Suid-Afrikaanse aktrise From Wikipedia, the free encyclopedia
Antoinette Louw (gebore 9 Mei 1975, Pretoria), is ʼn Suid-Afrikaanse aktrise. Louw is die dogter van Dap en Anet Louw, albei professors in Sielkunde en saam het die egpaar al verskeie Sielkunde handboeke vir Suid-Afrikaanse universiteite geskryf. Louw se broer, Dap, is ʼn jaar jonger as sy en ʼn dokter in urologie. Louw het in Potchefstroom, Vanderbijlpark en Bloemfontein gewoon en het ook in die Verenigde State van Amerika skoolgegaan, waar haar pa navorsing gedoen het en by verskeie universiteite onderrig het. In 1991 het die gesin na Bloemfontein getrek en Louw het matrikuleer aan Hoërskool Sentraal. Sy het BA Drama studeer aan die Universiteit van die Vrystaat en het haar graad (cum laude) in 1996 ontvang. In haar finale jaar op universiteit het Louw die verhoogproduksie, The Woman Who Cooked her Husband, vervaardig en die regie daarvan hanteer, die produksie het ook ʼn uitnodiging ontvang om in Londen by die Courtyard Teater te gaan opvoer. Gedurende haar studies het Louw verskeie toekennings gewen, onder andere die André du Plessie-toekenning as beste tweede jaar-student, die Suid-Afrikaanse Teater Joernaal-toekenning vir die beste derde jaar-student, die Elsa Krantz-toekenning vir die beste dramastudent van 1994 – 1996, die universiteit se meriete beurs vir Kuns en Kultuur en sy het ook erekleure ontvang vir Kuns en Kultuur toegeken deur die universiteit.
Antoinette Louw | |
Geboorte | 9 Mei 1975 |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Na ʼn paar maande in Londen, het Louw teruggekeer na Suid-Afrika waar sy film en toneel begin studeer het aan AFDA (South African School of Film and Dramatic Arts), onder leiding van Deon Opperman. Louw het die hoofrol in die M-Net kort film, Skidmarks, gekry en was deur AFDA en M-Net toeken met pryse vir haar rol as Stacey.
Na haar studies aan AFDA, het Louw vir ʼn jaar in Malta gaan woon en haar gedistansieer van die vermaaklikheidsbedryf. Aan die einde van die jaar van afsondering, het sy teruggekeer na Johannesburg en weer begin toneel speel en skryf. Louw het die rol van Inge van Schalkwyk in die SABC 2-sepie, 7de Laan, gekry. Na twee jaar by die sepie, het sy teruggekeer na teater en het die rol vertolk van Anna in die verhoogproduksie, Dis ek, Anna, wat ʼn verwerking is van die boek, Dis ek, Anna. In 2012 het die skrywer Deon Meyer haar genader om die hoofrol te vertolk in die film, Die Laaste Tango, waarvoor sy ʼn SAFTA-toekenning gewen het vir haar rol as Ella Winter. Hierna het verskeie ander televisie en filmrolle gevolg, onder ander: ʼn Man Soos My Pa (2015), Foto (2015), Nul Is Nie Niks Nie (2017), Voor Ek Val (2017), Swartwater (2017 – 2018), en Sew the Winter to My Skin (2018).
In 2016 het sy haar eerste rol in hoofrol in ʼn internasionale film gekry, An Act of Defiance – the Story of Bram Fischer, as die karakter Molly Fischer. In 2014 het Louw die eerste Suid-Afrikaanse aktrise geword om ʼn Golden Horn-toekenning te wen.
Louw het ook verskeie verhoogproduksies vervaardig en ook verwerk na Afrikaans onder andere: Women of Troy, The Women who Cooked her Husband (vervaardiging en regie), Rudely Stamped, Engele Sonder Vlerke, Die Trommel, Die Vagina Monoloë, Afspraak, Dis ek, Anna en ‘night Mother, wat sy ook vertaal het na Nag Ma.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.