Suid-Afrikaanse TV dramareeks From Wikipedia, the free encyclopedia
Spoorloos is 'n TV-dramareeks, geïnspireer deur Daddy Longlegs, 'n boek deur die Suid-Afrikaanse skrywer Vernon Baumann. Die reeks is vanaf 9 Oktober 2018 op KykNET (DStv kanaal 144) uitgesaai.
Spoorloos | |
Genre | Drama |
---|---|
Geskep deur | kykNET |
Ontwikkel deur | Ilse van Hemert |
Geskryf deur | Ilse van Hemert, Willem Grobler, Beyers de Vos & Christo Davids |
Temamusiekkomponis | Brendan Jury |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Aantal seisoene | 4 |
Aantal episodes | 39 |
Produksie | |
Vervaardiger(s) | Stan Joseph & Ilse van Hemert |
Kinematografie | Gavin Sterley |
Kameraopstelling | Mbali Mkhwanazi & Amelia Henning |
Produksiemaatskappy | Ochre Moving Pictures |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | kykNET |
Beeldformaat | HD |
Oorspronklike lopie | 9 Oktober 2018 |
Spoorloos word Dinsdagaande om 20h00 op KykNET uitgesaai en is ook op Showmax beskikbaar.
| showblankpositional = 1 | country | dontclose | episodesT | id | multiseries | network | network_transclude | released | seasonT | series | seriesT | width | regexp1 = aux[%u] | regexp2 = aux[%u][%d]+[%u]? | regexp3 = aux[%u][%d]+[%u]?span | regexp4 = color[%d]+S?[%u]? | regexp5 = end[%d]+S?[%u]? | regexp6 = episodes[%d]+S?[%u]? | regexp7 = info[%u] | regexp8 = info[%u][%d]+S?[%u]? | regexp9 = info[%u][%d]aca+span | regexp10 = info[%u]span[%d]+S | regexp11 = info[%u]_transclude | regexp12 = linkR[%d]+S? | regexp13 = linkT[%d]+S?[%u]? | regexp14 = link[%d]+S?[%u]? | regexp15 = network[%d]+S?[%u]? | regexp16 = network[%d]+[%u]?span | regexp17 = part[%d]+S? | regexp18 = postaux[%u] | regexp19 = postaux[%u][%d]+[%u]? | regexp20 = postaux[%u][%d]+[%u]?span | regexp21 = start[%d]+S?[%u]? | regexp22 = released[%d]+S?[%u]? }}
No. algeheel | No. in reeks | Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
1 | 1 | Jan-Gustav en Keagan, gewaar iemand of iets wat in die riete by die rivier skuil. Kort daarna verdwyn 'n kind spoorloos. | 9 Oktober 2018 |
2 | 2 | Die dorp is in rep en roer: die reeksmoordenaar van destyds is mos begrawe; Frikkie se verdwyning kan nie sy werk wees nie. Speurders uit Johannesburg word ontbied en Ian Vos gaan huistoe. | 16 Oktober 2018 |
3 | 3 | Die bandopname word opgespoor en S'bu en Deon jaag daarmee na PE. Sonja word weggejaag uit die stasie as sy haar hulp aanbied. Esti en Jan-Gustav probeer die ondier uit sy skuilplek lok. | 23 Oktober 2018 |
4 | 4 | Die dorp lees die Gazette voorblad en word opgesweep deur paniek en vrees. Gert waarsku vir Werner dat die polisie weer vir Piet Pille verdink, die mechanic wat dwelms verkoop – Esti se pa. | 30 Oktober 2018 |
5 | 5 | Keagan besef die ondier is 'n hoërskool seun met die naam Basjan, wat vreemd optree. Mev Dominee probeer vir Esti in 'n "fraai" dogtertjie verander. Die kinders wil meer uitvind oor Basjan. | 6 November 2018 |
6 | 6 | Die kinders besef Basjan se lewe is in gevaar en steek hom weg in die dorp, in 'n leë bus wrak. Basjan staar na die huis oorkant die skrootwerf – 'n herinnering roer as hy vir Ian sien. | 13 November 2018 |
7 | 7 | Die dorp reageer op die nasionale nuusberig oor Frikkie. Dis Jan-Gustav se verjaarsdag. Ian sien die 13 op die koek en besef Lara het dadelik na hy weg is by Junior in die bed gespring. | 20 November 2018 |
