From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Gereformeerde kerk Venterstad is 'n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op die Oos-Kaapse dorpie Venterstad. Dit het vroeër as Ventersburg bekendgestaan, maar die naam is verander om verwarring met die Vrystaatse Ventersburg te voorkom.
Gereformeerde kerk Venterstad | ||
Sluit in | Venterstad | |
Klassis | Burgersdorp | |
Huidige predikant(e) | Frikkie Deysel | |
In kombinasie met | Lyciumville | |
Belydende lidmate | 75 | |
Dooplidmate | 4 | |
Adres | H.v. Kruger- en Van Wykstraat Venterstad Oos-Kaap | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 16 Junie 1875 | |
Afgestig van | Burgersdorp | |
Eerste predikant | W.J. Snyman (1876–1913) |
In 1874 het die kerkraad van Burgersdorp 'n versoekskrif van 'n aantal lidmate behandel wat gevra het dat die kerkraad die stigting van 'n nuwe dorp op Karreefontein moes ondersteun. Die kerkraad het blykbaar nie kans gesien om so kort ná Steynsburg alweer 'n groep lidmate te verloor nie en het gevolglik nie dadelik sy medewerking geskenk nie. 'n Paar jaar later is die kerkraad egter in kennis gestel dat 'n nuwe dorp aldaar gestig is en dat 'n aantal erwe al verkoop is en dat die komitee besluit het om sewe erwe te skenk aan die Gereformeerde Kerk vir 'n pastorie en 'n kerkgebou en verder is die hoop uitgespreek dat daar spoedig 'n gemeente gestig sou word.
Toe sake reeds sover gevorder het, kon die kerkraad dit nie meer keer nie en toe die lidmate in daardie buurt ook om afstigting gevra het, het die kerkraad daartoe ingestem, sodat die nuwe gemeente van Venterstad op 16 Junie 1875 gestig is. Ds. Dirk Postma het die kerkgebou wat vandag nog in gebruik is, se hoeksteen op 19 Augustus 1876 gelê. Dié gebou is 'n nasionale gedenkwaardigheid.
Die dorp se wit bevolking het tussen die sensus van 2001 en dié van 2011 afgeneem van 139 tot 41. Dat die gemeente nie 'n ooreenstemmende daling ervaar het nie, kan waarskynlik daaraan toegeskryf word dat die meeste lidmate op omliggende plase of op die dorpie Oviston woon, waarvan die wit bevolking in dié tyd van 201 tot 250 toegeneem het. Oviston is 14 km van Venterstad af geleë. Nadat die plaaslike NG gemeente se getal belydende lidmate in 2015 tot sowat 50 gedaal het, het Venterstad se Gereformeerde kerk die enigste in die Oos-Kaap geword met meer lidmate as die plaaslike NG gemeente.
Jaartal | Dooplidmate | Belydende lidmate | Totaal |
---|---|---|---|
1958 | 103 | 190 | 293 |
1998 | 19 | 79 | 98 |
2002 | 25 | 66 | 91 |
2012 | 14 | 52 | 66 |
2014 | 14 | 64 | 78 |
2015 | 7 | 57 | 64 |
2016 | 4 | 60 | 64 |
2019 | 3 | 67 | 70 |
2020 | 4 | 75 | 79 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.