From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Krieketwêreldbeker 2007 (Engels: 2007 Cricket World Cup) is van 13 Maart tot 28 April 2007 in Wes-Indië beslis. Dit was die negende krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in die Amerikas. Die sewe Karibiese eilandstate Antigua en Barbuda, Barbados, Grenada, Jamaika, St. Kitts en Nevis, St. Lucia en Trinidad en Tobago, asook Guyana het gesamentlik as gashere van dié toernooi opgetree, meer as by enige ander krieketwêreldbekertoernooi. Saam met die T20I-wêreldbeker 2007 in September in Suid-Afrika was dit een van twee groot kriekettoernooie in 2007.
Kenteken van die Krieketwêreldbeker 2007 | |
Datums | 13 Maart – 28 April |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groepfase, Super Agt en uitklopfase |
Gashere | Wes-Indië |
Kampioen | Australië (4de titel) |
Naaswenner | Sri Lanka |
Deelnemers | 16 (38 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 51 |
Bywoning | 672 000 (13 176 per wedstryd) |
Speler van die reeks | Glenn McGrath |
Meeste lopies | Matthew Hayden (659)[1] |
Meeste paaltjies | Glenn McGrath (26)[2] |
← 2003 2011 → |
16 nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2007 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die ses beste spanne van die IKK-trofee 2005 (Bermuda, Ierland, Kanada, Kenia, Nederland en Skotland), meer as by enige ander krieketwêreldbeker. Tydens die Krieketwêreldbeker 2007 is 51 wedstryde gespeel, drie minder as tydens die vorige Krieketwêreldbeker 2003 (ondanks twee bykomende deelnemende spanne). Die spanne is in vier groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Agt gekwalifiseer, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.[3]
Australië, Nieu-Seeland, Sri Lanka en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Suid-Afrika en Sri Lanka het Nieu-Seeland geklop, voordat die verdedigende kampioen Australië die eindstryd op Kensington-ovaal in Barbados teen Sri Lanka met 53 lopies (D/L-metode) gewen en sodoende sy vierde titel ingepalm en as enigste land tot dusver ’n driekuns behaal het.[4] Die nasionale krieketspanne van Bermuda en Ierland het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem. Dit is tot dusver die enigste krieketwêreldbeker waaraan drie spanne van die Amerikas en vier van Europa deelgeneem het.
Australië se onoorwonne rekord in die toernooi het hul totaal tot 29 agtereenvolgende krieketwêreldbekerwedstryde sonder ’n nederlaag verhoog, ’n reeks wat op 23 Mei 1999, tydens die groepfase van die Krieketwêreldbeker 1999, begin het. Die toernooi het ook ontsteltenisse en verassingsuitslae gesien, toe die toernooigunstelinge Indië en Pakistan nie die Super Agt gehaal het nie, terwyl Bangladesj, destyds die tweede laagste volle lid op die IKR se EDI-ranglys, en die wêreldbekerdebutant Ierland, destyds ’n assosiaatlid, die Super Agt gehaal het deur onderskeidelik Indië en Pakistan te verslaan. Ierland het daarmee ná Kenia in 2003 die tweede assosiaatlid geword wat die tweede rondte van ’n krieketwêreldbekertoernooi gehaal het.[5] Pakistan se destydse afrigter Bob Woolmer is een dag ná die uitskakeling van sy span dood aangetref. Die daaropvolgende dag het die Jamaikaanse polisie aangekondig dat sy dood agterdogtig was en ’n volledige ondersoek aanbeveel.[6] Agt maande later het die polisie die saak gesluit verklaar ná die goedkeuring van ’n openbare beslissing deur ’n elf-lede-jurie.[7]
