Kim Jong-il (Koreaans: 김정일/金正日; 16 Februarie 1941/42 – 17 Desember 2011), was die leier van Noord-Korea se Kommunistiese Party.
Kim Jong-il 김정일/金正日 | |
Kim Jong-il op 24 Augustus 2011. | |
Hoogste Leier van Noord-Korea | |
Ampstermyn 8 Julie 1994 – 17 Desember 2011 | |
Voorafgegaan deur | Kim Il-sung (as president) |
---|---|
Opgevolg deur | Kim Jong-un |
Sekretaris-generaal van die Werkersparty van Korea | |
Ampstermyn 8 Oktober 1997 – 17 Desember 2011 | |
Voorafgegaan deur | Kim Il-sung |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf (verkondig ewige Party Algemene Sekretaris na sy dood) |
Voorsitter van die Sentrale Militêre Kommissie van die Werkersparty van Korea | |
Ampstermyn 8 Oktober 1997 – 17 Desember 2011 | |
Voorafgegaan deur | Kim Il-sung |
Opgevolg deur | Kim Jong-un |
Hoof van die organisasie en Beleidingsdepartement van die Werkersparty van Korea | |
Ampstermyn Februarie 1947 – 17 Desember 2011 | |
Voorafgegaan deur | Kim Yong-yu |
Opgevolg deur | Onbekend |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 16 Februarie 1941 Vjatskoje, Russiese SFSR, Sowjetunie |
Sterf | 17 Desember 2011[1] Pjongjang, Noord-Korea |
Politieke party | Werkersparty van Korea |
Eggenoot/-note | Kim Young-sook (1974–2011) |
Kind(ers) | Kim Sul-song Kim Jong-nam Kim Jong-chul Kim Jong-oen Kim Yo-jong[2] |
Alma mater | Mangyongdae Rewolusionêre Skool Kim Il-sung Universiteit |
Religie | geen (Ateïsme) |
Handtekening | |
Militêre Diens | |
Lojaliteit | Noord-Korea |
Diens/Tak | Koreaanse Volksleër |
Jare in diens | 1991–2011 |
Rang | Dae wonsu (대원수; Grootmaarskalk) |
Eenheid | Alle (Opperbevelvoerder) |
Sy dood, op die ouderdom van 70, op 17 Desember 2011, is op staatstelevisie aangekondig.
Hy was een van die wêreld se mees teruggetrokke en enigmatiese leiers, wat oor 'n geheimsinnige en internasionaal geïsoleerde land regeer het.
Geskiedenis
Vroeëre lewe
In amptelike Noord-Koreaanse weergawes van sy lewe word beweer dat hy 'n in blokhut gebore is en dat die gebeurtenis gekenmerk is deur die verskyning vsn 'n dubbele reënboog en 'n helder ster in die hemelruim.
Daar word beweer dat hy ses operas in twee jaar gekomponeer het, en dat hy een van Pjongjang se bekendste landmerke self ontwerp het.
Volgens onafhanklike kenners is Kim in die Russiese stad Khabarovsk gebore, waar sy guerilla-pa besig was om militêre bystand van die Sowjetunie te ontvang. Die jong Jong-il het daarna die Koreaanse oorlog in China deurbring. Soos die meeste van Noord-Korea se elite, het hy by die Kim Il-sung-universiteit gegradueer.
In 1975 bekom hy die later bekende titel "Die Geliefde Leier". Vyf jaar later sluit hy aan by die Sentrale Komitee van die Koreaanse Werkersparty en ontvang hy spesiale verantwoordelikheid vir kuns en kultuur.
In 1978 gee hy opdrag dat die Suid-Koreaanse filmregisseur Shin Sang-ok en sy aktrisevrou, Choi Eun-hee, ontvoer word. Hulle word vyf jaar lank apart gehou voordat hulle by 'n banket van die Kommunistiese Party herenig word. Hulle beweer dat Kim daarna vir die ontvoerings om verskoning gevra het, en toe gevra het dat hulle vir hom moet films maak. Hulle het sewe rolprente vervaardig voordat hulle in 1986 na die Weste kon ontsnap.
In 1991 word hy verkies tot opperbevelvoerder van die Koreaanse Volksweermag. Ontleders glo dat hy hierdie rang verkry het om enige potensiële weerstand teen sy uiteindelike bewindsoorname in die kiem te smoor. Teen hierdie tyd is Noord-Korea se rigiede sentraal-beplande ekonomie in 'n steeds verslegtende ekonomiese krisis gedompel, vererger deur die ineenstorting van die land se vernaamste handelsvennoot, die Sowjetunie. Handel het opgedroog en die regime is selfs sonder brandstof vir fabrieke en kantore gelaat. Natuurlike rampe het tot misoeste gelei en honderdduisende mense is na bewering dood. Potensiële onluste is vinnig deur die owerheid in die kiem gesmoor.
