Berkelium

chemiese element met die simbool Bk en atoomgetal 97 From Wikipedia, the free encyclopedia

Berkelium
Remove ads

Berkelium is 'n chemiese element met die simbool Bk en atoomgetal 97. Dit is 'n grys of silwerwit aktinied.

Meer inligting Algemeen, Fisiese eienskappe ...
Remove ads

Ontdekking

Berkelium is vir die eerste keer gesintetiseer in 1949 deur Glenn Seaborg, Albert Ghiorso, Stanley Thompson en Kenneth Street aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley. Hiermee het hulle 'n siklotron gebruik om Amerikium-241 te bombardeer met neutrone. Die naam berkelium is afgelei van die naam van die universiteit waar die element vir die eerste keer gesintetiseer is.

Toepassings

Die radioaktiewe berkelium word slegs in baie klein hoeveelhede geproduseer vir wetenskaplike navorsing. Daar is nog geen vername industriële toepassings nie.

Eienskappe

Hoewel berkelium nog nooit geïsoleer is nie, is daar al genoeg materiaal geproduseer om navorsing te kan doen na enkele eienskappe. Met redelike sekerheid kan gesê word dat dit 'n metaal is wat redelik maklik oksideer in lug en oplos in verdunde minerale sure. Röntgendiffraksietegnieke het bygedra tot die identifisering van enkele berkeliumverbindinge soos oksiede, fluoried en oksichloride. In die biologie speel berkelium geen bekende rol nie.

Verskyning

In die natuur kom berkelium op aarde nie voor nie. Dit word op kunsmatige wyse geproduseer.

Isotope

Meer inligting Stabielste isotope, Iso ...

Daar is 19 radio-isotope bekend, waarvan 247Bk met 'n halfleeftyd van 1380 jaar die mees stabiel is. 248Bk en 249Bk het 'n halfleeftyd van onderskeidelik 9 jaar en 320 dae. Die oorblywende isotope het halfleeftye van minder as 5 dae.

Remove ads

Toksikologie en veiligheid

Oor die toksikologie van berkelium is baie min bekend.

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads