From Wikipedia, the free encyclopedia
Cederberg is 'n munisipaliteit in die Wes-Kaap binne die distriksgebied van die Weskus. Dit word begrens deur Matzikama in die Noorde en Bergrivier-munisipaliteit in die Suide. Die naam Cederberg, 'n samesmelting van die oorspronklike Afrikaanse naam Sederberg en die Engelse Cedarberg, is tans die amptelike en algemeen aanvaarde spelling .
| |||
Provinsie | Wes-Kaap | ||
Distriksmunisipaliteit | Weskus | ||
Tipe | Plaaslike Munisipaliteit | ||
Munisipale kode | WC012 | ||
Hoofstad | Clanwilliam | ||
Grootste tale | Afrikaans, Xhosa, Suid-Sotho, Engels | ||
Area | 8 007 km² | ||
Bevolking | 49,768 (2011) |
Van die vernaamste dorpe in die munisipale gebied, is Citrusdal en Clanwilliam in die Olifantsriviervallei, Elandsbaai en Lambertsbaai aan die Weskus, asook Graafwater. Elk van die dorpe het 'n polisiestasie, die enigste vyf in die munisipale gebied wat sowat 72 338 km² beslaan, ietwat kleiner as Puerto Rico, maar groter as Brunei.
Volgens die sensus van 2011 was die bevolking van Cederberg 49,768.[1] Die aandeel van die vier rassegroepe was bruin: 372 651, wit: 52 swart: 62 308 en Indiër: 171. Mense van elders kom vestig hulle veral op Clanwilliam en Citrusdal; die swart bevolking neem redelik vinnig toe, iets wat in die onlangse verlede tot spanning tussen bruin en swart inwoners gelei het.
Die meeste mense praat Afrikaans (42 491), gevolg deur Xhosa (22 385), Sotho (12 200) en Engels (888), hoewel die Xhosasprekendes vinnig toeneem.
Daar is 24 skole in die munisipale gebied. Clanwilliam en Citrusdal het elk twee hoërskole, terwyl daar ook 'n hoërskool op Graafwater is. Daar is ook heelwat klein, landelike laerskole wat hoofsaaklik deur die kerke bedryf word, of vroeër bedryf is.
Die gebied word deur twee gemeenskapskoerante bedien, Ons Kontrei van Vredendal en die Swartland en Weskus Herald, wat 'n spesiale Olifantsrivier-uitgawe publiseer vir die munisipale gebiede Matzikama en Cederberg en 'n kantoor het op Vredendal. Radio Namakwaland saai vanaf Vredendal ook na dié gebied uit.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.