From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Algiese tale (ook Algonkin-Wiyot-Yurok of Algonkin-Ritwaans)[1][2] behoort aan die inheemse tale van die Amerikas en word in Noord-Amerika gebesig. Die meeste Algiese tale behoort aan die Algonkin-subfamilie wat in 'n wye gebied tussen die Rotsgebergte in die weste tot die Atlantiese Kanada in die ooste gepraat word. Die ander Algiese tale is Yurok en Wiyot in die noordwestelike Kalifornië, wat, ondanks hul geografiese nabyheid, nie nou verwant is nie. Al hierdie tale is afkomstig van Proto-Algies, 'n tweede vlak proto-taal wat volgens ramings sowat 7000 jaar gelede gebesig is en met hulp van die Proto-Algonkin-tale, asook Wiyot en Yurok, gerekonstrueer is.
Algiese tale Algonkin-Ritwaans | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Noord-Amerika |
Genetiese klassifikasie: |
Amerikaans Algiese tale |
Onderafdelings: |
Wiyot †
Yurok
Algonkin
|
Verspreiding van Algiese tale in Noord-Amerika |
Die Algiese tale word bestaan uit die Algonkin-tale en die twee tale Yurok en Wiyot wat in die noordwestelike Kalifornie gebesig word,[3][4] dit is onduidelik of die laasgenoemde twee tale aan 'n moontlike Ritwan-subfamilie behoort of nie. Die Algiese taalfamilie is in 1913 vir die eerste keer deur Edward Sapir voorgestel. Dié voorstel was egter hoogs omstrede, totdat in 1958 bevestig is dat hierdie tale wel geneties verwant is.[5] Die rekonstruksie van 'n moontlike oorspronklike taal was egter onmoontlik.[6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.