8 | 8 | Die dorp is verstom oor die wonderwerk dat Frikkie nog lewe. S'bu stel vas dat die geluid in die agtergrond van die fluit-opname 'n skulp chime is. Keagan probeer sy pa van Basjan vertel. | 27 November 2018 |
9 | 9 | Die dorp vier fees. Werner voer druk uit op Gert om vir Ig in die aanhou-sel van kant te gaan maak. Angelique het dronkverdriet in die hotel kroeg, waar Adam vir Keagen wag. | 4 Desember 2018 |
10 | 10 | Jan-Gustav vind uit wie sy biologiese pa is en vat die pad. De Wet en Sonja vind uit dat Lourens onskuldig was. Die dorp is verbyster as die megafoon weergalm: die klok-reël geld weer. | 11 Desember 2018 |
11 | 11 | Lara vertel vir Junior sy kan nie meer 'n leuen leef nie. Sy wil skei. Werner en Angelique vind uit Junior is nie Jan-Gustav se pa nie. Deur al die konsternasie word Jan-Gustav opgespoor. | 18 Desember 2018 |
12 | 12 | Bennie kyk van bo die berg af en sien waarnatoe Immelman ry. Immelman sleep Keagan in 'n vervalle gebou in en ketting hom vas. Dronk Gert wil 'n einde aan alles maak, maar skiet mis. | 25 Desember 2018 |
13 | 13 | Nog skote klap. Immelman is getref, maar sleep Bennie weg. Keagan word oorweldig deur die rook. De Wet sien Ian op die grond en storm deur die vlamme in die gebou in. Keagan is veilig. | 1 Januarie 2019 |
No. algeheel | No. in reeks | Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
14 | 1 | Na 'n kar ongeluk vir Adam Prinsloo in 'n maande lange koma gelaat het, word hy wakker sonder enige geheue oor wat daardie dag gebeur het. | 14 Julie 2020 |
15 | 2 | Ses maande later is Adam fisies gesond, maar hy raak al hoe meer oortuig dat die medikasie wat hy vir hoofpyn kry, hom verstandelik terughou. | 21 Julie 2020 |
16 | 3 | Sonder sy pa se wete keer Adam terug na sy tuisdorp, waar hy na inligting soek oor 'n meisie wat gesterf het in die ongeluk wat sy geheueverlies veroorsaak het. | 28 Julie 2020 |
17 | 4 | Yvette se kluisenaar ouma vind uit dat Adam se pa vir hom oor die nag van die ongeluk gelieg het. adam ly dan aan ontrekkingsimtome en vra hulp van die dorp se dokter. | 4 Augustus 2020 |
18 | 5 | Adam is rasend en vasberade om uit te vind wie presies betrokke was. Christa vrees die gevolge, maar Adam se konfrontasie het 'n onverwagse gevolg. Adam grawe dieper en dieper... | 11 Augustus 2020 |
19 | 6 | In 'n konfrontasie met een van die verdagtes lei tot die ontdekking dat die samesweerders afgepers was. Adam soek obsessief na die vermiste meisie en Christa. | 18 Augustus 2020 |
20 | 7 | Ouma Sannie openbaar wat sy die nag van die ongeluk gesien het en Adam besef dat daar 'n meesterbrein is wat die gebeure wat tot by die ongeluk gelei het agter die skerms georkestreer het. | 25 Augustus 2020 |
21 | 8 | 'n Jong vrou moet skuiling soek by die enigste plek waar sy veilig sal wees. Sy begin bieg waaraan sy deel was drie jaar gelede. Intussen kry Adam 'n vloedgolf van herinneringe. | 1 September 2020 |
22 | 9 | Adam herleef die noodlottige gebeure van die verlede, terwyl die samesweerders gereedmaak om die getuies uit te wis. Die jong vrou het bewyse van die misdaad, maar sy moet haar lewe waag. | 8 September 2020 |
23 | 10 | Adam ontdek die laaste stukkie van die legkaart – hy onthou alles met 'n hartverskeurende besef. Hy moet dan die jagtog keer en daar is net een manier om dit te doen. | 15 September 2020 |
No. algeheel | No. in reeks | Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
