From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Oos-Afrika-veldtog (Duits: Erster Weltkrieg in Ostafrika, Engels: East African Campaign) was 'n reeks veldslae en guerilla-aksies wat in Duits-Oos-Afrika begin en versprei het na dele van Mosambiek, Noord-Rhodesië, Brits-Oos-Afrika, Uganda en Belgies-Kongo. Die veldtog is effektief in November 1917 beëindig.[8] Die Duitsers het Portugees-Oos-Afrika binnegeval en die veldtog voortgesit deur van Portugese voorrade te leef.
Oos-Afrika-veldtog | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Eerste Wêreldoorlog in Afrika | |||||||||
Kaart van die Oos-Afrika-veldtog | |||||||||
| |||||||||
Strydende partye | |||||||||
Britse Ryk | Duitse Keiserryk
| ||||||||
Aanvoerders | |||||||||
Jan Christian Smuts Jacob van Deventer Charles Tombeur José César Ferreira Gil |
Paul von Lettow-Vorbeck | ||||||||
Sterkte | |||||||||
Aanvanklik 2 bataljonne.[1] Gemiddelde sterkte tussen 12 000 en 20 000 Totaal: 250 000[2][3] |
Aanvanklik 220 Europeërs en 2 500 inheemse[4] Hoogste sterkte 3 000 Duitsers en 15 000 inheemse soldate.[5] | ||||||||
Ongevalle en verliese | |||||||||
10 000 Britse gesneuweldes[6] | 2 000 Duitse gesneuweldes 115 Europeërs en 1 168 inheemse oorgegee.[5] | ||||||||
365 000 siviele dood en die oorlog het ca. £12 miljard teen 2007-pryse gekos.[7] |
Tydens die veldtog het hoofsaaklik die Duitse magte van Oos-Afrika aan die een kant teen troepe van België, die Britse Ryk en Portugal op die ander kant geveg. Die meerderheid van die deelnemers aan albei kante was Swartes wat as koloniale soldate onder die bevel van die Europese offisiere teen mekaar geveg het of as draer vir die voorrade gebruik is. Tydelik is ook talle wit Suid-Afrikaners en soldate van die Brits-Indiese weermag gebruik.
Die strategie van die Duitse koloniale troepe, wat deur Luitenant-generaal (later Generaal-majoor) Paul von Lettow-Vorbeck gelei is, was om magte van die Wes-Front na Afrika te lok. Sy strategie het na 1916 misluk om hierdie resultate te bereik, nadat hoofsaaklik Indiese en Suid-Afrikaanse magte, wat deur die koloniale beleid verhinder is om in Europa te ontplooi, die res van die veldtog laat voortgaan.[9][10] Desondanks het die Duitsers vir die hele Eerste Wêreldoorlog geveg, totdat hulle die wapenstilstand op 14 November om 07:30 vermeem het. Albei kante het vir 'n bevestiging gewag, en die Duitsers het amptelik oorgegee op 25 November. Duits-Oos-Afrika is uiteindelik in twee Volkebond-klas-B-mandate verdeel, naamlik die Britse Tanganjika-gebied en die Belgiese Rwanda-Urundi, terwyl die Kionga-driehoek deel van Portugees-Oos-Afrika geword het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.