From Wikipedia, the free encyclopedia
Vragbroek, ook soms gevegsbroek genoem weens hul oorspronklike militêre doel,[1] is 'n losgesnyde broek oorspronklik ontwerp vir taai, buitemuurse aktiwiteite, en wat se ontwerp gekenmerk word deur een of meer vragsakke. Die vragbroek het gewild geword in stedelike gebiede, want hulle is gerieflik vir die vervoer van items gedurende dagreise per voet. Cargo shorts is 'n kortbroekweergawe.
'n Vragsak is 'n vorm van 'n geplakte sak, dikwels met 'n trekklaviervou vir verhoogde kapasiteit; toegemaak met 'n flap verseker deur 'n drukker, knopie, magneet, of Velcro algemeen op gevegsdrag en jagklere. In sommige ontwerpe, kan vragsakke weggesteek word binne die bene.
'n Vragbroek word gemaak van sterk drastof en stiksels. Hul word toenemend gemaak van vinnigdrogende sintetiese of katoen-sintetiese mengsels, en het dikwels oorgrootte bandlissies om wye gordels te akkommodeer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.