Na aanleiding van die toernooi het die IKR toernooi-inkomste van $239 miljoen onder sy lede verdeel.[8] Die Krieketwêreldbeker 2007 is aanvanklik as ’n ramp bestempel, aangevoer is die relatief lang duur met 51 wedstryde (die meeste nog) in vier fases oor 47 dae, die lang reisafstand tussen die eilande, die Pakistanse afrigter se dood en die aansluitende langdurige ondersoek, die vroeë uitskakeling van beide Indië en Pakistan, asook die omstrede handhawing van die slegte weersomstandighede tydens die eindstryd deur die skeidsregters.[9] Die toernooi word egter ook as die mees inklusiewe krieketwêreldbekertoernooi beskou, aangesien vir die enigste keer 16 spanne kon deelneem en gedurende die groepfase al die spanne in kleiner groepe ’n billike kans op vordering gehad het.[10]
Die Krieketwêreldbeker 2007 is volgens die Internasionale Krieketraad se rotasiebeleid toegewys aan Wes-Indië. Dit is die eerste keer dat die krieketwêreldbekertoernooi in die Karibiese eilande gehou is, ten spyte van die feit dat die Wes-Indiese nasionale krieketspan destyds die tweede suksesvolste span in die geskiedenis van die krieketwêreldbekertoernooi was.[11] Oorspronklik het die Bahamas, Bermuda en die Verenigde State deel gevorm van die Wes-Indiese eilande se bod vir die Krieketwêreldbeker 2007.[12] Dié toernooi is egter aan die sewe Wes-Indiese eilandstate Antigua en Barbuda, Barbados, Grenada, Jamaika, St. Kitts en Nevis, St. Lucia en Trinidad en Tobago, asook Guyana toegewys.[13]
Die volgende 16 spanne het vir die Krieketwêreldbeker 2007 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië (gasheer) en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 2007 gekwalifiseer. Bermuda, Ierland, Kanada, Kenia, Nederland en Skotland was spanne sonder toetsstatus en het tydens die IKR-trofee 2005 gekwalifiseer.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Groep |
---|---|---|---|---|---|
Wes-Indië | Gastgeber | Negende | 2003 | Kampioen (1975, 1979) | D |
Australië | Volle lede | Negende | 2003 | Kampioen (1987, 1999, 2003) | A |
Bangladesj | Derde | 2003 | Groepfase (1999, 2003) | B | |
Engeland | Negende | 2003 | Naaswenner (1979, 1987, 1992) | C | |
Indië | Negende | 2003 | Kampioen (1983) | B | |
Nieu-Seeland | Negende | 2003 | Halfeindrondte (1975, 1979, 1992, 1999) | C | |
Pakistan | Negende | 2003 | Kampioen (1992) | D | |
Sri Lanka | Negende | 2003 | Kampioen (1996) | B | |
Suid-Afrika | Vyfde | 2003 | Halfeindrondte (1992, 1999) | A | |
Zimbabwe | Sewende | 2003 | Super Ses (1999, 2003) | D | |
Bermuda | IKR-trofee 2005 | Eerste | – | Debuut | B |
Ierland | Eerste | – | Debuut | D | |
Kanada | Derde | 2003 | Groepfase (1979, 2003) | C | |
Kenia | Vierde | 2003 | Halfeindrondte (2003) | C | |
Nederland | Derde | 2003 | Groepfase (1996, 2003) | A | |
Skotland | Tweede | 1999 | Groepfase (1999) | A |
Agt plekke regoor die Wes-Indiese eilande is gekies om die krieketwêreldbekertoernooi aan te bied. Al die gasheerlande het ses wedstryde elk aangebied met die uitsonderings van St. Lucia, Jamaika en Barbados (wat die eindstryd gehuisves het), waar sewe wedstryde elk gespeel is.
