From Wikipedia, the free encyclopedia
Magnesium is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Mg en atoomgetal van 12. Magnesium is die element met die agste grootste verspreiding en beslaan ongeveer 2% van die Aardkors en is die element wat die derde meeste voorkom in oplossing in seewater. Hierdie aardalkalimetaal word hoofsaaklik gebruik as legeringsmiddel om aluminium-magnesium legerings (of allooie) te vervaardig.
| |||||||||||||||||||||||||
Algemeen | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam, Simbool, Getal | magnesium, Mg, 12 | ||||||||||||||||||||||||
Chemiese reeks | aardalkalimetaal | ||||||||||||||||||||||||
Groep, Periode, Blok | 2 (IIA), 3 , s | ||||||||||||||||||||||||
Digtheid, Hardheid | 1738 kg/m3, 2.5 | ||||||||||||||||||||||||
Voorkoms | silwerig-wit | ||||||||||||||||||||||||
Atoomeienskappe | |||||||||||||||||||||||||
Atoomgewig | 24.305 amu | ||||||||||||||||||||||||
Atoomradius (ber.) | 150 (145) pm | ||||||||||||||||||||||||
Kovalente radius | 130 pm | ||||||||||||||||||||||||
van der Waals radius | 173 pm | ||||||||||||||||||||||||
Elektron konfigurasie | [Ne]3s² | ||||||||||||||||||||||||
e− e per energievlak | 2, 8, 2 | ||||||||||||||||||||||||
Oksidasietoestande (oksied) | 2 (sterk basis) | ||||||||||||||||||||||||
Kristalstruktuur | Heksagonaal | ||||||||||||||||||||||||
Strukturbericht-kode | A3 | ||||||||||||||||||||||||
Fisiese eienskappe | |||||||||||||||||||||||||
Toestand van materie | Vastestof (paramagneties) | ||||||||||||||||||||||||
Smeltpunt | 923 K (649.85 °C) | ||||||||||||||||||||||||
Kookpunt | 1363 K (1089.85 °C) | ||||||||||||||||||||||||
Molêre volume | 14.00 ×10−6 m3/mol | ||||||||||||||||||||||||
Verdampingswarmte | 127.4 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||
Smeltingswarmte | 8.954 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||
Dampdruk | 361 Pa teen 923 K | ||||||||||||||||||||||||
Spoed van klank | 4602 m/s teen 293.15 K | ||||||||||||||||||||||||
Algemeen | |||||||||||||||||||||||||
Elektronegatiwiteit | 1.31 (Pauling skaal) | ||||||||||||||||||||||||
Spesifieke warmtekapasiteit | 1020 J/(kg*K) | ||||||||||||||||||||||||
Elektriese geleidingsvermoë | 22.6 106/(m·ohm) | ||||||||||||||||||||||||
Termiese geleidingsvermoë | 156 W/(m*K) | ||||||||||||||||||||||||
1ste ionisasie potensiaal | 737.7 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||
2de ionisasie potensiaal | 1450.7 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||
3de ionisasie potensiaal | 7732.7 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||
Mees stabiele isotope | |||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||
SI eenhede & STD word gebruik tensy anders vermeld. |
Magnesium is 'n betreklik sterk, silwerige wit en liggewigmetaal ('n derde ligter as aluminium) wat effens verdof wanneer dit aan lug blootgestel word. In 'n poeiervorm word die metaal warm en ontbrand wanneer dit aan lug blootgestel word en brand met 'n wit vlam. Dit is moeilik om die metaal in massale vorm te ontsteek maar dis makliker wanneer dit in dun vysels gesny is. Wanneer dit eers ontsteek het, is dit moeilik om te blus aangesien dit in beide stikstof (met vorming van magnesiumnitried) en suurstof kan brand.
Magnesium verbindings, hoofsaaklik magnesiumoksied, word as 'n vuurvaste materiaal gebruik vir oondvoerings in die produksie van yster en staal, nie ysterhoudende metale, glas en sement.
Magnesiumoksied en ander verbindings word ook in die landbou-, chemiese- en konstruksiebedrywe gebruik. Die element se hoofaanwending is as legeringsbymiddel tot aluminium wat op sy beurt weer hoofsaaklik vir die vervaardiging van koeldrankblikkies gebruik word. Magnesium legerings word ook gebruik as strukturele komponent van motorvoertuie en masjinerie. 'n Ander gebruik van die metaal is om behulpsaam te wees met die verwydering van swael vanuit yster en staal.
Ander gebruike sluit in:
Die naam word ontleen uit die Griekse woord vir 'n distrik in Thessaly genaamd Magnesia. Joseph Black uit Engeland het magnesium as element in 1755 geëien en sir Humphrey Davey het suiwer magnesium elektrolities geïsoleer in 1808 vanuit 'n mengsel van magnesia en HgO en Bussy het dit in 'n duidelik uitkenbare vorm voorberei in 1831. Magnesium is die agste mees volopste element in die aardkors. Dit is 'n aardalkalimetaal en kom daarom nie as 'n suiwer element in die natuur voor nie. Dit kan gevind word in groot neerslae van magnesiet, dolomiet en ander minerale.
Dit word hoofsaaklik verkry vanuit die elektrolise van gesmelte magnesiumchloried wat herwin word uit pekelwater, fonteine en seewater. Alhoewel magnesium in meer as 60 minerale gevind kan word, is slegs dolomiet, magnesiet, brusiet, karnaliet, talk en olivine van kommersiële belang.
