From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit is 'n een van die agt metropolitaanse munisipaliteite in Suid-Afrika.
| |||
Provinsie | Gauteng | ||
Tipe | Metropolitaanse Munisipaliteit | ||
Munisipale kode | JHB | ||
Plaaslike munisipaliteite | Geen | ||
Hoofstad | Johannesburg | ||
Burgemeester | Dada Morero (ANC) (ingehuldig op 16 Augustus 2024) | ||
Grootste tale | Zoeloe, Engels, Suid-Sotho, Tswana | ||
Oppervlakte | 1 645 km² | ||
Bevolking | 4 434 827 (2011) |
Die administrasie van die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit is aanvanklik in elf streke gedesentraliseer, bloot Streek 1 tot Streek 11 genoem, wat grootliks nie met die 11 voormalige apartheidsadministrasies verband hou nie. Die nuwe genommerde streke is daarna, in die somer van 2006, gekonsolideer na sewe streke genaamd Streek A tot Streek G. Die huidige streke is:[1][2]
Elke streek is operasioneel verantwoordelik vir die lewering van gesondheidsorg, behuising, sport en ontspanning, biblioteke, maatskaplike ontwikkeling, en ander plaaslike gemeenskapsgebaseerde dienste, en elke streek het 'n "People's Centre" waar enige stadsverwante transaksie hanteer kan word. Inwoners kan vinniger klagtes indien, diensprobleme rapporteer en raadsverwante sake doen.
Volgens 'n verslag oor plaaslike regerings se inkomste en uitgawes wat in 2017 deur die nasionale tesourie gepubliseer is, is die Stad Johannesburg soos op die einde van die finansiële jaar van 2016/2017 R17,7 miljard in uitstaande munisipale rekeninge geskuld. Sowat R1 miljoen van hierdie bedrag word deur stadsraadslede geskuld.[3]
Nadat dr. Mpho Phalatse vir 'n tweede keer op 26 Januarie 2023 in ’n mosie van wantroue as burgemeester uitgestem is, het dit aan die lig gekom dat Tapelo Amad ('n verteenwoordiger van die minderheidsparty Al Jama-ah) haar sal opgevolg, aangesien hy deur die ANC, die grootste party in die raad en sy koalisievennote ondersteun is. Die ANC het in 'n verklaring gesê Amad sal as 'n tussentydse burgemeester dien totdat die party 'n koalisie-ooreenkoms met die Economic Freedom Fighters, die koningmakers in die raad, gefinaliseer het.[4]
Tydens 'n raadsvergadering die volgende dag is Amad, Phalatse en ActionSA se Funzi Ngobeni as burgemeesterskandidate benoem. Amad is met 138 stemme verkies, vergeleke met Phalatse se 81 stemme en Ngobeni se 46 stemme.[5] [6] Amad se dienstermyn was egter van korte duur. Hy bedank in April 2023 en Kabelo Gwamanda, ook van Al-Jama-ah, is verkies as sy opvolger.[7]
Op 13 Augustus 2024, nadat hy onder druk gekom het van Al Jama-ah se koalisievennoot, die ANC, [8] het Gwamanda sy bedanking as Johannesburgse burgemeester aangekondig, wat in werking getree het op 16 Augustus 2024 met die verkiesing van 'n nuwe burgemeester, Dada Morero van die ANC.[9]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.