From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Khoisan-tale is 'n taalgroep wat klikgeluide gebruik en nie tot die Afro-Asiatiese, Niger-Kongo- of Nilo-Sahariese tale behoort nie. Dit is oorwegend in Suider-Afrika met Angola, Botswana, Namibië en Suid-Afrika asook in Tanzanië versprei. Die Khoisan-tale vorm geen genetiese eenheid (taalfamilie) nie, maar bestaan uit minstens drie taalfamilies en sommige geïsoleerde tale.
Khoisan-tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Kalahari-woestyn en sentrale Tanzanië |
Genetiese klassifikasie: |
Khoisan Khoisan-tale |
Onderafdelings: |
Kwadi-Khoe
Kx'a
Sandawe
Hadza
|
Historiese verspreiding van Khoisan-tale |
Khoisansprekende volke sluit in die Khoikhoi, San, Damaras en Namas, waarvan die laaste twee Nama as moedertaal gebruik. In Tanzanië word daar ook die Hadza en Sandawe aangetref.[1]
Voor die migrasie van die Bantoevolke het Khoisanvolke ook in verder noordelike dele van Afrika gewoon.[2] Van die Khoisan het sommige Bantoetale se klikgeluide oorgeneem, maar hulle word nie tot die Khoisan-tale gereken nie, omdat hulle tot 'n ander taalfamilie behoort. Bekende voorbeelde hiervan is tale soos Noord-Ndebele, Suid-Ndebele, Swazi, Xhosa en Zoeloe (almal tale binne die Nguni-taalfamilie).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.