boek deur Anchien Troskie From Wikipedia, the free encyclopedia
Dis ek, Anna is 'n gefiksionaliseerde outobiografiese roman, probleemboek en traumaverhaal geskryf deur Anchien Troskie, onder die skuilnaam Elbie Lötter. Die boek handel oor die seksuele molestering van Anna Bruwer deur haar stiefpa oor agt jaar, wat 'n sinspeling is op Troskie se pynlike grootwordjare en swye.[2][3][4] Die fiktiewe Anna is in hierdie boek in 1968 gebore.[5]
Dis ek, Anna | |
---|---|
Skrywer | Elbie Lötter (skuilnaam) Anchien Troskie |
Omslagontwerper | Hanneke du Toit |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Onderwerp | Probleemboek |
Genre | Outobiografiese fiksie |
Uitgewer | Kwela / Tafelberg-Uitgewers |
Uitgegee | 4 Mei 2004[1] |
Medium | Slapband |
Bladsye | 213 |
ISBN | 0-624-04226-X |
Vervolg | Die staat teen Anna Bruwer |
Op 34-jarige ouderdom het Troskie besluit om haar storie neer te pen. Hoewel sy erken dat dit goed gevoel het om fiktiewe wraak te neem, beskou sy haar werk nie as "wraakfantasie" soos 'n tydskrif tydens 'n onderhoud oor die opvolg op gesinspeel het nie – juis die teendeel.[6]
Tydens haar onderhoud met Die Burger vertel die toe nog anonieme outeur dat die naam Elbie Lötter 'n konkoksie van my ma en man se name is. Sy het ongeveer 'n jaar aan die boek geskrywe en beskou haar werk as die "afsluiting van 'n verlede"[7] Die boek is oorspronklik in ’n dagboekformaat begin.[8] Sy het op 'n skuilnaam besluit omdat ek skuldig en deels verantwoordelik gevoel het vir die molestering en boonop skaam was daaroor. Dit het my ’n lang tyd gekos om te besef ek was nie daarvoor verantwoordelik nie – en dit was dus die grootste keerpunt in my lewe: die besef dat ek ’n onskuldige slagoffer was.[9] Sy het die skuilnaam ook gebruik om haar familie te beskerm.[10] In 2008 het Troskie haar identiteit bekend gemaak.[11]
Die ontvangs was besonder positief en daarby was die boek 'n blitsverkoper.[12] Binne twee maande ná die uitgeedatum word meer as 10 000 eksemplare uitverkoop.[13] In Januarie 2005 beleef die boek sy vyfde druk en meer as 20 000 verkope.[14][15] 'n Engelse vertaling deur Marianne Thamm, It's me, Anna, het ook in 2005 verskyn.[16] Meer as 28 000 eksemplare is sedert Junie 2004 tot Augustus 2005 verkoop. Dis ek, Anna is die eerste Afrikaanse boek wat die Nielsen Bookdata Booksellers' Choice-prys in 2005 van R30 000 ingepalm het.[16][17][18] Troskie ervaar die verkope as 'n teken dat daar soveel mense soos sy in dieselfde posisie verkeer en dat daar wel nog mense is wat omgee.[7] Teen Mei 2006 was Dis ek, Anna die tiende mees verkoopte boek op die e-winkel, Kalahari.net.[19] Teen Junie 2008 is die boek 13 keer herdruk en meer as 50 000 eksemplare is verkoop, met 'n bykomende 15 000 verkope van die Engelse weergawe.[2][20] Teen 2012 is meer as 70 000 eksemplare verkoop.[21] Volgens die 2012-opvolg, Die staat teen Anna Bruwer, het "meer as 75 000 eksemplare verkoop".[22]
Die boek is as aangrypend beskou, maar ook dat dit op die geskikste tyd gepubliseer is;[23] dis baanbrekerswerk in die opsig dat die taboe van bloedskande in Suid-Afrika "oopgeskryf" is.[24] Die lesers word bewus gemaak van die doodluiterse manifestering van kindermolestering, terwyl die boek self as moontlike stem kan dien waardeur die slagoffers kan praat.[25] Daardeur is dit 'n boek wat geskryf moes word en wat tegelyk katarsis, terapie en besieling kan wees vir die leser en skrywer.[26] Daar word gereken dat hierdie boek die skanse breek van die feitelike nuusberig waarmee Suid-Afrikaners daagliks gebombardeer en afgestomp word (omdat joernaliste nie menings mag lug nie), omrede die boek uit 'n subjektiewe, eerstehandse ervaring geskryf word en gelaai is met emosie.[3]