Die Jamaikaanse regering het $81 miljioen vir stadionopknapping spandeer.[14] Dit sluit in die opknapping van Sabinapark en die oprigting van die nuwe veeldoelige gerief in Trelawny deur ’n lening van die Volksrepubliek China. ’n Verdere $20 miljioen is spandeer vir ander infrastruktuur, waarvolgens die algehele uitgawes meer as $100 miljioen of JM$7 miljard beloop het. Daarmee het die opknappingskoste van Sabinapark $46 miljioen beloop, terwyl die Trelawny-stadion se koste op sowat $35 miljioen geskat is.[15][16] Die algehele uitgawes vir stadions het op sowat $301 miljioen beloop. Die Brian Lara-stadion in Trinidad was sy plek op 21 September 2006 kwyt.[17]
Die Verenigde State het voorgestel dat wedstryde in die nuut opgerigte Sentrale Browardpark van Lauderhill, Florida, gespeel word, maar die IKR het dié aansoek verwerp en al die wedstryde aan Karibiese lande toegewys. Die krieketstadion is in 2007 opgerig en was destyds die enigste met internasionale toetsstatus in die Verenigde State.[18]
North Sound, Antigua en Barbuda | Bridgetown, Barbados | St. George’s, Grenada | Georgetown, Guyana |
---|---|---|---|
Sir Vivian Richards-stadion | Kensington-ovaal | Queen’s Park | Providencestadion |
17°6′11.79″N 61°47′5.46″W | 13°6′18.18″N 59°37′21.29″W | 12°3′32.6″N 61°45′7.6″W | 6°45′27.96″N 58°10′40.77″W |
Kapasiteit: 20 000 | Kapasiteit: 27 000 | Kapasiteit: 20 000 | Kapasiteit: 15 000 |
Kingston, Jamaika | Basseterre, St. Kitts en Nevis | Gros Islet, St. Lucia | Port of Spain, Trinidad en Tobago |
Sabinapark | Warner Park-stadion | Beausejourstadion | Queen’s Park-ovaal |
17°58′40.47″N 76°46′57.24″W | 17°17′55″N 62°43′19″W | 14°04′14.00″N 60°55′53.95″W | 10°40′2.59″N 61°31′25.32″W |
Kapasiteit: 16 000 | Kapasiteit: 10 000 | Kapasiteit: 20 000 | Kapasiteit: 25 000 |
Die Krieketwêreldbeker 2007 is oor 49 dae tussen 16 verskillende spanne oor 51 wedstryde beslis. Dit het op 13 Maart 2007 op Sabinapark in Kingston, Jamaika, met die openingswedstryd tussen die gasheer Wes-Indië en Pakistan begin. Die toernooi het geëindig op Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados, op 28 April met die eindstryd tussen Australië en Sri Lanka, waartydens Australië die Krieketwêreldbekertrofee verdedig het.
Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 2007 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op die Super Agt, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Australië, Indië, Engeland en Wes-Indië is om logistieke redes in verskeie groepe geplaas, aangesien hulle volgens verwagtinge die meeste ondersteuners sou hê en die vervoer- en akkomodasiekapasiteit in Wes-Indië beperk is.[19] Elke land moes teen 13 Februarie 2007 ’n finale lys van 15 spelers vir die toernooi aan die Internasionale Krieketraad voorlê. ’n Beseerde speler kon enige tyd tot aan die einde van die toernooi vervang word.[20]
Die Krieketwêreldbeker 2007 is deur 16 nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die Super Agt deurgedring.[21][22]
In die Super Agt-rondte het elke span teen die spanne gespeel, waarteen in die groepfase geen wedstryde gespeel is nie. Spanne wat alreeds in die groepfase ontmoet het, het nie teen mekaar gespeel nie en die punte van dié wedstryde is na die Super Agt-rondte se tabel oorgedra.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die Super Agt het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n uitboul beslis.
’n Paneel van 16 skeidsregters en sewe wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.[23]
|
|
|
|
Kwalifiseer vir die Super Agt. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die groepfase, die Super Agt en die uitklopfase.
16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die drie beste spanne in elke groep het na die Super Agt deurgedring.
