Die Modimolle–Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit is 'n plaaslike munisipaliteit in die Waterberg-distriksmunisipaliteit in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Dit het ontstaan nadat Modimolle en Mookgophong Plaaslike Munisipaliteite saamgesmelt het op 8 Augustus 2016.

Modimolle–Mookgophong
Kaart van Suid-Afrika wat Modimolle–Mookgophong in Limpopo aandui
Provinsie Limpopo
Distriksmunisipaliteit Waterberg
Tipe Plaaslike Munisipaliteit
Munisipale kode LIM368
Burgemeester Aaron Sebolai[1] (ANC)
Hoofstad Modimolle (Nylstroom)
Grootste tale Noord-Sotho, Afrikaans, Tsonga
Area 10 367 km²  
Bevolking 107 699 (2011)

Die hoofsetel van die munisipaliteit is in Modimolle.

Politieke verteenwoordiging

Die munisipale raad bestaan uit agt-en-twintig lede wat deur gemengde-lede proporsionele verteenwoordiging verkies word. Veertien raadslede word in nege wyke as algehele wenners verkies, terwyl die oorblywende veertien uit partylyste gekies word, sodat die totale aantal partyverteenwoordigers eweredig is aan die aantal stemme wat ontvang is.

Tydens die verkiesing van 3 Augustus 2016 het die African National Congress (ANC) dertien setels in die raad verower, maar nie 'n algehele meerderheid behaal nie. Op 23 Augustus 2016 het die raad Marlene van Staden, die burgemeesterskandidaat van die Demokratiese Alliansie (DA), as die nuwe burgemeester verkies. Op 2 Desember 2021 is Van Staden herverkies as burgemeester, deur die opskiet van 'n muntstuk, nadat sy en die ANC-kandidaat, Aaron Sebolai, na tweekeer se stemming steeds 14 stemme elk gekry het.[2]

Die onderstaande tabel toon die uitslag van die 2016-munisipale verkiesing in beide Modimolle en Mookgophong.[3][4]

Meer inligting Party, 2016 Stemme ...
Party 2016 Stemme Setels
Wyk Lys Totaal  % Wyk Lys Totaal
African National Congress13,76413,65027,41447.611213
Demokratiese Alliansie 6,7637,13013,89324.1347
Ekonomiese Vryheidsvegters 5,6255,57811,20319.4066
Vryheidsfront Plus 1,6841,7053,3895.9022
Mookgophong Party 3933607531.3000
Congress of the People 1423394810.8000
Onafhaklike kandidate 3953950.700
Pan Africanist Congress of Azania 6030900.2000
Totaal 28,82628,79257,618100.0141428
Bedorwe stemme 341428769
Sluit

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.