Geers was die seun van Adrianus Geers (gebore 1851) en Catharina Johanna Voorloop.[1] Geers het sy opleiding in sy vaderland ontvang en na Suid-Afrika gekom in 1894 in diens van die NZASM, by wie hy tot 1899 in Pretoria gewerk het. Ná die Tweede Vryheidsoorlog het hy sy werk in die staatsdiens voortgesit en gewerk as boutekenaar by die departement van openbare werke van 1902 tot Oktober 1930. Van 1931 tot omstreeks 1934 het hy in die argitektuurafdeling van die Transvaalse provinsiale administrasie gewerk. In 1932 is hy as lisensiaatlid tot die Koninklike Instituut van Britse Argitekte toegelaat.
Twee jaar later verlaat hy die staatsdiens en om in vennootskap met sy seun, Geurt, te werk. Ná dié se dood in 1945 het die firma Geers sy werksaamhede voortgesit. Die vennootskap was verantwoordelik vir talle NG kerke en minstens twee Gerformeerde kerke, onder meer dié van Benoni, wat in 1991 gesloop is. Hulle invloed op Afrikaanse Protestantse kerkbou het bly voortleef in die werk van Hendrik Vermooten, wat indiensopleiding by die vennootskap gekry het en as junior vennoot in die Pretoriase kantoor werksaam was tot Geurt se dood.
Leendert Geers is in 1957 in sy huis in Mowbrayweg, Greenside, Johannesburg, oorlede.
Op die hoeksteen van die NG gemeente Brixton se kerk is met die afstigting van Johannesburg-Wes op 1 Mei1944 bewoording aangebring om aan te dui dit was van toe af die dogtergemeente se kerk.
Geers het die toring van die NG gemeente Cottesloe se kerkgebou ontwerp, wat sowat 19 jaar ná die res van die kerkgebou opgerig is.
Ds. J.P. Roux het die gedenksteen by die ingebruikneming van die kerktoring en herstelde kerk van die NG gemeente Cottesloe op 1 November1947 onthul.
Die kerkgebou van die NG gemeente Boksburg-Noord, ook bekend as "die Voortrekkerkerk op die Pad van Suid-Afrika". Ds. G.J.J. Boshoff het die hoeksteen op 8 Desember1938 gelê.
Ds. Abraham Ras het die hoeksteen van die Hervormde kerk Vereeniging op 15 Augustus1942 gelê.
Ds. William Nicol het die hoeksteen van die NG gemeente Pietpotgietersrust se kerkgebou op 3 Augustus1940 gelê.
Die NG kerk Pinetown se hoeksteen is gelê deur ds. J.G. Odendaal met die kerk se inwyding op 29 November1958. Dit is ontwerp deur die firma Geers, Koelewyn & Moors en die bouaannemer was Dirker Brs. (Edms.) Bpk.
Die NG kerk Hobhouse, ontwerp deur die firma Geers, Koelewyn en Moors. Ds. J.H. van Wyk het die hoeksteen op 1 Desember1956 gelê. Die bouaannemer wa P.R. de Jager.
Die Hervormde kerk Witbank, vooraansig.
Syaansig van die Hervormde kerk Witbank.
Binneruim van die Hervormde kerk Witbank.
Die liturgiese ruimte van die Hervormde kerk Witbank.
Ds. N.J.Z. Booysen het die hoeksteen van die kerkgebou van die Hervormde gemeente Witbank, gestig op 16 April1927 en intussen ontbind, op 8 April1944 gelê.
Die kerkgebou van die NG gemeente Biesiesvlei. Ds. G.H. Oosthuizen het die hoeksteen op 7 Mei1949 gelê, 'n week voor Geurt Geers sy 40ste verjaardag sou gevier het.
Die NG kerk Ermelo is in 1945 ingewy en een van die laaste kerke wat Geurt en Leendert Geers saam ontwerp het.
Die NG kerk Sabie, ingewy op 4 November1950. Die hoeksteen is op 4 Maart daardie jaar gelê.
Die NH kerk Standerton. Ds. F.J. van Zyl het die hoeksteen op 20 April1946 gelê.
Ds. J.P.H. Steyn het die hoeksteen van die NG kerk Petrus Steyn op 23 Mei1946 gelê; daarom is dit moontlik dat Geurt Geers ook daaraan kon gewerk het. Hy is in Februarie die jaar vantevore oorlede. Die gebou is einde 1947 ingewy.
Die ou NG kerk Ontdekkers, nou die tuiste van Mount Carmel Ministries. Ds. M. Krüger het die hoeksteen op 7 Augustus1954 gelê. Die bouaannemer was G.S. van der Plaats.