Span | Wed | Wen | Gel | Ver | Onb | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Australië | 3 | 3 | 0 | 0 | 0 | +3.433 | 6 |
Suid-Afrika | 3 | 2 | 0 | 1 | 0 | +2.403 | 4 |
Nederland | 3 | 1 | 0 | 2 | 0 | –2.527 | 2 |
Skotland | 3 | 0 | 0 | 3 | 0 | –3.793 | 0 |
t |
||
Colin Smith 51 (76) Glenn McGrath 3/14 (6 boulbeurte) |
t |
||
Ryan ten Doeschate 57 (74) Justin Kemp 2/18 (4 boulbeurte) |
t |
||
Brad Hodge 123 (89) Tim de Leede 2/40 (10 boulbeurte) |
Daan van Bunge 33 (33) Brad Hogg 4/27 (4.5 boulbeurte) |
t |
||
Dougie Brown 45* (64) Andrew Hall 3/48 (10 boulbeurte) |
t |
||
Glenn Rogers 26 (30) Billy Stelling 3/12 (8 boulbeurte) |
Ryan ten Doeschate 70* (68) John Blain 2/29 (5 boulbeurte) |
t |
||
Matthew Hayden 101 (68) Andrew Hall 2/60 (10 boulbeurte) |
Span | Wed | Wen | Gel | Ver | Onb | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Sri Lanka | 3 | 3 | 0 | 0 | 0 | +3.493 | 6 |
Bangladesj | 3 | 2 | 0 | 1 | 0 | –1.523 | 4 |
Indië | 3 | 1 | 0 | 2 | 0 | +1.206 | 2 |
Bermuda | 3 | 0 | 0 | 3 | 0 | –4.345 | 0 |
t |
||
Mahela Jayawardene 85 (90) Saleem Mukuddem 2/50 (10 boulbeurte) |
Lionel Cann 28 (32) Farveez Maharoof 4/23 (7 boulbeurte) |
t |
||
Sourav Ganguly 66 (129) Mashrafe Mortaza 4/38 (9.3 boulbeurte) |
Mushfiqur Rahim 56* (107) Munaf Patel 2/39 (8.3 boulbeurte) |
t |
||
Virender Sehwag 114 (87) Delyone Borden 2/30 (5 boulbeurte) |
David Hemp 76* (105) Ajit Agarkar 3/38 (10 boulbeurte) |
t |
||
Sanath Jayasuriya 109 (87) Mohammad Rafique 1/48 (10 boulbeurte) |
Mohammad Ashraful 45* (63) Lasith Malinga 3/27 (6 boulbeurte) |
t |
||
Upul Tharanga 64 (90) Zaheer Khan 2/49 (10 boulbeurte) |
Rahul Dravid 60 (82) Muttiah Muralitharan 3/41 (10 boulbeurte) |
t |
||
Dean Minors 23 (25) Abdur Razzak 3/20 (4 boulbeurte) |
Mohammad Ashraful 29* (32) Saleem Mukuddem 3/19 (5 boulbeurte) |
Span | Wed | Wen | Gel | Ver | Onb | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Nieu-Seeland | 3 | 3 | 0 | 0 | 0 | +2.138 | 6 |
Engeland | 3 | 2 | 0 | 1 | 0 | +0.418 | 4 |
Kenia | 3 | 1 | 0 | 2 | 0 | –1.194 | 2 |
Kanada | 3 | 0 | 0 | 3 | 0 | –1.389 | 0 |
t |
||
Geoff Barnett 41 (50) Jimmy Kamande 2/25 (10 boulbeurte) |
Steve Tikolo 72* (76) Sunil Dhaniram 1/34 (9 boulbeurte) |
t |
||
Kevin Pietersen 60 (92) Shane Bond 2/19 (10 boulbeurte) |
Scott Styris 87* (113) James Anderson 2/39 (8 boulbeurte) |
t |
||
Ed Joyce 66 (103) Sunil Dhaniram 3/41 (10 boulbeurte) |
Asif Mulla 58 (60) Ravinder Bopara 2/43 (9 boulbeurte) |
t |
||
Ross Taylor 85 (107) Thomas Odoyo 2/55 (10 boulbeurte) |
Ravindu Shah 71 (89) James Franklin 2/20 (7.2 boulbeurte) |
t |
||
Lou Vincent 101 (117) Kevin Sandher 2/58 (10 boulbeurte) |