Dis ek, Anna was 'n kandidaat vir die UJ-boekprys vir die beste skeppende skryfwerk in 2005, maar volgens die beoordelaars was nie een van die debuutwerke op hul kortlys 'n bekroning werd nie.[27]
Die boek is in 2006 by die Aardklop-kunstefees opgevoer as dramaverwerking deur Anelle Bester. By verskillende vertonings was Pieter Venter die regisseur en die rolle is soos volg vertolk: Cherie van der Merwe/Antoinette Louw as Anna, Peter Taljaard (stiefpa), Lelia Etsebeth/An-Marié Loots (Die Stem; Anna se alter ego), Anniel Wege (Anna se ma), Quintus Aslett (Anna se kêrel, Marnus), Danél Pieterse (Anna se vriendin, Helena), Jaco van der Merwe (dominee) en Pieter Venter (Anna se biologiese pa, Hendrik).[28][29][30][11][31][32] 'n Ekstra vertoning is by die Volksblad-kunstefees gehou nadat die ander vertonings uitverkoop is.[33][34][35] In 2009 is die dramastuk ook by die KKNK opgevoer. Die toneel het 'n ouderdomsbeperking van 14 jaar gehad.[36][37] Troskie het tydens 'n onderhoud teenoor Louw erken dat dit vir haar byna onmoontlik is om die toneelstuk te kyk. Sy het nie die opvoerings bygewoon nie.[38]
Die boek is tans ook as e-boek en luisterboek beskikbaar.[39]
Visagie merk in Dis ek, Anna dat die verkragting in die kinderjare deur 'n ouer manlike familielid eerstens "ingrijpende psychische ontwrigting" vir die individu veroorsaak het, wat aanleiding gegee het tot die skryfwerk as helende terapie. Tweedens word die ontluikende vroulike seksualiteit deur die verkragtingsdaad ontsê, onderdruk of misken. Derdens vind 'n wending in die verhaal plaas die oomblik wanneer 'n derde persoon in vertroue geneem word; dan eers kan psigiese herstel begin plaasvind. Die fiktiewe skryfwerk is 'n medium waardeur die skrywer verlos kan word van valse skuldgevoelens en selfhaat.[40]
Dis ek, Anna kan volgens Coetser as 'n reisverhaal gelees word, waartydens die hoofkarakter tot 'n bepaalde insig oor haar lewensreis kom. Elckerlijc se introspektiewe reis deur die self en Don Quijote se fisiese reis kom in Dis ek, Anna voor: sy reis fisies vanaf die Oos-Kaap tot in Bloemfontein, maar onderneem ook terselfdertyd 'n herinneringsreis.[41]
Coetser vind dit opvallend dat die verteller se toon en herinneringsbetekenis anderkant Aliwal-Noord (en dus, ook nader aan die moorddaad), toenemend godsdienstig van aard raak. Hy bring die fisiese geweld, drie-dae-opsluiting en brood en water wat aan Anna gebied is (en wat sy kan onthou) in verband met Christus se hellevaart en lydensweg.
Die vyf dood- of sterwingsfases van Kübler-Ross, kan ook in die teks gevind word:
Ou wonde word egter jare later oopgekrap wanneer haar stiefsussie, Carli, in 'n afgetakelde emosionele en liggaamlike toestand toevlug soek by Anna en laasgenoemde tot die skok besef dat die geskiedenis homself herhaal het. Carli pleeg in Anna se huis selfmoord. Dit is die laaste druppel wat die emmer laat oorloop, en Anna besluit om in te gryp en wraak te neem om die siklus te breek.
In die slotwoord van die artikel beskou Coetser die insluiting van die nawoord, asook Sharon Lewis se opstel rakende kindermolestering, in Dis ek, Anna as 'n parodiëring of postmoderne ondermyning van die storie wat soos 'n sprokie lees (by laasgenoemde beveg en oorwin 'n protagonis die bande en ontsegging wat hom/haar opgelê is). Die sprokie word verwissel met die werklikheid van kindermolestering:
Die boek is in die volgende tale vertaal:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.