From Wikipedia, the free encyclopedia
Guaraní (avañe'ẽ, [aʋãɲẽˈʔẽ], letterlik: "die mense se taal") is naas Quechua die belangrikste inheemse taal van Suid-Amerika wat deur sowat 4,9 miljoen mense in Argentinië, Bolivië, Brasilië en Paraguay gepraat word. Dit word veral deur die Guaraní gepraat en vorm saam met Aymara, Quechua en Spaans die amptelike tale van Bolivië asook saam met Spaans die amptelike tale van Paraguay.
Guaraní Avañe'ẽ | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [aʋãɲẽˈʔẽ] | |
Gepraat in: | Argentinië Bolivië Brasilië Paraguay | |
Totale sprekers: | 4,9 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Tupí Tupí-Guaraní Guaraní | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Bolivië Paraguay | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | gn | |
ISO 639-2: | grn | |
ISO 639-3: | grn | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Guaraní word oorwegend in die noordweste en noordooste van Argentinië, in die suidooste van Bolivië, in die suide van Brasilië en in Paraguay gepraat. Dit vorm saam met ander taalgroepe soos Guarayu, Tupí, Tenetehara, Kawahib en Xingu die taalfamilie Tupí-Guaraní, waarvan Tupí en Tupinambá verdere bekende, maar uitgestorwe, tale is. Bekende Afrikaanse leenwoorde uit Guaraní of die nouverwante Tupi sluit kapibara, jaguar, jaguarundi, tapir, Maracas, nandoe en piranha in.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.