![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/ca/Afroasiatic_languages-en.svg/langaf-640px-Afroasiatic_languages-en.svg.png&w=640&q=50)
Afro-Asiatiese tale
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Afro-Asiatiese taalfamilie verwys na 'n groep verwante tale wat in Noord-Afrika en die Midde-Ooste sedert antieke tye gepraat word. Dié taalfamilie is so genoem omdat dit oor Afrika en Asië streek. Die grootste moderne taal wat tot die Afro-Asiatiese taalfamilie behoort is Arabies, wat gepraat word vanaf die Atlantiese kus van Afrika tot by die grense van Iran, en geïsoleerd op vele ander plekke.
Kitsfeite
Afro-Asiaties | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Noord- en Oos-Afrika |
Genetiese klassifikasie: |
Afro-Asiaties Afro-Asiaties |
Onderafdelings: | |
![]() Verspreiding van Afro-Asiatiese tale |
Sluit
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/da/Afro-Asiatic.png/320px-Afro-Asiatic.png)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3f/AfroAsiaticLanguageTree.png/640px-AfroAsiaticLanguageTree.png)
Die belangrikste onderafdelings van dié familie is:
- Tsjadies (waaronder Biu-Mandara en Hausa)
- Semitiese taalfamilie (waaronder Amharies, Arabies, Aramees, Hebreeus, Maltees en Tigrinya)
- Egipties, die taal van Antieke Egipte (bestaan as Kopties voort en word deur die Kopte as liturgiese taal van die Kopties-Ortodokse Kerk gebruik)
- Berbertale (waaronder Kabilies)
- Omotiese tale (waaronder die Ethiopiese taal Dizi)
- Koesjitiese tale (waaronder Oromo en Somalies).
Die tale in dié familie kom merendeels in Afrika voor, in plaas van Asië. Trouens is al die ondergroepe in Afrika gekonsentreerd – selfs die Semitiese, waarvan slegs twee tale (Arabies en Hebreeus) 'n beduidende verspreiding op die Asiatiese vasteland het.