24 | 1 | Therese word deur die skool gedruk om 'n geboortesertifikaat vir Adri te gee. Dit lei tot 'n ontvouing van gebeure as Xander vir Adri meedeel dat sy dalk nie Therese se wettige kind is nie. | 6 Julie 2021 |
25 | 2 | Therese kan nie bewys dat sy vir Adri aangeneem het nie en word gearresteer. Adri blameer Xander vir alles. Adri se bloedfamilie word opgespoor en sy stem in om haar oom Daniel en sy vrou te ontmoet. | 13 Julie 2021 |
26 | 3 | Adri word meegedeel dat sy die eienaar van Steynhof is. Onsekerheid oor aandele op die plaas wek onrus by die werkers. Liena sien haarself in die nuus en sukkel om haar geheim weg te steek. | 20 Julie 2021 |
27 | 4 | Liena erken aan Jason dat sy die ontvoerder is. Simon word vertel dat Adri die plaas wil verkoop. Adri vind haar ma se ou Blackberry en bel Xander vir hulp. | 27 Julie 2021 |
28 | 5 | Therese wil hê Liena moet die waarheid aan Adri bekend maak. Die werkers besluit dis beter om van Adri ontslae te raak. Adri ontmoet Xander se koerier om die selfoon te gee. | 3 Augustus 2021 |
29 | 6 | Liena verklap aan Adri dat Daniel haar ouers vermoor het. Simon, Daniel en Joey besef Liena het Adri gekry. Adri kruip weg vir Daniel en vrees vir haar lewe. | 10 Augustus 2021 |
30 | 7 | Adri ontsnap van Daniel. Joey vertel Adri dat Daniel kop verloor het en haar wil doodmaak noudat sy die waarheid weet. Albei vroue ontsnap. Joey bel vir Simon en gee voor hy is die polisie. | 17 Augustus 2021 |
31 | 8 | Xander arriveer met die inligting op die Blackberry wat die groot geheim onthul. Joey vlug van die toneel. Adri en Therese herenig. Daniel gee haar 'n geboortesertifikaat. | 24 Augustus 2021 |
No. algeheel | No. in reeks | Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
32 | 1 | Stefan is op 'n missie om sy argiteksfirma te red. Hy ontmoet 'n vrou gestrand langs die pad: Emma, iemand uit sy verlede. Binne ure verdwyn Emma spoorloos, met skokkende gevolge vir Stefan. | 19 Julie 2022 |
33 | 2 | Onthullings van Stefan se verlede veroorsaak dat hy skuldig lyk. Vasbeslote om sy onskuld te bewys, gaan hy na Emma se man se plaas om te probeer sin maak van wat almal weier om te glo. | 26 Julie 2022 |
34 | 3 | Stefan word 'n voorvlugtige van die polisie. Hy word gekontak deur Emma se vriendin, Annie. Wat sy onthul, stuur Stefan terug na Lukas se plaas, die leeukuil in. | 2 Augustus 2022 |
35 | 4 | Stefan en Lukas gaan kop aan kop, 'n Geveg wat met 'n verrassende uitslag eindig. Hy konfronteer Annie, oortuig dat sy meer weet. Wat hy ontdek stuur sy ondersoek in 'n splinternuwe rigting. | 9 Augustus 2022 |
36 | 5 | Stefan moet by die eiland uitkom waar die bewys van sy onskuld weggesteek word. Terwyl sy sitsuasie meer hopeloos raak, maak ;n sielsgenoot weer kontak. Maar is dit te laat? | 16 Augustus 2022 |
37 | 6 | 'n Gesaboteerde kragopwekker lei tot 'n haai-aanval, wat een persoon dood en 'n ander ernstig gewond laat. 'n Mediese helikopter word ontbied en bring nuus van naderende sikloon. | 23 Augustus 2022 |
38 | 7 | Sylvia ontdek wat met Darryl gebeur het. Stefan moet 'n dodelike teenstander oorkom voor die storm toesak. Sy enigste hoop is 'n boot wat van die kus af geanker is in haai-besmette waters. | 30 Augustus 2022 |
39 | 8 | Phillip is spyt dat hy sy vriend in die steek gelaat het. Freek wag angstig vir nuus. Lennie bid vir die terugkeer van sy pa. Die oog van die storm bereik sy volle krag. | 6 September 2022 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.