![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/88/Tuftscriterium.jpg/640px-Tuftscriterium.jpg&w=640&q=50)
Fietsrybroek
From Wikipedia, the free encyclopedia
Fietsrybroek is 'n kort, velknus sintetiese broek ontwerp om gemak en doeltreffendheid te verbeter, terwyl die draer fietsry.[1] Dit:
- verminder windweerstand, deur die verhoging van aërodinamiese doeltreffendheid;
- beskerm die vel teen herhalende wrywing van die bene teen die fietssitplek of fitsraam;
- bied ondersteuning aan die geslagsdele, analoog aan 'n balbakkie;
- trek sweet weg van die vel af, om sodoende skaaf en uitslag te voorkom, en om die ryer af te koel deur die proses van verdamping;
- druk die beenspiere saam, wat kan help om spiermoegheid te bekamp;
- verminder die gewig van 'n ryer se klere (in vergelyking met die dra van 'n denimbroek, gimkortbroek of kniebroeke); en
- verbeter gemak tydens lang ritte met ekstra opstopsel in die sitplekarea.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/88/Tuftscriterium.jpg/640px-Tuftscriterium.jpg)