John Davison 52 (31) Jeetan Patel 3/25 (9.2 boulbeurte) |
t |
||
Steve Tikolo 76 (97) James Anderson 2/27 (9 boulbeurte) |
Ed Joyce 75 (90) Thomas Odoyo 1/27 (6 boulbeurte) |
t |
||
Marlon Samuels 63 (70) Iftikhar Anjum 3/44 (10 boulbeurte) |
Shoaib Malik 62 (54) Dwayne Smith 3/36 (10 boulbeurte) |
t |
||
Jeremy Bray 115* (137) Elton Chigumbura 2/21 (6 boulbeurte) |
Stuart Matsikenyeri 73* (76) Kyle McCallan 2/56 (9 boulbeurte) |
t |
||
Kamran Akmal 27 (47) Boyd Rankin 3/32 (9 boulbeurte) |
Niall O’Brien 72 (107) Mohammad Sami 3/29 (10 boulbeurte) |
t |
||
Sean Williams 70* (88) Jerome Taylor 2/42 (10 boulbeurte) |
t |
||
Imran Nazir 160 (121) Gary Brent 3/68 (10 boulbeurte) |
Elton Chigumbura 27 (11) Shahid Afridi 3/20 (4 boulbeurte) |
t |
||
Jeremy Bray 41 (72) Chris Gayle 2/23 (10 boulbeurte) |
Shivnarine Chanderpaul 102* (113) Kyle McCallan 1/35 (10 boulbeurte) |
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die top twee spanne in elke eerste rondte het die Super Agt gehaal wat as ’n volledige rondte met wedstryde almal teen almal uitgespeel is. Al die agt spanne het egter net ses nuwe wedstryde gespeel, pleks van sewe. Elke groep se twee verteenwoordigers het hul uitslag teen mekaar oorgedra, eerder as om weer te speel. Die onderstaande tabel, wat sewe wedstryde vir elke span bevat, dek al die wedstryde tussen die Super Agt-kwalifiseerders, insluitende dié van die groepfase.
Span | Wed | Wen | Gel | Ver | Onb | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Australië | 7 | 7 | 0 | 0 | 0 | +2.400 | 14 |
Sri Lanka | 7 | 5 | 0 | 2 | 0 | +1.483 | 10 |
Nieu-Seeland | 7 | 5 | 0 | 2 | 0 | +0.253 | 10 |
Suid-Afrika | 7 | 4 | 0 | 3 | 0 | +0.313 | 8 |
Engeland | 7 | 3 | 0 | 4 | 0 | −0.394 | 6 |
Wes-Indië | 7 | 2 | 0 | 5 | 0 | −0.566 | 4 |
Bangladesj | 7 | 1 | 0 | 6 | 0 | −1.514 | 2 |
Ierland | 7 | 1 | 0 | 6 | 0 | −1.730 | 2 |
t |
||
Matthew Hayden 158 (143) Daren Powell 2/53 (10 boulbeurte) |
t |
||
Tillakaratne Dilshan 58 (76) Charl Langeveldt 5/39 (10 boulbeurte) |
t |
||
Chris Gayle 44 (56) Jacob Oram 3/23 (8 boulbeurte) |
Scott Styris 80* (90) Daren Powell 2/39 (10 boulbeurte) |
t |
||
Paul Collingwood 90 (82) Boyd Rankin 2/28 (7 boulbeurte) |
Niall O’Brien 63 (88) Andrew Flintoff 4/43 (8.1 boulbeurte) |
t |
||
Mashrafe Mortaza 25* (17) Glenn McGrath 3/16 (5 boulbeurte) |
Adam Gilchrist 59* (44) Abdur Razzak 0/15 (3 boulbeurte) |
t |
||
Sanath Jayasuriya 115 (101) Daren Powell 2/38 (10 boulbeurte) |
Shivnarine Chanderpaul 76 (110) Sanath Jayasuriya 3/38 (8.3 boulbeurte) |
t |
||
Mohammad Rafique 30* (36) Scott Styris 4/43 (10 boulbeurte) |
