![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/5a/Jeans.jpg/640px-Jeans.jpg&w=640&q=50)
Denimbroek
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Denimbroek of jeans (IFA: [dʒiːnz]) is 'n broek wat uit die katoenkepertekstiel denim vervaardig word. Denimbroeke is aanvanklik hoofsaaklik vir buite-arbeid ontwerp, maar het in die 1950's veral onder tieners gewild begin raak. Historiese klere-etikette wat denimbroeke vervaardig het, is bv. Levi's en Wrangler.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/5a/Jeans.jpg/320px-Jeans.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d2/Jeans_for_men.jpg/320px-Jeans_for_men.jpg)
Denimbroeke is 'n baie gewilde vorm van informele drag dwarsoor die wêreld. Die broeke kom in verskeie style en kleure, alhoewel die bloudenim die algemeenste is.