||
Distriksmunisipaliteit | Weskus | ||
Tipe | Plaaslike Munisipaliteit | ||
Munisipale kode | WC015 | ||
Burgemeester | Harold Cleophas (DA) | ||
Hoofstad | Malmesbury | ||
Grootste tale | Afrikaans, Xhosa, Engels | ||
Area | 3 707 km² | ||
Bevolking | 113,762 (2011) |
Die naam is ook gegee aan 'n munisipaliteit wat ingevolge die nuwe munisipale bedeling van 2000 tot stand gekom het en waarvan Malmesbury die hoofdorp is.
Nedersettings in die munisipaliteit:
Malmesbury is die administratiewe sentrum van die munisipaliteit en vervul 'n belangrike stedelike rol in die streek en die provinsie. Sy hoë ontwikkelingspotensiaal kan toegeskryf word aan faktore soos sy relatiewe toeganklikheid langs die N7-pad- en spoorkorridor; nabyheid aan Kaapstad; gediversifiseerde ekonomiese basis, wat nie slegs landbou akkommodeer nie, maar ook goed-ontwikkelde industriële en kommersiële sektore met ondersteunende infrastruktuur. Malmesbury is die tuiste van 'n aantal groot maatskappye, sowel as streekkantore van provinsiale en nasionale staatsdepartemente.
In 2016 was die hoofbydraers tot die streeks-BBP: Vervaardiging (R1 689,0 miljoen of 22,9%), groot- en kleinhandel, spyseniering en verblyf (R1 289,2 miljoen of 17,5%), landbou, bosbou en visvang (R1 173,4 miljoen of 15,9%) en algemene regering (R851,0 miljoen of 11,5%).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.