Graafwater

From Wikipedia, the free encyclopedia

Graafwatermap

Graafwater is 'n dorp in die Wes-Kaap in Suid-Afrika, 30 km wes van Clanwilliam. Die dorp is in die Sandveld geleë en die R364-streekroete gaan deur die dorp.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Graafwater
Dorpie
Thumb
Thumb
Graafwater
 Graafwater se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 32°9′S 18°36′O
Land Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikWeskus
MunisipaliteitCederberg
Stigting1920
Oppervlak
  Totaal1,88 km2 (0,73 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal2 261
  Digtheid1 203/km2 (3 120/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense14.2%
  Indiërs/Asiërs0.2%
  Bruin mense83.1%
  Swart mense2.3%
  Ander0.1%
Taal (2011)
  Afrikaans97.4%
  Engels1.2%
  Ander1.5%
Poskode (strate)
8120
Poskode (posbusse)
8120
Skakelkode027
Sluit

Geskiedenis

Die spoorlyn van Kaapstad noord na Bitterfontein het hierdie gebied in 1910 bereik. Die dorp is in 1920 gestig en het in 1957 'n onafhanklike gemeente van die NG Kerk geword. Die naam is moontlik afgelei van die gewoonte om in die droë rivierbedding vir water te grawe.

Distrik

Die dorpie is vandag 'n belangrike handelsentrum vir die gebied tussen Clanwilliam en Lambertsbaai. Die Heerenlogement is 25 km noord van Graafwater.

Wapen

Graafwater se dorpsraad het in 1998 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In rooi, 'n goue deurlopende ingeboe punt belaai met 'n rooi toring, tussen regs, 'n vlies en links 'n koringgerf, albei goud Die helmteken was 'n graaf en 'n heraldiese fontein, en die wapenspreuk "Semper crescendo".[2]

Sien ook

Verwysings

Bronne

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.