Die Kaappunt-vuurtoring is een van twee vuurtorings by Kaappunt in die Kaap van Goeie Hoop-natuurreservaat op die suidelike punt van die Kaapse Skiereiland. Die eerste toring by Kaappunt is op 1 Mei 1860 816 meter bo die see opgerig. Dit was egter te hoog en gereeld in die mis, waar dit nie gesien kon word nie. 'n Nuwe toring is toe 286 meter bo die see opgerig. Die hoeksteen van die nuwe toring is op 25 April 1914 gelê, maar dit eers ná die Eerste Wêreldoorlog voltooi en in gebruik geneem.

Thumb
Die nuutste Kaappunt-vuurtoring

Die toring se lamp is teen sonsondergang op 11 Maart 1919 deur 'n drie jaar oue meisie, Thurl Cooper, dogter van die vuurtoring-ingenieur H.C. Cooper, aangesteek.[1]

Die nuwe Kaappunt-vuurtoring is die kragtigste in Suid-Afrika. Dit flits drie keer elke dertig sekondes.[2]

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.