Taalfamilie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tale word opgedeel in taalfamilies op grond van ooreenkomste tussen tale en 'n oorsprong wat hulle deel. Die klassifikasie van tale is deur August Schleicher (1821–1868) begin met sy 'Stammbaumtheorie' (of stamboomteorie).
|
Hier is die belangrikste taalfamilies:
- Afro-Asiaties (bv. Berbers, Arabies en Hebreeus)
- Algies (bv. Cree)
- Altaïes (voorgestelde taalfamilie)
- Amerindies
- Andamans
- Arawak (bv. Wayuu)
- Australies
- Austro-Asiaties (bv. Viëtnamees en Khmer)
- Austronesies (bv. Malgassies, Maleis en Polinesies)
- Aymara (dalk 'n geïsoleerde taal)
- Drawidies (bv. Telugu, Tamil, Kannada en Malayalam)
- Eskimo-Aleoeties (bv. Groenlands en Inuktitut)
- Hmong-Mien (bv. Hmong en Yao)
- Indo-Europees (Afrikaans, Engels, Frans, Grieks, Russies, Sanskrit, Hindi ens.)
- Irokees (bv. Cherokee)
- Japannees (bv. Japannees en Ryukyu)
- Kartwelies (bv. Georgies, Zan, Svan)
- Khoisan (bv. Khoi en San)
- Maja (bv. Majaans)
- Mongools (bv. Boerjaties, Kalmikies en Mongools)
- Na-Dené (bv. Navajo)
- Niger-Kongo (bv. Joroeba, Igbo, Shona, Zoeloe, Xhosa en Sotho)
- Nilo-Saharies (bv. Luo, Kanuri en Masai)
- Noordoos-Kaukasies (bv. Awaars, Ingoesjeties en Tsjetsjnies)
- Noordwes-Kaukasies (bv. Abazyns, Abchasies, Adigies en Kabardies)
- Oeral-Altaïes (bv. Fins, Hongaars, Turks en Oesbekies, moontlik Japannees en Koreaans) – dikwels onderverdeel in Fins-Oegries (Europees) en Altaïes (Asiaties).
- Otomangue (bv. Mixteeks en Zapoteeks)
- Paleosiberies (bv. Chukchi en Korjak)
- Papoeas (bv. die tale van die binneland van die eiland Nieu-Guinee)
- Quechua (dalk 'n geïsoleerde taal)
- Sino-Tibettaans (bv. Chinees, Birmaans en Tibettaans)
- Tai-Kadai (bv. Thai en Lao)
- Tasmaans
- Toengoesies (bv. Mantsjoe)
- Tupí (bv. Guaraní)
- Turks (bv. Turks en Kasaks)
- Uto-Asteeks (bv. Nahuatl)
- Gebaretaal
- Geïsoleerd (bv. Baskies)
- Kreools bv. Haïtiaanse Kreools, Papiaments en Sango)
- Kunsmatig (bv. Esperanto)
- Ongeklassifiseerd
- Pidgin (bv. Fanagalo)