Suid-Afrikaanse aktrise From Wikipedia, the free encyclopedia
Amalia Uys, gebore 14 Oktober 1984 op Springbok in die Noord-Kaap, is 'n Suid-Afrikaanse aktrise wat veral bekend is vir haar rol as San-Mari van Graan in die SABC 2 televisie-sepie, 7de Laan.
Amalia Uys | |
Geboorte | 14 Oktober 1984 |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Uys het matrikuleer aan Hoërskool Menlopark en in 2006 haar BA Drama-graad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. As nagraadse studie het Uys ook ʼn televisie-aanbiedingskurus onder leiding van die aktrise Elsabé Daneel geneem, dans beoefen by die Royal Acadamy of Dance tot en met Graad 8-vlak en drie opeenvolgende fotografiekursusse aan Vega-kollege geneem, vanaf 2009 tot 2011.
Na haar studies het sy na Johannesburg verhuis en 'n oudisie afgelê vir die rol van San-Mari in die sepie 7de Laan. Uys het haar ook bekwaam om agter die skerms te werk en het die geleentheid gehad om die kostuumafdeling van die film Broken Darkness in 2017 te behartig. In 2017 was Uys ook die vervaardiger en produksiebestuurder van die film Hunting Emma.
In 2016 het Uys verloof geraak aan Shaun Golding en is die daaropvolgende jaar in Robertson in die Wes-Kaap getroud.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.