Stephen Fleming 102* (92) Syed Rasel 1/22 (7 boulbeurte) |
t |
||
Andrew White 30 (30) Charl Langeveldt 3/41 (7 boulbeurte) |
t |
||
Upul Tharanga 62 (103) Sajid Mahmood 4/50 (9 boulbeurte) |
Kevin Pietersen 58 (80) Dilhara Fernando 3/41 (9 boulbeurte) |
t |
||
Mohammad Ashraful 87 (83) André Nel 5/45 (10 boulbeurte) |
t |
||
Kevin Pietersen 104 (122) Nathan Bracken 3/33 (10 boulbeurte) |
t |
||
Peter Fulton 83 (110) Kyle McCallan 2/35 (10 boulbeurte) |
Kevin O’Brien 49 (45) Daniel Vettori 4/23 (8.4 boulbeurte) |
t |
||
t |
||
Shakib Al Hasan 57* (95) Monty Panesar 3/25 (7 boulbeurte) |
Michael Vaughan 30 (59) Syed Rasel 2/25 (10 boulbeurte) |
t |
||
Scott Styris 111* (157) Muttiah Muralitharan 3/32 (10 boulbeurte) |
Kumar Sangakkara 69* (104) Daniel Vettori 2/35 (10 boulbeurte) |
t |
||
John Mooney 23 (44) Glenn McGrath 3/17 (7 boulbeurte) |
Adam Gilchrist 34 (25) Trent Johnston 1/18 (3 boulbeurte) |
t |
||
Scott Styris 56 (84) André Nel 2/33 (9.2 boulbeurte) |
t |
||
William Porterfield 85 (136) Mashrafe Mortaza 2/38 (10 boulbeurte) |
Mohammad Ashraful 35 (36) Kyle McCallan 2/25 (8 boulbeurte) |
t |
||
Mahela Jayawardene 72 (88) Nathan Bracken 4/19 (9.4 boulbeurte) |
t |
||
Andrew Strauss 46 (67) Andrew Hall 5/18 (10 boulbeurte) |
t |
||
Jeremy Bray 20 (29) Farveez Maharoof 4/25 (10 boulbeurte) |
Mahela Jayawardene 39* (27) Boyd Rankin 1/36 (4 boulbeurte) |
t |
||
Ramnaresh Sarwan 91* (90) Shakib Al Hasan 1/38 (10 boulbeurte) |
Mushfiqur Rahim 38* (75) Daren Powell 3/38 (10 boulbeurte) |
t |
||
Matthew Hayden 103 (100) James Franklin 3/74 (8 boulbeurte) |
Peter Fulton 62 (72) Brad Hogg 4/29 (6.5 boulbeurte) |
t |
||
Chris Gayle 79 (58) Michael Vaughan 3/39 (10 boulbeurte) |
Kevin Pietersen 100 (91) Dwayne Bravo 2/47 (9.5 boulbeurte) |
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
24 April – Kingston, Jamaika | ||||||
Sri Lanka | 289/5 | |||||
Nieu-Seeland | 208 | 28 April – Bridgetown, Barbados | ||||
Sri Lanka | 215/8 | |||||
25 April – Gros Islet, St. Lucia | Australië | 281/4 | ||||
Australië | 153/3 | |||||
Suid-Afrika | 149 |
t |
||
Mahela Jayawardene 115* (109) James Franklin 2/46 (9 boulbeurte) |
Peter Fulton 46 (77) Muttiah Muralitharan 4/31 (8 boulbeurte) |
t |
||
Justin Kemp 49* (91) Shaun Tait 4/39 (10 boulbeurte) |
t |
||
Adam Gilchrist 149 (104) Lasith Malinga 2/49 (8 boulbeurte) |
Sanath Jayasuriya 63 (67) Michael Clarke 2/33 (5 boulbeurte) |
Die Krieketwêreldbekereindstryd van 2007 is tussen Australië en Sri Lanka in Bridgetown, die hoofstad van Barbados, gespeel en en deur Australië met 53 lopies gewen. Australië se eindtelling was 281/4 en Sri Lanka s’n was 215/8.
