![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ae/Lenguas_finougrias.png/640px-Lenguas_finougrias.png&w=640&q=50)
Fins-Oegriese tale
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Fins-Oegriese tale is die taalgroep wat Fins, Estnies en Hongaars insluit – al drie nie-Indo-Europese tale met 'n beduidende aantal sprekers in Europa (en ook ampstale van die Europese Unie). Hulle maak deel uit van die Oeraalse taalfamilie.
Kitsfeite
Fins-Oegriese tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Oostelike en Noordelike Europa, Noordelike Asië |
Genetiese klassifikasie: |
Oeraals Fins-Oegriese tale |
Onderafdelings: | |
![]() Verspreiding van Fins-Oegriese tale |
Sluit
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f8/UralicTree.svg/640px-UralicTree.svg.png)
Die Fins-Oegriese tale is agglutinatief, d.w.s. voor- en agtervoegsels, meervoudmerkers en naamvalaanduiers word gemeng en saamgevoeg om lang woorde te vorm. In Hongaars byvoorbeeld beteken die enkele woord könyveinkből presies "uit ons boeke" en die i dui die meervoud van boek aan.