FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 (Duits: FIFA-Konföderationen-Pokal 2005; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 15 tot 29 Junie 2005 in Duitsland aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 gedien. Dit was die vyfde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

FIFA-Konföderationen-Pokal 2005 | |
---|---|
![]() | |
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Duitsland |
Datums | 15 – 29 Junie |
Spanne | 8 (van 6 konfederasies) |
Stadions | 5 (in 5 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Brasilië (2 titels) |
Tweede plek | Argentinië |
Derde plek | Duitsland |
Vierde plek | Meksiko |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 16 |
Doele | 56 (3.5 per wedstryd) |
Bywoning | 603 106 (37 694 per wedstryd) |
Meeste punte | Adriano (5 doele) |
Beste speler | Adriano |
← 2003 2009 → |
Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle Argentinië in die eindstryd met 4–1 geklop het. Die gasheer Duitsland het in die derde en Meksiko in die vierde plek geëindig.
Stadions
Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Hannover | FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 (Duitsland) |
Leipzig |
---|---|---|
AWD-Arena (FIFA-wêreldbekerstadion, Hannover) |
Zentralstadion | |
52°21′36.1″N 9°43′52.4″O | 51°20′44.8″N 12°20′53.8″O | |
Kapasiteit: 44 700 | Kapasiteit: 44 400 | |
![]() | ||
Keulen | Frankfurt am Main | Neurenberg |
RheinEnergieStadion (FIFA-wêreldbekerstadion, Keulen) |
Waldstadion | EasyCredit-Stadion (Frankenstadion) |
50°56′0.4″N 6°52′30.5″O | 50°4′6.8″N 8°38′43.5″O | 49°25′34.5″N 11°7′32.5″O |
Kapasiteit: 40 600 | Kapasiteit: 43 400 | Kapasiteit: 42 200 |
![]() |
![]() |
Deelnemende spanne
Span | Konfederasie | Kwalifisering | Deelname |
---|---|---|---|
![]() |
UEFA | Gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 | 2de |
![]() |
CONMEBOL | Wenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 | 5de |
![]() |
CONCACAF | Wenner van die CONCACAF Goue-beker in 2003 | 5de |
![]() |
CAF | Wenner van die Afrikanasiesbeker in 2004 | 1ste |
![]() |
UEFA | Wenner van die UEFA Europa-beker in 2004 | 1ste |
![]() |
CONMEBOL | Naaswenner van die Copa América-beker in 2004 | 3de |
![]() |
AFC | Wenner van die AFC Asië-beker in 2004 | 4de |
![]() |
OFC | Wenner van die OFC Nasiebeker in 2004 | 3de |
Formaat
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 is oor 15 dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 15 Junie 2005 op die FIFA-stadion in Keulen met ’n wedstryd tussen Argentinië en Tunisië afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Waldstadion in Frankfurt am Main op 29 Junie met die eindstryd tussen Brasilië en Argentinië, waartydens Brasilië die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997, 1999, 2001 en 2003 ingespan.
Kalender
Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.
|
|
Groepfase
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 1 November 2004 in Frankfurt am Main gehou.
Groepfase
Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A

Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
3 | 2 | 1 | 0 | 9 | 5 | +4 | 7 |
![]() |
3 | 2 | 1 | 0 | 8 | 5 | +3 | 7 |
![]() |
3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 5 | –2 | 3 |
![]() |
3 | 0 | 0 | 3 | 5 | 10 | –5 | 0 |
15 Junie 2005 18:00 MEST | ||||
![]() |
2–1 | ![]() |
FIFA-wêreldbekerstadion, Keulen Toeskouers: 28 033 Skeidsregter: Roberto Rosetti (Italië) | |
Riquelme ![]() Saviola ![]() |
Verslag | ![]() |
15 Junie 2005 21:00 MEST | ||||
![]() |
4–3 | ![]() |
Waldstadion, Frankfurt am Main Toeskouers: 46 466 Skeidsregter: Carlos Amarilla (Paraguay) | |
Kurányi ![]() Mertesacker ![]() Ballack ![]() Podolski ![]() |
Verslag | ![]() ![]() ![]() |
18 Junie 2005 18:00 MEST | ||||
![]() |
0–3 | ![]() |
FIFA-wêreldbekerstadion, Keulen Toeskouers: 44 377 Skeidsregter: Peter Prendergast (Jamaika) | |
Verslag | ![]() ![]() ![]() |
18 Junie 2005 20:45 MEST | ||||
![]() |
2–4 | ![]() |
Frankenstadion, Neurenberg Toeskouers: 25 618 Skeidsregter: Shamsul Maidin (Singapoer) | |
Aloisi ![]() ![]() |
Verslag | ![]() ![]() ![]() ![]() |
21 Junie 2005 20:45 MEST | ||||
![]() |
0–2 | ![]() |
Zentralstadion, Leipzig Toeskouers: 23 952 Skeidsregter: Carlos Chandía (Chili) | |
Verslag | ![]() ![]() |
21 Junie 2005 20:45 MEST | ||||
![]() |
2–2 | ![]() |
Frankenstadion, Neurenberg Toeskouers: 42 088 Skeidsregter: Ľuboš Micheľ (Slowakye) | |
Riquelme ![]() Cambiasso ![]() |
Verslag | ![]() ![]() |
Groep B
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
3 | 2 | 1 | 0 | 3 | 1 | +2 | 7 |
![]() |
3 | 1 | 1 | 1 | 5 | 3 | +2 | 4 |
![]() |
3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 4 | 0 | 4 |
![]() |
3 | 0 | 1 | 2 | 0 | 4 | –4 | 1 |
16 Junie 2005 18:00 MEST | ||||
![]() |
1–2 | ![]() |
FIFA-wêreldbekerstadion, Hannover Toeskouers: 24 036 Skeidsregter: Matthew Breeze (Australië) | |
Yanagisawa ![]() |
Verslag | ![]() ![]() |
16 Junie 2005 20:45 MEST | ||||
![]() |
3–0 | ![]() |
Zentralstadion, Leipzig Toeskouers: 42 507 Skeidsregter: Ľuboš Micheľ (Slowakye) | |
Adriano ![]() Robinho ![]() Juninho ![]() |
Verslag |
19 Junie 2005 18:00 MEST | ||||
![]() |
0–1 | ![]() |
Waldstadion, Frankfurt am Main Toeskouers: 34 314 Skeidsregter: Herbert Fandel (Duitsland) | |
Verslag | ![]() |
19 Junie 2005 20:45 MEST | ||||
![]() |
1–0 | ![]() |
FIFA-wêreldbekerstadion, Hannover Toeskouers: 43 677 Skeidsregter: Roberto Rosetti (Italië) | |
Borgetti ![]() |
Verslag |
22 Junie 2005 20:45 MEST | ||||
![]() |
0–0 | ![]() |
Waldstadion, Frankfurt am Main Toeskouers: 31 285 Skeidsregter: Carlos Amarilla (Paraguay) | |
Verslag |
22 Junie 2005 20:45 MEST | ||||
![]() |
2–2 | ![]() |
FIFA-wêreldbekerstadion, Keulen Toeskouers: 44 922 Skeidsregter: Mourad Daami (Tunisië) | |
Nakamura ![]() Oguro ![]() |
Verslag | ![]() ![]() |
Uitklopfase
Halfeindrondte | Eindrondte | ||||||
25 Junie – Neurenberg | |||||||
![]() |
2 | ||||||
![]() |
3 | ||||||
29 Junie – Frankfurt am Main | |||||||
![]() |
4 | ||||||
![]() |
1 | ||||||
Derde plek | |||||||
26 Junie – Hannover | 29 Junie – Leipzig | ||||||
![]() |
1 (5) |
![]() |
4 | ||||
![]() |
1 (6) |
![]() |
3 |
Halfeindrondte
25 Junie 2005 18:00 MEST | ||||
![]() |
2–3 | ![]() |
Frankenstadion, Neurenberg Toeskouers: 42 187 Skeidsregter: Carlos Chandía (Chili) | |
Podolski ![]() Ballack ![]() |
Verslag | ![]() ![]() ![]() |
26 Junie 2005 18:00 MEST | ||||
![]() |
1–1 (e.t.) | ![]() |
FIFA-wêreldbekerstadion, Hannover Toeskouers: 40 718 Skeidsregter: Roberto Rosetti (Italië) | |
Salcido ![]() Strafskoppe Pérez ![]() Pardo ![]() Borgetti ![]() Salcido ![]() Pineda ![]() Osorio ![]() |
Verslag Strafskoppe 5–6 |
![]() Strafskoppe ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Klein finale (om die derde plek)
29 Junie 2005 18:00 MEST | ||||
![]() |
4–3 (e.t.) | ![]() |
Zentralstadion, Leipzig Toeskouers: 43 335 Skeidsregter: Matthew Breeze (Australië) | |
Podolski ![]() Schweinsteiger ![]() Huth ![]() Ballack ![]() |
Verslag | ![]() ![]() ![]() |
Eindstryd
29 Junie 2005 20:45 MEST | ||||
![]() |
4–1 | ![]() |
Waldstadion, Frankfurt am Main Toeskouers: 45 591 Skeidsregter: Ľuboš Micheľ (Slowakye) | |
Adriano ![]() ![]() Kaká ![]() Ronaldinho ![]() |
Verslag | ![]() |
Sokker-Konfederasiebekerkampioen 2005 |
---|
![]() |
FIFA se terugwerkende ranglys
In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[1] Die ranglys vir die 2005-toernooi is soos gevolg:

Kampioen
Tweede plek
Derde plek
Vierde plek
Kwarteindrondte
Groepfase
Geen deelname
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | ![]() | B | 5 | 3 | 1 | 1 | 12 | 6 | +6 | 10 |
2 | ![]() | A | 5 | 2 | 2 | 1 | 10 | 10 | ±0 | 8 |
3 | ![]() | A | 5 | 3 | 1 | 1 | 15 | 11 | +4 | 10 |
4 | ![]() | B | 5 | 2 | 2 | 1 | 7 | 6 | +1 | 8 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
5 | ![]() | B | 3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 4 | ±0 | 4 |
6 | ![]() | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 5 | –2 | 3 |
7 | ![]() | B | 3 | 0 | 1 | 2 | 0 | 4 | −4 | 1 |
8 | ![]() | A | 3 | 0 | 0 | 3 | 5 | 10 | −5 | 0 |
Meeste doele aangeteken
Meeste doele aangeteken:
|
|
![]() |
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.