Teen die einde van die wedstryd het grootskaalse chaos geheers: dit het te lank aangehou en is aanvanklik verkort na 38 boulbeurte per span, en later tot 36 boulbeurte vir Sri Lanka. Swak lig het veroorsaak dat spel gestaak is met Sri Lanka se instemming, ten spyte van die feit dat hulle nog drie paaltjies en 18 balle oorgehad het.
Kritiek is gelewer op die skeidsregters se besluit om die spel te staak as gevolg van swak lig. Amptelike kennisgewings en die puntebord het almal aangedui dat Australië reeds gewen het en die Australiese span het gevolglik reeds hul oorwinning gevier. Die skeidsregters het egter volgehou dat die spel gewoon gestaak is en nie voltooi is nie. Hulle het aangevoer dat daar nog drie boulbeurte gespeel moes word. Gevolglik het Sri Lanka in slegte lig nog drie boulbeurte gekolf.[64]
Die skeidsregters en die IKR het om verskoning gevra vir die onnodige situasie.[65] In Junie 2007 het die IKR besluit om die betrokke skeidsregters van deelname aan die 2007 Twintig20-wêreldkampioenskap te skors. Hierdie skeidsregters is Steve Bucknor en Aleem Dar, reserweskeidsregters Rudi Koertzen en Billy Bowden, en die wedstrydskeidsregter Jeff Crowe.[66]
Krieketwêreldkampioen 2007 |
---|
Australië |
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 16 deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 2007.
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Onb | Ver | LV | LT | +/– | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Australië | A | 12 | 12 | 0 | 0 | 2851 | 1938 | +913 | 24 | |
2 | Sri Lanka | B | 12 | 9 | 0 | 3 | 2673 | 2027 | +646 | 18 | |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Nieu-Seeland | C | 11 | 8 | 0 | 3 | 2280 | 2178 | +102 | 16 | |
4 | Suid-Afrika | A | 11 | 6 | 0 | 5 | 2251 | 2099 | +152 | 12 | |
In die Super Agt uitgeskakel | |||||||||||
5 | Engeland | C | 10 | 5 | 0 | 5 | 2014 | 1916 | +98 | 10 | |
6 | Wes-Indië | D | 10 | 5 | 0 | 5 | 2040 | 2164 | –124 | 10 | |
7 | Bangladesj | B | 10 | 3 | 0 | 7 | 1372 | 1691 | –319 | 6 | |
8 | Ierland | D | 10 | 2 | 1 | 7 | 1452 | 1579 | –127 | 5 | |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
9 | Indië | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 789 | 602 | +187 | +1.206 | 2 |
10 | Pakistan | D | 3 | 1 | 0 | 2 | 668 | 473 | +195 | +0.089 | 2 |
11 | Kenia | C | 3 | 1 | 0 | 2 | 563 | 708 | –145 | –1.194 | 2 |
12 | Nederland | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 401 | 847 | –446 | –2.527 | 2 |
13 | Zimbabwe | D | 3 | 0 | 1 | 3 | 522 | 774 | –252 | −0.886 | 1 |
14 | Kanada | C | 3 | 0 | 0 | 3 | 676 | 845 | –169 | –1.389 | 0 |
15 | Skotland | A | 3 | 0 | 0 | 3 | 453 | 662 | –209 | –3.793 | 0 |
16 | Bermuda | B | 3 | 0 | 0 | 3 | 328 | 830 | –502 | –4.345 | 0 |
Meeste lopies aangeteken:[1]
|
Meeste paaltjies geneem:[2]
|