chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Magnesiumoksied is 'n verbinding van magnesium en suurstof met formule MgO
Algemeen | |
---|---|
Naam | Magnesiumoksied |
Chemiese formule | MgO |
Molêre massa | 40,3 g/mol[1] |
CAS-nommer | 1309-48-4[1] |
Voorkoms | Wit vaste stof |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | 419 pm [2] |
Ruimtegroep | Fm3m |
Strukturbericht | B1 |
Smeltpunt | 2852 °C[1] |
Kookpunt | 3600 °C[1] |
Digtheid | 3,63 [g/cm3][2] |
Oplosbaarheid | onoplosbaar |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Die stof is 'n diamagnetiese isolator. Die bandgaping is 4,43 eV. [2]
Magnesiumoksied word gevorm by verbranding van magnesium:
Hierdie verbrandingsreaksie is in die eerste helfte van die 20ste eeu dikwels gebruik as ligbron by die fotografie. Die rook van magnesiumoksied was nogtans 'n probleem.[3]
Magnesiumoksied kan ook deur verhitting van magnesiumkarbonaat verkry word:[4]
Hierdie reaksie is hoe magnesia, soos die oksied genoem word, ook uit dolomitiese kalksteen verkry word.[5] Die terugreaksie kan ook optree. Dis die rede dat magnesiumoksied blootgestel aan die lug stadig koolstofdioksied opneem en in geslote houers bewaar moet word.[6]
Met water word die amper onoplosbare hidroksied gevorm:[4]
Die pH van die versadigde oplossing in water is 10,3. Dit is oplosbaar in verdunde sure, maar onoplosbaar in alkohol en organiese oplosmiddels.[6]
In sport soos gewigoptel word magnesia gebruik om die hande rof te maak.[7]
Magnesiumoksied word in die organiese chemie toegepas. Dit is 'n matig basiese reagens wat gebruik word in asilerings en alkielerings, oksidasies, reduksies. Dit fungeer ook as 'n soliede oppervlak om reaksies uit te voer, soos by ringopening van tersiêre amiene, nitrering van aromatiese asetale, hidrohalogenering, dehidrohalogenering en karbonilering van organokwikverbindings.[6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.