Bewindsoorname
In 1953, ná die oorlog van Korea, is Korea in twee gedeel, te wete Noord- en Suid-Korea. Kim Il-sung, Jong-il se pa, wat vlot Russies kon praat, is deur Joseph Stalin as die leier van 'n kommunistiese een-party-diktatuur in Noord-Korea aangestel.[3] Die Sowjetunie was in daardie tyd Noord-Korea se grootste politieke, ekonomiese en militêre beskermheer.[3]
Sy pa was die eerste minister van die Demokratiese Republiek van Noord-Korea vanaf 1948 tot 1972 en die president van die Demokratiese Republiek van Noord-Korea vanaf 1972 tot met sy dood in 1994.
In 1994 word Kim Jong-il die wêreld se enigste erflike kommunistiese leier, nadat hy die leisels van sy vader oorneem. In daardie tyd was daar nog baie min bekend van die nuwe leier.
Optredes as leier
Noord-Korea se swak ekonomiese vertoning het voortgeduur nadat Jong-il sy vader opgevolg het, hoewel hy die toestand in 'n mate verlig het deur internasionale bystand te vra, veral van China.
Hy het ook China verskeie male besoek, en was geïnteresseerd in hoe die kommunistiese China sy sosialistiese beginsels by 'n markekonomie kon aanpas. Ná sy besoek aan Beijing en Shanghai in 2000 en 2001, begin Noord-Korea op klein skaal met private entrepreneurskap eksperimenteer.
Hy het ook betrekkinge met Suid-Korea begin verbeter. In Junie 2000 ontmoet hy die Suid-Koreaanse leier, Kim Dae-jung, vir die eerste tussen-Koreaanse byeenkoms sedert die Koreaanse oorlog in 1953, wat destyds die land in twee geskeur het. Die byeenkoms se vernaamste positiewe uitkoms was om bande tussen die twee state te verbeter, insluitende die hereniging van families wat sedert die oorlog verdeel was. Meer as 'n miljoen Koreane in hierdeur geraak.
Persoonlikheid
Diegene wat hom ontmoet het, het opgemerk dat hy goed ingelig was en daar word beweer dat hy internasionale gebeure naarstiglik gevolg het.
Sommige het hom as 'n slim manipuleerder beskou, wat bereid was om risiko's te loop om sy regime te ondersteun.
Film entoesias
Jong-il se liefde vir films en bioskope het gegrens aan obsessief. Hy het na bewering 'n versameling van 20 000 Hollywood-films opgebou en selfs 'n boek oor die filmbedryf geskryf.
Hy het ook blykbaar die staat se filmmaatskappy telkemale besoek en 'n patriotiese dokumentêre film oor Noord-Koreaanse geskiedenis vervaardig wat uit 100 hoofstukke bestaan het.
In 1978 het hy 'n Suid-Koreanse regisseur en sy vrou laat ontvoer, en gevra dat hulle vir hom rolprente maak (sien Vroeëre lewe).
'n Liefde vir buitensporige luukshede
Die Suid-Koreaanse media het hom as 'n ydele man geskets, wat platform-skoene gedra het om hom langer te laat vertoon.
Anekdotiese vertellings suggereer dat hy nie onnosel was soos sy suidelike bure hom wou laat voorkom nie, hoewel sy klaarblyklike liefde vir spys en drank waarskynlik wel waar was.
Konstantin Pulikovsky, 'n Russiese gesant met wie Kim Rusland per trein deurkruis het, het gerapporteer dat die Noord-Koreaanse leier elke dag lewende krewe na die trein laat invlieg het, wat hy dan met silwer eetstokkies geëet het.
Gedurende sy byeenkoms in 2010 met die destydse Suid-Koreaanse president Kim Dae-jung, het hy volgens waarnemers 10 glase wyn gedrink, terwyl sy liefde vir Hennesy VSOP cognac welbekend was.
Kritiek
Jong-il is gekritiseer vir sy flagrante menseregteskendings en dat hy die stabiliteit van die streek in gevaar gestel het deur langafstandmissiel-lanserings en sy kernwapenprogram.
Daar word beweer dat hy in 1987 persoonlik die afskiet van 'n Suid-Koreaanse passasiersvliegtuig beveel het.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.