Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesings van 2016 is op 3 Augustus 2016 in alle distrikte en Plaaslike Munisipaliteite van al 9 Suid-Afrikaanse provinsies gehou. Dit is op 6 April 2016 amptelik aangekondig.[1]
Munisipale verkiesings word elke vyf jaar gehou, die vorige munisipale verkiesing is in 2011 gehou en die volgende een in 2021.
Die munisipale verkiesings van 2016 het die lede van die distriks-, metropolitaanse en plaaslike munisipale rade verkies, wat op hulle beurt die burgemeesters van die munisipaliteite verkies het.[2]
Suid-Afrika se Munisipale Afbakeningsraad het veranderinge aangekondig aan sekere wyksafbakenings en munisipale grense, na aanleiding van die vorige minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake Pravin Gordhan se voorstel oor die herindeling van munisipaliteite om hulle meer volhoubaar en finansieel lewensvatbaar te maak. Daarvolgens was daar 34 gevalle wat 90 munisipaliteite geraak het.[3] Die Demokratiese Alliansie het sterk kapsie gemaak teen hierdie besluit, met LP James Selfe wat aangekondig het dat die DA die Raad hof toe sal neem oor wat dit sê duidelik partygemotiveerde en irrasionele grensafbakenings was.[4]
Die regerende ANC was die grootste party en het 53,91% van die stemme op nasionale vlak behaal. Dit is 'n daling van die 62,93% wat die party in 2011 behaal het. Die DA was die tweede grootste met 26,90% wat hoër was as die 24,1% in 2011. Die Economic Freedom Fighters (EFF) het 8.19% in hul eerste munisipale verkiesing behaal.
Die afname in ANC-ondersteuning was die belangrikste in stedelike gebiede, met die ANC wat vir die eerste keer sedert 1994 sy volstrekte meerderheid in 4 van die land se 8 metropolitaanse munisipaliteite verloor. Die ANC het Buffalo City, Mangaung en eThekwini behou, maar met verminderde meerderhede in Buffalo City en eThekwini. In die Stad Johannesburg en Ekurhuleni het die ANC sy meerderheid verloor, maar 'n pluraliteit behou. Die DA het sy meerderheid in die Stad Kaapstad verhoog en het 'n pluraliteit in Tshwane- en Nelson Mandelabaai behaal, die eerste in metropolitaanse munisipaliteite buite die Wes-Kaap. Van die 4 metropolitaanse munisipaliteite met geen meerderheid, het die ANC Ekurhuleni deur 'n koalisie behou, terwyl die DA deur 'n koalisie beheer oor Nelson Mandelabaai verkry het en minderheidsregerings in Johannesburg en Tshwane gevorm het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.