Wrywing is die krag wat weerstand teen die relatiewe beweging van soliede oppervlaktes, vloeistoflae, en materiële elemente wat teen mekaar gly bied.[1]
Droë wrywing weerstaan relatiewe beweging tussen twee vaste oppervlakke in kontak. Droë wrywing word onderverdeel in: Statiese wrywing tussen nie-bewegende oppervlakke, en Kinetiese wrywing tussen relatief bewegende oppervlakke.
Vloeistof wrywing is die wrywing tussen lae van viskeusevloeistowwe wat relatief tot mekaar beweeg.[2][3]
Gesmeerde Wrywing is waar 'n smeermiddel, wat 'n vloeistof is, twee soliede oppervlakke skei.[4][5][6]
Parasitiese sleurkrag, is die krag wat die beweging van 'n vloeistof oor die oppervlak van 'n vaste liggaam teenwerk.
Interne wrywing is die krag tussen partikels (waaruit die voorwerp bestaan) wat beweging teenwerk in 'n soliede voorwerp terwyl dit vervorm.[3]
Beer, Ferdinand P.; E. Russel, Johnston, Jr. (1996). Vector Mechanics for Engineers (Sesde uitgaweuitg.). McGraw-Hill. p.397. ISBN0-07-297688-8.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)