From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Richardsbaai-vuurtoring is geleë op 'n steil oewer naby Meer en See, 3 km noordoos van Richardsbaai.[1] Dit is in 1979 in gebruik geneem. Die vuurtoring is uniek aan die Suid-Afrikaanse kus vanweë sy buitengewone ontwerp. Dit is 'n 8 m hoë, vierkantige betontoring wat 'n 3 m hoë, ronde gedeelte ondersteun. Toegang tot die bokant van die toring is deur middel van 'n leer in die vierkantige deel. [2] Die toring is wit geverf, met 'n fokale vlak van 72 m bo seevlak, en lewer drie wit flitse elke 15 sekondes.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.