From Wikipedia, the free encyclopedia
Sleurkrag (of Lugweerstand in aërodinamika) is die komponent van die aërodinamiese krag wat parallel met die vrystroomsnelheid inwerk as 'n voorwerp deur 'n vloeistof of gas beweeg. Hierdie aërodinamiese krag ontstaan weens 'n oppervlak-drukverspreiding oor die voorwerp asook die skuifspanning-verspreiding in die vloeimedium teenaan die oppervlak.[1] Die sleurkrag is altyd parallel met die vrystroomsnelheid. In teenstelling met wrywing tussen soliede oppervlakke, is sleurkrag afhanklik van vloeisnelheid.
Sleurkrag word opgedeel in twee hoofgroepe naamlik parasitiese sleurkrag en die sleurkrag as gevolg van die stukrag.
Parasitiese sleurkrag bestaan uit die volgende komponente:
Voorwerpe met 'n groter kontak-area sal meer weerstand bied. 'n Vragmotor met 'n plat voorkant sal byvoorbeeld meer lugweerstand as 'n sportmotor tydens ervaar teen dieselfde snelheid. Vir die rede word vliegtuie en ander vinnige masjiene ontwerp om vaartbelyn te wees. 'n Sneeuvlokkie sal ook stadiger as 'n reëndruppel met presies dieselfde gewig deur die lug val.[2]
Sleurkrag kan die vinnigste spoed waarteen 'n voorwerp kan val (die terminale snelheid) beïnvloed. Hoe hoër die sleurkrag, hoe stadiger moet dit val.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.