Herwinningsproses (* volg):
katode: Mg2+* + 2e- → Mg
anode: 2Cl-* → Cl2 (gas) + 2e-
Organiese magnesium is belangrik vir beide plant- en dierelewe. Chlorofil (bladgroen) is magnesiumgesentreerde porfiriene.
Die daaglikse vereiste inname vir volwassenes, wat beïnvloed word deur verskeie faktore insluitende geslag, gewig en grootte; is 300-400 mg/dag. Baie ensieme vereis die teenwoordigheid van magnesium ione om hulle katalitiese werking te verrig. 'n Magnesiumgebrek veroorsaak dikwels spierkrampe en is al gekoppel aan kardiovaskulêre siekte, suikersiekte, hoë bloeddruk en osteoporose.
Groente soos spinasie verskaf magnesium omdat die chlorofielmolekuul magnesium bevat. Neute, sade en sommige volgraangewasse is ook goeie bronne van magnesium.
Alhoewel magnesium teenwoordig is in baie voedsel, kom dit gewoonlik in klein hoeveelhede voor. Soos met die meeste voedingstowwe kan die daaglikse magnesiumbehoefte nie voldoende van 'n enkele voedselsoort verkry word nie. Deur 'n groot verskeidenheid voedsels te eet, insluitende vrugte en groente en volgraangewasse kan 'n mens verseker dat voldoende magnesium ingeneem word.
Die magnesium inhoud van verwerkte voedsels is gewoonlik laag. Volgraan brood bevat byvoorbeeld twee keer soveel magnesium as wit brood omdat die magnesiumryke kern en kaf verwyder word wanneer witmeel vervaardig word.
Water kan ook 'n bron van magnesium wees, maar die hoeveelhede wissel na aanleiding van die bron. Harde water bevat meer magnesium as sagte water. Dieetkundige opnames neem normaalweg nie magnesiuminname uit water in ag nie wat mag lei tot 'n onderskatting van die totale magnesiuminname en die wisseling daarvan.
Hier is 'n lys van voedselsoorte met hulle magnesiuminhoud:
Magnesium-26 is 'n stabiele isotoop wat aangewend word in isotoopgeologie soortgelyk aan dié van aluminium. Mg-26 is 'n radiogeniese susterproduk van Al-26 met 'n halfleeftyd van 717000 jaar. Groot verrykte konsentrasies van stabiele Mg-26 is al waargeneem in Ca-Al ryke insetsels in koolstofbevattende chondriet-meteoriete. Die onreëlmatige verspreiding van Mg-26 word toegeskryf aan die verval van Al-26 in die insetsels waaruit dit gevorm word. Die gevolgtrekking is dat die meteoriet dus gevorm moes gewees het in die sterrenewel van die son gevorm moes gewees het, voordat die Al-26 kon verval het. Dus is hierdie voorwerpe van die oudstes in die sonnestelsel en is baie inligting oor die vroegste geskiedenis van die sonnestelsel daarin vasgevang.
Dit is gebruiklik om die Mg-26/Mg-24 verhouding teenoor die Al/Mg verhouding te skets. Op 'n isochroniese grafiek, word die Al-27/Mg-24 verhouding geskets. Die helling van die isochroniese grafiek het nie enige betekenis ten opsigte van ouderdom nie, maar dui die aanvanklike Al-26/Al-27 verhouding van die monster aan ten tye van die verwydering daarvan vanuit 'n gemeenskaplike poel.
Magnesiummetaal en -legerings is hoogs vlambaar en smelt in poeiervorm. Magnesiummetaal reageer vinnig en eksotermies in kontak met lug of water en moet met sorg gehanteer word. Dit word aanbeveel dat 'n veiligheidsbril gedra word. Die helder wit lig (insluitende ultravioletlig) wat uitgestraal word wanneer magnesium brand kan die oë beskadig. Water moet nie gebruik word om die brand te blus nie aangesien dit die brand kan stook deur die reaksie:
Brandblussers met koolstofdioksied moet ook nie gebruik word nie, aangesien magnesium ook daarin kan brand.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Magnesium. |
H | He | ||||||||||||||||||||||||||||||
Li | Be | B | C | N | O | F | Ne | ||||||||||||||||||||||||
Na | Mg | Al | Si | P | S | Cl | Ar | ||||||||||||||||||||||||
K | Ca | Sc | Ti | V | Cr | Mn | Fe | Co | Ni | Cu | Zn | Ga | Ge | As | Se | Br | Kr | ||||||||||||||
Rb | Sr | Y | Zr | Nb | Mo | Tc | Ru | Rh | Pd | Ag | Cd | In | Sn | Sb | Te | I | Xe | ||||||||||||||
Cs | Ba | La | Ce | Pr | Nd | Pm | Sm | Eu | Gd | Tb | Dy | Ho | Er | Tm | Yb | Lu | Hf | Ta | W | Re | Os | Ir | Pt | Au | Hg | Tl | Pb | Bi | Po | At | Rn |
Fr | Ra | Ac | Th | Pa | U | Np | Pu | Am | Cm | Bk | Cf | Es | Fm | Md | No | Lr | Rf | Db | Sg | Bh | Hs | Mt | Ds | Rg | Cn | Nh | Fl | Mc | Lv | Ts | Og |
Alkalimetale | Aardalkalimetale | Lantaniede | Aktiniede | Oorgangsmetale | Hoofgroepmetale | Metalloïde | Niemetale | Halogene | Edelgasse | Chemie onbekend |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.