Boom inheems aan Meksiko From Wikipedia, the free encyclopedia
Die avokado (Persea americana) is 'n boom inheems aan Meksiko en Sentraal-Amerika,[1] en behoort tot die familie Lauraceae in die klas bedeksadiges, saam met kaneel, kamfer en lourier.
Avokado | |
---|---|
Avokadovrugte en -blare, Réunion | |
Ryp avokadopeer en dwarssnit | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | Magnoliids |
Orde: | Laurales |
Familie: | |
Genus: | Persea |
Spesie: | P. americana |
Binomiale naam | |
Persea americana Mill. | |
Sinonieme | |
Persea gratissima |
Avokado, rou Voedingswaarde per 100 g | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Energie 160 kcal 670 kJ | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Link to USDA Database entry Persentasies is relatief tot VSA aanbevelings vir volwassenes. Bron: USDA Voedingstof-databasis |
'n Avokadopeer is 'n vrug met 'n groen skil en vlesige lyf wat peervormig, eiervormig, of rond kan wees. Dit is afkomstig van 'n tropiese plant bekend as 'n avokadoboom (Persea americana). Teen die tyd dat die avokadopeer ryp geword het, het die skil waarskynlik na donkerbruin of selfs swart verkleur.
Land | Produksie (ton) |
---|---|
Meksiko | 2 390 000 |
Kolombië | 880 000 |
Dominikaanse Republiek | 680 000 |
Peru | 660 000 |
Indonesië | 610 000 |
Kenia | 320 000 |
Brasilië | 270 000 |
Suid-Afrika (18de) | 90 200 |
Wêreld | 8 060 000 |
Bron: FAOSTAT van die Verenigde Nasies[2]
Sover bekend is avokado's die rykste bron van fitosterole in vrugte.[3] Fitosterole is natuurlike plantverbindings in die triterpeenfamilie wat struktureel met cholesterol vergelykbaar is, en bekend is vir cholesterolverlagende, anti-inflammatoriese en antioksidante eienskappe, benewens voordele vir die immuunstelsel.[4] Avokado's bevat ongeveer 26 mg fitosterole per 30 g, of 57 mg per halwe vrug.[5] Fitosterole is vetoplosbare stowwe wat feitlik afwesig is in ander vrugte wat tipies min plantvette bevat, maar is wel algemeen aanwesig in verskillende neute en sade, byvoorbeeld sesam-, vlas-, pampoen- en sonneblomsaad, benewens pistagio, tahini, amandels en amandelbotter.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.