Namibiese Onafhanklikheidsoorlog

From Wikipedia, the free encyclopedia

Namibiese Onafhanklikheidsoorlog

Die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog, wat van 1966 tot 1990 geduur het, was 'n guerrilla-oorlog wat die nasionalistiese Suidwes-Afrikaanse Volks-Organisasie en andere teen die Suid-Afrikaanse apartheidsregering geveg het. Dit was nou verweef met die Suid-Afrikaanse Grensoorlog.

Kitsfeite Datum, Ligging ...
Namibiese Onafhanklikheidsoorlog
Deel van die Koue Oorlog en die Suid-Afrikaanse Grensoorlog
Thumb
Operasies tydens die Suid-Afrikaanse Grensoorlog en die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog
Datum 26 Augustus 196621 Maart 1990
Ligging Suidwes-Afrika (Namibië)
Resultaat Strategiese SWAPO oorwinning
  • Onttrekking van die Suid-Afrikaanse Weermag
  • Verkiesings onder algemene stemreg gehou
  • SWAPO-regering neem mag oor in Windhoek.
Gebieds-
veranderinge
Suidwes-Afrika word as Namibië van Suid-Afrika onafhanklik
Strydende partye
Anti-Kommunistiese kragte:

 Suid-Afrika


Ondersteun deur:
UNITA[1]

Nasionalistiese kragte van Afrika:

PLAN (SWAPO)
SWANU


Militêre ondersteuning:


Materiële ondersteuning:

Aanvoerders
Gerrit Viljoen
Willie van Niekerk
Louis Pienaar
John Vorster
P.W. Botha
Cornelius Njoba
Peter Kalangula
Jonas Savimbi
Sam Nujoma
Andimba Toivo ya Toivo
Dimo Hamaambo
Julius Mnyika
Peter Mweshihange
Sterkte
~71 000 (1989)[1][16]

 Suid-Afrika:
30 743 SAW-soldate
10 000 andere
Suidwes-Afrika:
22 000 SWATF-soldate
8 300 SWAPOL-polisie

1989:[17]

32 000 guerrillas

Ongevalle en verliese
2 038[18] – 2 500[19] 11 335[20]
Sluit

Suid-Afrika het geadministreer wat destyds nog bekend gestaan het as Suidwes-Afrika, sedert dit die Duitse gebied tydens die Eerste Wêreldoorlog verower het en aansluitend 'n Volkebondmandaat gekry het om die gebied te administreer. In 1966 het die Verenigde Nasies se algemene Vergadering, die opvolger van die Volkebond, Suid-Afrika se mandaat om Suidwes-Afrika te regeer ingetrek en verklaar dat dit onder direkte VN-administrasie sal wees. Suid-Afrika het geweier om hierdie besluit te erken en het voortgegaan om die gebied de facto te administreer.[21]

Op 26 Augustus 1966 het guerillamagte van die SWAPO met 'n aanval teen die Suid-Afrikaanse Weermag in Omugulugwombashe begin. Dit was die eerste gewapende geveg tydens die Namibiese stryd vir onafhanklikheid.[22] In herdenking van die dag, is die 26 Augustus 'n openbare vakansiedag in Namibië. Dit is deur die Verenigde Nasies erken as Namibië Dag,[23] maar Namibiërs verwys daarna as Heldedag.

Die oorlog is beëindig met die New York-ooreenkoms op 22 Desember 1988, wat ook direkte betrokkenheid van buitelandse troepe in die Angolese burgeroorlog beëindig het. Namibië verkry onafhanklikheid op 21 Maart 1990 en in die volgende verkiesing wen SWAPO 55 van die 72 setels in die Nasionale Vergadering van Namibië, sodat hulle 'n nasionale regering kon vorm.[24]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.